Opposisie kap Zwane in parlement

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne.

Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het Woensdag in die parlement volgehou hy hoef nie enige vrae te antwoord oor sy omstrede verklaring, waarin hy voorgestel het banke wat hul bande met die Gupta-familie verbreek het, moet ondersoek word nie.

Hy het hom ook nie veel gesteur aan ʼn vraag van David Maynier, DA-LP en woordvoerder oor finansies, wat gevra het of Zwane onmiddellik sal bedank na aanleiding van sy persverklaring nie. “Ek het reeds voorheen gesê hierdie saak, wat mnr. Maynier nou probeer problematiseer, kan slegs deur die president van die republiek beslis word,” het Zwane in antwoord op Maynier se vraag gesê.

“Sodra hy die saak genoeg oordink het en die kabinet die kwessie hanteer het, sal dit aan die publiek bekendgemaak word. Daar is geen haas nie.”

Hy het ontstoke reaksie van die president, die ANC en sy alliansievennote en die publiek ontlok toe hy verlede week die verklaring uitgereik het waarin hy gesê het ʼn regterlike kommissie van ondersoek moet aangestel word om die kwessie tussen die banke en die Guptas te ondersoek. Die presidensie het later ʼn verklaring uitgereik waarin beklemtoon is dat Zwane die uitsprake in sy persoonlike hoedanigheid gemaak het en dat hy nie namens die kabinet praat nie.

Zwane het Woensdag gesê hy sal nie sy verklaring terugtrek nie en het volgehou “baie Suid-Afrikaners word so deur banke misbruik”. Hy het ook geïnsinueer die banke diskrimineer teen die Guptas. “Ons moet nie mense oordeel op grond van hul kleur, geloof of nasionaliteit nie,” het hy gesê.

Opposisie LP’s het verskeie kere daarop aangedring dat Zwane sê hoekom hy die verklaring uitgereik het as dit nie deur die kabinet goedgekeur is nie, maar hul pogings was tevergeefs.

Maynier het Zwane ʼn “gehuurde vuurwapen vir die Guptas” genoem. “Hy het die ANC, die SAKP en Cosatu verenig in hul veroordeling van hom. Dit is duidelik [Zwane] is ʼn vernedering, ʼn vernedering vir die president, ʼn vernedering vir die kabinet, ʼn vernedering vir die parlement en ʼn vernedering vir die regerende party,” het Maynier gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jakes ·

Pragtige oopgesig man met geen geraamtes. Hoe kan sy woord nou bevraagteken word

Frederik ·

Hy’s beslis nie ‘n vernedering vir sy president nie !!

Elms ·

“…Academic Qualifications:
Mr Mosebenzi Joseph Zwane obtained his secondary teacher’s diploma from the South African Teachers College in Pretoria. Certificate in Executive Leadership Municipal Development from the University of Pretoria…”
http://www.gov.za/leaders/mosebenzi-joseph-zwane-mr

Genoegsame bewys, glo ek, dat hy nouliks gekwalifiseer is om hom uit te laat oor die regulering van die bankwese in die algemeen en die aanstelling van sentrale banke in die besonder.

Chris ·

Pragtige wit tande wat my laat dink aan wit gepleisterde grafstene

M A ·

Daardie foto laat my dink aan n ou fliek oor voodoo en Pappa Doc.

Zirk ·

Let tog op dat hierdie breedsprakige kameraad net verwoord wat in donkergerookte vergadersale in Luthuli-huis gepraat word. Die spul is duidelik benoud, verward en duidelik onkant gevang deur die afgelope loesing by die munisipale verkiesings. So, i. p.v. introspeksie te hou en foute regstel, gaan hulle voort op hul vernietegende ideologiese pad van selfvernietiging. Ek dink dit pas ons uitstekend.!

Pik ·

Dink die guptas het reeds n paar rand vir daai smile betaal kan nie verstaan dat sulke uitlatings gemaak word wie het die wet neergele wat die banke uitvoer? Party mense moet liewer net smile en niks se nie

snoefie ·

raai wie hom hom aangevoor om die verklaring te maak? nou wil hy agter die president wegkruip. how tipies tog.

Theresa ·

Snoefie, jy is snaaks – het nou lekker gelag. Dalk kan daardie beroemde/berugte skilder iets optower waar die een so agter die ander skuil! Die tande kan ‘n fokuspunt wees…

Gideon ·

Skrikwekkend om te dink dat mense met sulke kennis oor ‘n land wat eens op ‘n stadium vooraanstaande was belangrike besluite te neem!! Snaaks ons is nie al lankal rommelstatus nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.