Opposisie meen mini-begroting skets donker prentjie

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer die 2018 mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement (24 Oktober 2018). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Politieke partye het Woensdag grootliks negatief reageer op Tito Mboweni, minister van finansies, se mediumtermynbegrotingsrede wat hy vroeër in die parlement voorgelê het.

Mboweni het gesê die mediumtermynbegroting word aangebied teen die agtergrond van die tegniese resessie waarin Suid-Afrika hom bevind en sy mini-begroting het gedui op groeiende staatskuld en groter begrotingstekorte.

Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People (Cope), het in reaksie hierop gesê: “Jy kan nie die probleem van mans en vroue wat Suid-Afrika se fondse steel, oplos deur geld te leen nie. Jy moet iets doen oor die mense wat hierdie geld inneem en net die president kan dit doen.”

Lekota het gesê pres. Cyril Rampahosa en die uitvoerende gesag moet personeel aanstel met die oog daarop om korrupsie in die regering uit te roei. Hy het bygevoeg nog geld kan beskikbaar gemaak word deur ʼn kleiner kabinet saam te stel.

David Maynier, die DA se woordvoerder oor finansies, het gesê die mini-begrotingsrede het dit duidelik gemaak dat Suid-Afrika se “nuwe pad” van ekonomiese groei, werkskepping en transformasie misluk het.

Volgens Maynier is die prentjie wat geskets is donker met stagnante ekonomiese groei, inkomste wat minder is as wat verwag is, uitgawes wat meer is as wat verwag is, en ewige finansiële reddingsboeie wat aan staatsinstansies gelewer moet word.

Tito Mboweni, minister van finansies, lewer die 2018 mediumtermynbegrotingsraamwerk in die parlement (24 Oktober 2018). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Maynier meen met ʼn fiskale tekort soos in die begrotingsrede gedemonstreer is, nasionale skuld wat al meer word en R55 miljard meer wat op maatskaplike toelae bestee sal word, is dit gʼn wonder dat Suid-Afrikaners sukkel om kop bo water te hou nie. “Gewone mense sal waarskynlik op die mediumtermyn met nog belastingverhogings geslaan word om effektief die regerende party te red wat al langer as ʼn dekade Suid-Afrika se ekonomie wanbestuur,” het hy gesê.

Die African Christian Democratic Party (ACDP) se Steve Swart het ook sy kommer uitgespreek oor die regering wat al dieper en dieper in die skuld sink. “Hoewel die uitgawe-plafon, die anker van fiskale beleid, steeds in plek is, is ons bekommerd oor die fiskale afname sedert Februarie se begroting,” het Swart, die party se woordvoerder oor finansies, gesê.

“Selfs teen hierdie koers, en met lae ekonomiese groei van minder as 1%, is die vinniggroeiendste item op die begroting skulddienskoste (R181 miljard), wat op die mediumtermyn nog meer sal styg. Daar is baie min of geen ruimte om belasting te verhoog, wat beteken regeringbesteding moet gesny word om aandag aan die begrotingstekort te gee.”

Die party het ook gesê hy sal nie verdere reddingsboeie aan staatsinstansies steun nie.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê: “Die regering in Suid-Afrika het hierdie land verwoes. Die probleem is daar is geen groot aankondigings van die minister om te verduidelik hoe ons hierdie ekonomie gaan herbou nie. Ons het nou ekonomiese groei nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Alida ·

Genade gee die man kans om sy voete te vind asb of wil julle vir Des van Rooyen he?

Paul ·

Dit behoort vir hom moeilik te wees om sy voete te vind nie, of wat praat ek nou?

Paul ·

Onthou net hy is die minister van Finansies, hy plak die pleisters op en vertel vir ons hoe gesond die land is, hy gooi net petrol in. CR is die man wat sy ministers en die trok bestuur, binne die raamwerk van die begroting.

Wolkie ·

Ek hoop gehad vir hom tot ek die SAL uitbetaling van miljarde rande gelees het, toe gee ek op.

Paul ·

Adri, lees mooi wat ek skryf, as Maroela die een vang verwyder hulle my kommentaar.

Alida ·

Hy is skaars n maand in die pos en het chaos oorgeneem. Vertrou hom net.

Ja Nee ·

SA is n grap, ons is al so gewoond aan korrupsie en wanbestuur dat ons dit al aanvaar het. Die waarheid is dat die anc nie die ekonomie ooit sal red van ondergang nie want hulle is die probleem…..

Landi ·

Ek sou meer vertroue in hom gekry het as hy aangekondig het dat die staats instansies geprivatiseer moet word. Staats instansies moet verkoop word om skulde te delg. Niks is daarvan gese nie, en is brood nodig.

Adri ·

Paul, lees weer jou heel eerste kommentaar. Iewers kort ‘n “nie” of iets.

Anoniem ·

Ongelukkig werk dit nie so in sulke geweldige verantwoordelike posisies nie. Jy moet van dag een af weet wat jy doen, en die bevoegdheid he om van dag een af te perform. Hy het immers al een maand se salaris verdien. Daar is te veel op die spel met sulke ernstige werk geen tyd vir gee kans nie. Hy kon bv onmiddelik sekere staatsuitgawes gesny het en dit sou nou “Guts” gewys het!

Hannetjie ·

Mnr Lekota klink my verstaan die politiek beter.Daar ia nou al hoeveel kommissies aangestel(wat ook derduisende kos)om die staatskaping te ondersoek.Die skuldiges moet nou of die geld terug betaal of hulle moet gaan ‘sit’ Finish en klaar.

Johan H. ·

Ja ons kon dof Des gehad het as dof Z nog aan bewind was. Gee die ou maar n kaans maar ek sou eerder Dawie Roodt wou he. Dan sou ek my miljounne rand weer loslaat op die ekonomie!!!

Johann M van Heerden ·

Hoe het oorlede Pik gese? Een man een stem is selfmoord.

Anton Hugo ·

Want dis net ‘n droom.
En toe jy wakker word, is jou koffie koud.

Dis regtig basies eenvoudig om n Afrika droom uit te le.

Bees ·

Die probleem is egter die melk koei(belasting betaler) kan nie vinnig genoeg die melk emmer vol maak nie. Iemand skop elke keer die emmer om. Daar word ook nie vir haar gesorg nie. Sy kry nie voldoende voeding nie. Sy is oortrek van bosluise wat haar kondisie verder benadeel.

Andrea ·

En die melkkoeie word links en regs geslag op n daaglikse basis. Hoe lank nog voor hul uit koeie en melk raak?

anton ·

Ai die mense wat sê gee hom/hulle kans ens. weet duidelik nie wie bevoegde mense en leiers van n land behoort te wees nie!!!
Red nou n nasie en n land.

Johanna Botha ·

Hoeveel kanse moet n mens nou kry of gee …dis nie menopoly nie dis elke mens se toekoms in SA wat keer op keer in onbevoegde hande geplaas word deur die anc wat iemand aanstel van die struggle of n choma of gabba van die se ouma of skoonsuster …Dezzz kry ons probleme en sit SA waar hy sit met beloofde teenwigte wat netnie wil inskop nie ?

Geweeg en te lig bevind ·

Kan net nie glo daar is nog mense wat bly hoop en glo die volgende ou sal voor hierdie trein inspring en dit stop terwyl hulle ook in eerste klas sit en soveel as moontlik kaviaar instop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.