Opposisie moenie Tshwane wen nie, sê Zuma

Pres. Jacob Zuma en ANC-burgemeesterskandidaat Thoko Didiza tydens die verkiesingsveldtog in Pretoria (5 Julie 2016) Foto: @My_ANC, Twitter

Pres. Jacob Zuma en ANC-burgemeesterskandidaat Thoko Didiza tydens die verkiesingsveldtog in Pretoria (5 Julie 2016) Foto: @My_ANC, Twitter

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê dit sal ʼn vernederende nederlaag wees as Gauteng se munisipaliteit, veral Tshwane en Johannesburg, tydens die munisipale verkiesing deur opposisiepartye oorgeneem word.

“Dit sal beteken dat die ANC se hoofkantoor (in Johannesburg) deur ander persone bestuur word,” het hy aan ʼn skare ANC-ondersteuners in Hammanskraal, noord van Pretoria, gesê. “Julle weet Tshwane is die hoofstad van Suid-Afrika. Julle kan nie toelaat dat die munisipaliteit van Tshwane deur ander mense regeer word nie. Dit sal beteken dat ons hoofstad in die hande van ander sal wees. Hoe kan julle toelaat dat dit gebeur? Tshwane moet altyd in ANC-hande wees.”

Zuma het inwoners gemaan om op 3 Augustus vir die ANC te stem. Hy het gesê die regerende party het groot opofferings gemaak tydens die stryd teen apartheid en moet nog ʼn ampstermyn gegee word.

“As die ANC het ons vir die huidige vryheid baklei. Ons is trots daarop. Ons het baklei vir die vryheid en sommige van ons is jare lank tronk toe gestuur. Ons mense het gesterf vir hierdie vryheid en ons moet dit verdedig. Ons moet dit verdedig deur seker te maak dat die ANC die mag behou,” het hy gesê.

Hy het ʼn beroep gedoen op inwoners om nie vir onafhanklike kandidate te stem nie, nadat sommige van hulle die ANC verlaat het oor griewe.

“Moenie die fout maak om vir daardie mense, wat onafhanklikes genoem word, te stem nie. Jy sal jou stem mors. Daardie mense het gedink hulle is groter as die ANC, maar die party is groter as ons almal,” het hy bygevoeg.

Hy het gesê dit sal ʼn wyle duur voor die inwoners se klagtes opgelos is, maar bygevoeg dat geen ander party in Suid-Afrika as die ANC sy woord kan gestand doen nie.

“Vertel jou vriende en familielede in ander politieke partye dat jul stemme belangrik is. Ons het baklei vir hierdie stemme en hulle moet ophou om dit te mors. Jy kan nie jou stem mors deur te stem vir mense wat nie weet wat hulle wil hê nie.”

Dele in Pretoria is weer kalm ná gewelddadige betogings toe die nuus bekend gemaak is dat die voormalige kabinetminister, Thoko Didiza, die burgemeesterskandidaat sal wees vir Tshwane. Betogers het geëis dat Kgosientso Ramakgopa in dié pos moet aanbly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hendrik ·

Onthou om te gaan stem. Dit is belangrik vir die demokratiese samesyn.

Stortkopstelerstinke ·

Jacob het maar net die manier om die mees obvious te se, op die eenvoudigste manier.

M A ·

Kry vir jou, Mnr Zuma. Die ANC verdien meer as vernedering. Weg met julle korrupte spul!

Tim ·

“Vryheid”, goeie een! Stuur dit sommer nou vir die Huisgenoot se grap afdeling

Jan maak n plan ·

Ek hoop die ANC se basse word in hierdie eleksie lekker geskop.

Andre Eagar ·

Ek wou dieselfde se. Die regering en meeste media verwys net Na Tshwane asof daar geen verskil is nie. Tshwane metropool sluit egter Bronkhorstspruit en Cullinan in. So van wie praat hulle nou eintlik?

Leoni Reynders ·

Lekker dig, slegs munisipaliteit is Tshwane. Die stad is nog steeds Pretoria

Hannes ·

Onse President het eenmaal gese dat stres n westerse begrip is en dat hy nie stres ervaar nie.Mag so wees, maar dit lyk vir my Jakoppie worry.

Rupert Ashford ·

“Mense wat gedink het hulle is groter as die party” se Jakoppie. Mmm miskien moet Jakoppie en sy trawante in die spieel kyk wanneer hulle sulke wyshede kwytraak. Hulle mag dalk net ‘n paar antwoorde vind hoekom mense ander partye begin ondersteun…

Jcwf ·

Ja hulle het baklei vir die vryheid en die demokrasie, mnr. Zuma, nie vir jou Nkandla nie.

Is jy demokraties genoeg om deur hulle weggestem te word, wonder ek. Anders moet hulle opnuut baklei.

Johann Marx ·

“Ons moet dit verdedig sodat ons seker maak dat die ANC die “mag” behou,” het hy gesê. En mense LEES dit nie raak nie? Die “MAG” behou…..NIE die “leierskap” nie…die “MAG”…want dit is waaroor dit gaan. Geweld. En onderdukking. En intimidasie. En uiteindelik ELIMINASIE as jy nie saamwerk nie, of teveel lawaai maak. Gaan kyk maar na statistieke….

Jen ·

Met sy reputasie van rassisme, bedrog en en en….sal ek as ek hy was te skaam gekry het om nog van my te laat hoor. Hy klink so desperaat vir stemme. Laat mens wonder waartoe hy instaat sal wees om daai stemme te kry, Hy moes maar” geval” het toe hy die kans gehad het. Pateties verby!!!!

Frederik ·

Vir hom beteken vryheid : Dat hy kan steel soveel soos wat hy wil sonder om vervolg te word.

Lida ·

O nou word hy wakker !!!!! Nou nadat alles verwoes is by die Universiteite en anargie losgebars het en eiendom verbrand en beskadig is verwag hy nog steeds hulle moet ANC stem. Gaan terug droomland toe Zuma jy verstaan nie mooi nie.

Lance ·

Hy het mos gese anc sal bly tot Jesus kom ….wat het nou gebeur ….is die skrif teen die muur of wat nou ….skrik te laat wakker soos met alles ….iets moet eers breek of n groot krisis wees …kyk maar eskom en nou die sauk ….dalk is dit goed dat julle so faak is want regtig wie wil nou SO aangaan met mense wat niks weet nie .. .A traditionalist trying to run a capitalist country …..its not gona work baby !

Koos ·

Stem vir die party wat hom uitspreek teen regstellende aksies en diskriminasie teen die huidige benadeelde landsburgers
DA ? Of VF+

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.