Opposisie ook hof toe oor OB

Adv. Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes / SAPA

Adv. Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die EFF gaan min. Des van Rooyen se aansoek teen Thuli Madonsela, openbare beskermer, teenstaan en ook ʼn aansoek indien om haar te dwing om haar verslag oor staatskaping bekend te maak.

Die EFF het aangedui dat hy ook pres. Jacob Zuma se aansoek om ʼn interdik sal teenstaan. Van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, poog met sy aansoek om die magte van die OB uit te daag nadat hy opdrag gekry het om sekere vrae te beantwoord. Die aansoek word Vrydag om 10:00 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor.

Die DA, UDM en Cope gaan ook die aansoek teenstaan. Die EFF gaan ook die hof versoek om Madonsela te dwing om haar voorlopige verslag oor die sogenaamde staatskaping bekend te maak.

“Ons glo sterk dat die mense van Suid-Afrika ingelig en bewus moet wees van die Gupta-familie se invloed op die regering en pres. Zuma,” het die party gesê.

Van Rooyen was in Desember vier dae minister van finansies nadat Zuma vir Nhlanhla Nene in die pad gesteek het en voor Pravin Gordhan weer as minister aangestel is. Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, is een van die regeringsamptenare wat beweer het dat die Gupta-familie vir hom ʼn werk aangebied het.

Dit het Donderdag aan die lig gekom dat Zuma ʼn interdik teen Madonsela wil bekom om te verhoed dat haar verslag bekend gemaak word. Dié aansoek word Dinsdag aangehoor.

Madonsela het ʼn mediakonferensie vir 14:00 geskeduleer waartydens sy ondersoekverslae en inligting oor uitstaande ondersoeke sal bekend maak.

Die Guptas het ook vroeër gedreig om ʼn interdik te probeer bekom maar toe daarteen besluit. Hulle het egter gesê indien Madonsela tot die gevolg sou kom dat hulle hoegenaamd onbehoorlik opgetree het, waar hulle bewyse gelewer het om die teendeel te bewys, sy dit “op haar eie risiko” doen.

Madonsela se termyn verstryk vandag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

E ·

Wys net ons hoef nie oor alles saam te stem nie, maar genoeg is genoeg. Ons soek almal antwoorde.

Will i am ·

Ons as belasting betaler van hierdie sirkus wil weet wat aangaan

Sarel Strydom ·

So baklei sy tot doe bittereinde! Uitsonderlike mens met die leierskap wat ons nodig het.

Margaret Alexander ·

Thuli you will be very sorely missed. The one that is following you up is very questionable as I read her statements and she sound like family of the Gupta’s

Gerd Lourens ·

Heropen Robbeneiland. Om soveel skelms op dieselfde plek te aanskou, sal ‘n reuse toeriste-attraksie wees.

Gustav ·

Ha Ha ek hou van die een. Die klomp kan dan probeer om partytjie te hou sonder geld

Gustav ·

Ha Ha, ek hou van die een, dan kan die klomp partytjies hou sonder geld

Liz ·

Thuli, you go girl. Jy is regtig uniek, en stuit vir niemand. Ai, hoekom kan jy nie maar nog ‘n termyn aangebly het nie. Alle sterkte vir jou pad vorentoe. Jy sal altyd gerespekteer word vir die uitstekende diens wat jy gelewer het. Namba One – jou kierankies gaan nog braai!!!!!

Niccy ·

Stem saam Gerd! Die inkomste kan hul dan gebruik om die Universiteits fooie te betaal. Thuli jy is ‘n Ystervrou en SA gaan arm sonder jou wees!!! Jy is reg ons moet weet wat in ons land aan die gang is

Ben Prinsloo ·

Die mense wat die skelms in die politiek op Robbeneiland wil sit, dink julle Robbeneiland is groot genoeg?

Alex ·

Dit wil voorkom ons regering het iets om weg te steek en daarom die skielike Thuli stop om dit bekend te maak. Hulle koop weer tyd om hof geding heeltyd in te stel. Thuli moes dit lankal sonder enige toestemming gepubliseer het. Dan het die land ook dalk beter geweet watse bedrog aan die gang is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.