Opposisie pleit by Zuma oor Onteieningswet

huis eiendom

Argieffoto

Die Demokratiese Alliansie het pres. Jacob Zuma versoek om die omstrede Wetsontwerp oor onteiening weer terug te verwys na die parlement, aangesien die party se prokureurs daarop gewys het dat die wetsontwerp ongrondwetlik is.

DA-LP Anchen Dreyer het gesê die wetsontwerp is teenstrydig met artikels 25 en 26 van die Grondwet wat onderskeidelik verband hou met die reg op eiendom en die reg om nie sonder ʼn hofbevel uitgesit te word nie.

“Dit moet deur die parlement reggestel word. Die president kan dit nie met ʼn skoon gewete bekragtig, totdat dit in lyn gebring is met die Grondwet nie,” het sy gesê.

Dreyer het gesê die DA is ook oortuig dat daar onreëlmatighede was in die proses waarvolgens die wetsontwerp verlede maand goedgekeur is en dat dit gevolglik aan die Nasionale Raad van Provinsies teruggestuur moet word “om hierdie foute reg te maak”.

“Die wetsontwerp moet onder andere onderwerp word aan openbare deelname. Die foute oor die voldoening aan vereistes in die mandatering en stemprosedures in die provinsiale wetgewer en die Nasionale Raad van Provinsies moet ook eers aangespreek word – soos vereis deur die Grondwet,” het Dreyer gesê.

“As die president hoegenaamd ernstig is oor die Grondwet in die algemeen, en veral eiendomsreg, sal hy nie die wetsontwerp teken nie.”

Die wetsontwerp, wat al sedert 2008 in die pyplyn is, poog om rasse-ongelykhede aan te spreek in grondeienaarskap. Dit sal die staat toelaat om grond aan te skaf “in openbare belang” teen pryse wat deur ʼn regeringsberegter bepaal is en die gewillige koper/gewillige verkoper-beleid vir grondhervorming sal tot ʼn einde kom.

Lees alle vorige berigte oor die Onteieningswetsontwerp op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marous ·

Pleit klink pateties apologeties … die grondgryp agenda sal NOOIT verdwyn nie .

Ander Koos ·

Klink beslis pateties. Asof Zuma hom sal steur aan ‘n “gepleit” Vir hom is die opposisie bet ‘n klomp keffers

My bydrae ·

Hoekom sal zuma hom nou aan die grondwet steur? Hy het tot dusver elke keer die middelvinger gewys

Dup du Plessis ·

– wat van uitstaande skuld op grond wat gekoop (nie gesteel) is nie….sal die staat die reeds betaalde paaiemente aan die eienaar met rente terug betaal en die balans en nuwe verbeterings vereffen?
– wat gebeur as die staats aanbod baie laer is as die lening wat die eienaar by die bank afbetaal, gaan die eienaar nou gedwing word om dit steeds af te betaal? (m.a.w. hy subsidieer dan die staat en word afgepers om te betaal vir iets wat hy/sy nie kry nie)
……..so kan daar nog honderde vrae gevra word……..maar nou ja die hele wereld pas mos in die Afrika kontinent…….

Johann ·

Ons moet wakker slaap. Dis verkiesingstyd en Zuma en sy brigade sal enigiets doen om die massas te beinvloed om Pro ANC te “dink” en doen. Maak nie saak hoeveel verwoesting gepleeg word nie. En dis ná die verkiesung wat die absurdhede qat beloof is nie realiseer soos belowe en dan…trek die gemeenskap aan die kirt end as daar begin staak; brand; breek word.

At van Jaarsveld ·

Het hulle gepleit of versoek.? Daar is beslis n verskil

Wonder maar net ·

Ons sal aanhou bid…ons God het aan ons n oorvloedige toekoms belowe! Glo jy net, hou jy aan bid, bind wat jy moet bind en maak los God se beloftes. Sterkte. Ons fokus moet op Hom wees. Moenie rond kyk en bang word nie. Bemoedig mekaar

Ander Koos ·

Met respek, bid vir wat? Mens is nie veronderstel om aan God voor te skryf nie. En die oorvloedige toekoms is mos aan almal belowe,, dus gaan iemand baat en iemand gaan verloor. Besluit maar self wie baat die meeste by die “nuwe” Suid-Afrika.

Winston ·

Pleit klink vir my ook maar redelik af. Sommige van ons kruip nie voor n regering wat maak wat hulle wil nie. Dit was versoek dat Zuma by die wet bly, maar kom ons kyk of hy hom daaraan steur. Opposisie hou by die reëls behalwe die EFF.

Nico ·

Ek kan nie sien hoe die president gehoor gaan gee nie. Hy moet veld wen van die EFF, so sy optrede gaan so radikaal moontlik wees.

Luister ·

As Zuma teken; sleep hom weer na die Konstitusionele hof!

Rooikop ·

Ander Koos – As mens die Heilige Gees in jou dra, word die prentjie groter en duideliker. God belowe (ja, vir ALMAL wat in Jesus glo) dat ons nie hoef te vrees nie en dat ons gered sal word – dis nou natuurlik AS ons na Hom toe draai. Om jou vraag te beantwoord: Bid vir verlossing van die vyand (God sal self besluit wie is die vyand en wie nie, jy hoef jou nie daaroor te bekommer nie). Bid dat God ons wat in Hom glo sal veilig hou. Bid dat ons pragtige land uit die kloue van onheilige mense gered sal word. Bid dat God se kinders (ALMAL wat in Hom glo) nie sal moed verloor nie. Onthou, om te bid is nie sommer net ‘n ou gebedjie opkied en hoop vir die beste nie. Jy gaan in oorlog in op ‘n geestelike vlak. Jy praat met die Skepper wat beheer het oor elke liewe ding. Om te bid is seker een van die mees “powerful” dinge wat jy kan doen! En as die Heilige Gees in jou is, bid jy automaties vir AL God se kinders, maak nie saak wie en wat hulle is nie. Dis beslis nie ‘n geval van “kom ons bid vir die witmense en bogger die res” nie. Doesn’t work like that. Sê maar net :)

Piet ·

Sjoe jy is baie gelukkig. Het seker geen mediese fonds nie. bid net dan word jy gesond. Geen alarms of sekuriteit, want God sal jou veilig hou. Hoekom bekommer oor aftrede? want jy sal bid en dan ontvang. Ek neem aan jy het al vir Zuma gebid, so hoekom sal ons nou bekommer?

Regardt ·

Dankie Rooikop, ek stem volkome saam. Piet, ek het nie al die krukke waarvan jy praat nie, ek vertrou op Hom alleen. Dit is omdat ons land weggedraai het van Hom as n’ nasie, dat ons in die situasie is. Ek sit my vertroue in Hom en nie in die stelsel nie.

Rooikop ·

Lol nee Piet. Net soos almal anders moet ek ook die pot aan die kook hou, sukkel met duur medies, versekering betaal, veiligheid opskerp etc. My punt was dat om te bid, glad nie so “useless” is soos party mense dink nie. En nee Piet..ek bid nie vir Zuma nie. Maar ek moet seker nê… God sal met sulke mense afreken in sy eie tyd. Ek vertrou nie op mense om dit te doen nie – die wêreld het dit in vir ons. Almal het almal in hulle “back pocket” en almal draai ‘n blinde oog. Piet, ek sê glad nie jy moet saam bid nie. Maar ek belowe jou ek staan saam met ons mense wat so verdruk word, ek is defnitief nie aan die liberale “politically correct” kant nie. Enigste verskil is, ek weet waarvoor ek bid – en dit was die oorspronklike antwoord op Koos se vraag van “bid waarvoor”. Ek insinueer nie daarmee dat ek dit makliker het as ander nie.

Rosa ·

Rooikop ek stem 100% saam met jou. Dit staan ook in Adriaan Snyman se boek oor die visies wat die Siener gehad het. Hierdie hele situasie gaan verander sodra God se mense terug draai na Hom. Die oorlog moet maar kom, ons gaan oorwin, ek glo dit, ek is nie bang nie.

Ben Spreeth ·

Wat nou van grond wat gekoop word na datum van die wet. Kan dit aan enigiemand verkoop word deur enigiemand en sal hy dan die grond behou? Op wie se naam word die grond geregistreer? Ek dink nie dit sal op die nuwe bewoner se naam geregistreer word nie maar in die ANC se naam sodat die soustreinmense dit later kan terugneem vir hulself, want die oefening is beslis nie for the people nie.

Grap ·

Ek dink die DA probeer hier stemme werf om nou kastig ‘n probleem met die wet te he

verstaan nie lekker nie ·

As iets teen die grond wet is kan dit mos nie sommer meer net verander word nie – al is jy die president – is jy mos nog steeds daaraan verbonde?
daar is mos nie n 2/3 meerderheid nie
Indien hy dit wel teken – wat kan n mens internasionaal doen by die VN (alhoewel ek dink dit nie veel sal beteken nie hulle beskou ons as die oorsaak van alle elende in die suid punt v Afrika)
Ons moet ook die selfde taktiek gebruik as wat gebruik is om die apartheids era tot n einde te bring
skryf liedjies wat vertel wat hier aangaan
daal in ons vlak en ook begin staak
ons het sosiale media – post elke moord en verkragting wat gebeur – wit of swart sodat ons nie eensydig is nie
maar nou ja ek verstaan seker nie lekker nie
dit lyk meer asof hy die neigings van n dictator het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.