Opposisiepartye boos oor Motsoeneng se aanstelling

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Opposisiepartye het met woede gereageer op die nuus dat Hlaudi Motsoeneng as groepbestuurder van korporatiewe sake by die SAUK aangestel is, terwyl die ANC nog nie ʼn woord gerep het nie.

Die DA het gesê die SAUK se besluit, om Motsoeneng aan te stel, blyk onregmatig te wees. James Selfe, voorsitter van die DA se federale raad, het gesê die spoed en oënskynlike geheimhouding van die proses, het vrae tot gevolg oor die geloofwaardigheid van die aanstelling.

“Dit is ook veral kommerwekkend, aangesien die uitvoerende hoof en finansiële hoof dieselfde persoon is – James Aguma. Tydens die mediakonferensie het dit ook geblyk die raad is moontlik nie gekonsulteer oor die aanstelling nie,” het Selfe gesê.

Volgens Selfe sal die party met sy regsverteenwoordigers vergader oor moontlike stappe wat gedoen kan word oor die aanstelling.

Die IVP het intussen versoek dat die SAUK-raad ontbind word. Liezl van der Merwe, die IVP se woordvoerder oor kommunikasie, het gesê prof. Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die raad, het van die geleentheid gebruik gemaak om Motsoeneng in sy vorige pos aan te stel, in plaas daarvan om verantwoordelikheid te neem vir die krisis by die openbare uitsaaier.

“Enige senior pos vir Motsoeneng is nou teen die letter van die reg. Die IVP glo die raad moet nou persoonlik verantwoordelik gehou word vir die koste om Motsoeneng in die hof te verdedig, sowel as die bonus wat hy onlangs ontvang het.”

Die VF Plus het Motsoeneng se aanstelling beskryf as ʼn skaakspeletjie in die tipiese herontplooiingstyl van die ANC en gesê die party sal volstoom voortgaan om hom tot verantwoording te roep vir enige verliese wat die korporasie onder sy bestuur gely het.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie, het gesê die SAUK en Motsoeneng se arrogansie is betreurenswaardig. Hy het die besluit van die Openbare Beskermer, adv. Thuli Madonsela, om ondersoek in te stel of Motsoeneng bevoeg is vir sy nuwe pos, verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

GES ·

Die politieke partye kan eerder vra dat die parlement en die howe ontbind word aangesien daar nie meer ʼn funksie vir hulle is nie.

Karma ·

Die politieke partye kan eerder vra dat die Parlement, die Howe, die regering en sommer die hele SA ontbind word – hierdie land het na 23 jaar wat die ANC dit regeer geen toekoms meer nie en die sg. “opposisie’-partye het geen blaf of byt nie.

Theresa B ·

Come hell or high waters – hulle sal sorg vir hulle comrades. Weereens ten koste van ons arme land en mense.

Johann Marx ·

Hy ken elke triek in die boek……Miskien moet hy nog net Matriek ook probeer. Daai “oortjies binne in die hoed” by die media konferensie was soooooo stylvol!!!

Jakes ·

Pragtig, kyk hoeveel loop môre met so “look”! Johann, maar ek het jare skoolgaan gemors en baie pakslae verduur onnodig. Kyk waar is die kader pappie, dink watse bonusse moet rerige slim mense verdien? My vrou sê white is the new black met aanduitrustings, lyk my dom ook die nuwe slim?

C ·

Met hierdie verskriklike bonus wat hierdie arrogante nar ontvang het kon hul so baie arm studente gesponser het. Maar nee, laat die studente liewers als vernieting en afbrand terwyl daar groot makietie op die sous trein gehou word.

marianna ·

Hoekom kla? hou op om TV lisensies te betaal, nuus is oral te kry.

Klong ·

Hulle maak met ons geld wat hulle wil,hoekom hulle nog verder voed.
Stop om lisensies te betaal want dit is n openbare instansie en nie n persoonlike .
Ek doen dit al reeds vir n lang tyd . Hulle het gedreig maar dit het nou gestop sonder dat Ek enige iets gedoen het

John ·

C, hy het nou baie geld vir baie stylvolle hoede. Interessant dat hy toe hy ‘gefire’ word dadelik die winkels ingevaar het, soos party tannies doen, en ‘n hoed gaan koop het. ‘n Freudiaanse kinkel iewers? Dalk is die hoed koeelbestand of een van daai wat die skurk in die 007-fliek as wapen gebruik het. As ek ‘n joernalis was sou ek maar in my pasoppens wees veral as die’ dalk ‘n goeie soort oogdruppel vir allergiee vir die hoeddraer aanbeveel.

Johan ·

Mees arrogante en onopgevoede persoon in die politiek wat ek nog gesien het…..as jy hom net hoor praat kan jy agterkom dat daar niks bo in sy kop aangaan nie…….maar bly gaan hy bly solank as wat daai Faith minister is…..

Ander Koos ·

Hulle kan maar boos wees, klaarblyklik nie veel wat hulle kan doen. as iemand “untouchable” is nie?

neelsie ·

Die omstandighede in ons land is om van siek te word.
Zuma doen n beroep om positief te wees maar hy voed die bedrog on onder die tafel .
Al wat ons kan doen is om die SAUK te boikot deur hulle en hulle adverteerders nie te ondersteun nie.
Luister na PRETORIA FM op 104.2

Kleintjie ·

Dit was vir my ook skokkende nuus. Wat word van ons land as almal maar net doen wat hulle wil en bogger nou maar reg en geregtigheid. Soustrein ry is mos alte lekker. Ouens soos hierdie voel net mooi NIKS vir die land en sy mense nie. Net hulleself maak saak.

Jan ·

Lyk of die howe magteloos is teen ‘n clown wat nie eers matriek het nie. Die enigste opsie wat oorbly is verset. BOIKOT alle adverteerders op SAUK/SABC, draai die geld kraan toe. Dit is die enigste taal wat die kaders verstaan.

Jakes ·

Jan, hul het in die 70’s sanksies teen ons laat instel. Nie tyd die minderheid moet die wêreld nader? Sanksies nou sal ons nie benadeel, NET die trenperteneurs en regering.

Henk ·

Ek vra weer, WAAROM IS DAAR NOG NIE STRAFREGTELIKE KLAGTES VAN BEDROG EN KORRUPSIE TEEN HIERDIE MAN EN DIE WAT HOM AANGESTEL HET, ingestel nie?

Lance ·

En wat gaan hulle nou eintlik kan doen as die hof nie eers iets kon doen nie …want hy is net heel gelate weer terug

A.G ·

Dit is hoe dit gaan in al hierdie staats & semistaats departemente stel mense aan wat geen benul het wat hulle doen nie maar elkeen klim op die sous trein gee hulself n vet pakket en vat bonusse van miljoene soos dit wil. Gin wonder daar is nie geld om die boere en ander instansies te help wat sorg vir die land en sy mense.

Kobus ·

Laaste ou wat ek met sulke rooi oë gesien rondloop het, was ‘n daggaroker. Laat my wonder…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.