Opposisiepartye rand mekaar aan in die parlement

Skermgreep uit die YouTube-video

Chaos het vanmiddag in die parlement uitgebreek toe lede van verskillende opposisiepartye mekaar op die vloer van die Nasionale Vergadering aangerand het.

Die geleentheid was vrae aan die president. ‘n Stryery het ontstaan tussen die DA-hoofsweep John Steenhuisen en die EFF-LP dr. Mbuyiseni Ndlozi. Steenhuisen het na die EFF verwys as VBS-plunderaars.

Die EFF en die DA se LP’s, wat reg langs mekaar in die Nasionale Vergadering sit, het toe opgestaan, in mekaar se rigting beweeg en dreigende houdings ingeneem terwyl hulle op mekaar geskree het. Onder meer het die EFF-leier, Julius Malema, gesê hy gaan nie toelaat dat Steenhuisen as ‘n wit persoon praat nie.

Hierop het die Agang-LP Andries Tlouamma op ‘n punt van orde gesê Malema se stelling is rassisties.

‘n Nare skellery het tussen Tlouamma en die EFF ontstaan, waarna iemand uit die EFF-banke vir Tlouamma met ‘n voorwerp gegooi het. Tlouamma het toe in die EFF se rigting beweeg, waarop die EFF-LP Nazier Paulsen oor die banke gespring en met Tlouamma begin vuisslaan het.

Die voorsitter van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het verstommend genoeg die orde herstel en sowel Paulsen as Tlouamma uit die Nasionale Vergadering gejaag, met die belofte dat dissiplinêr teen hulle opgetree sal word.

Presidensiële vrae het daarna heel kalm voortgegaan.

https://youtu.be/ASzsxRWMFkY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

LD ·

Ek sit hier ver oor die water en mis my land elke dag, maar dan sien ek die sirkus en dankbaar ek bly nie meer daar nie

Buffel ·

Ha ha spul narre. Almal grootbek nie een kan ‘n ordentlik hou slaan nie.

Japtrap ·

Hoekom sirkus toe gaan as ons al die elemente van ‘n goeie sirkus show in ons parlement het. Clowns!

Grace Mugabe ·

Waar’s die tyres – daar moet mos darem rookseine ook uitgestuur word om die saak te onderstreep.

Wolkie ·

Ow nee, dis die “give me protection from yourself” van voor af haha

piper ·

sulke mense hoord nie in parlement nie. kors hulle sodat hulle daai hoogsbetaalde werk verloor. dan sal hulle tweemaal dink om so op te tree en orde en respek sal terugkeer parlement toe.

Hennie ·

En so lag die res van die wereld vir ons staats diens!!!!! Mag hull niks noem nie maar hulle bring dit oor hulle self!!!!

Snowball ·

Na Mandela se vrylating was daar ware aspirasies om as nasie te verbeter. Dit was egter van korte duur en die vernislaag het begin afskilfer. Die ergste was tydens die Zuma era, standaarde en beskaafdheid het verval tot op ‘n vlak waar ons nou is; ongebreidelde korrupsie, blatante leuens, openlike diefstal, geweldadige protesaksies, brutale moorde en misdaad wat hoogty vier, en by politici, geen greintjie skaamte oor hoe dit in hierdie regering en land gaan nie. Die vrot raak net elke dag dieper en ons loop verder en verder weg van die waarheid en die lig. Vuisslaan in die Parlement sal nie die laagste vlak wees waartoe ons daal nie, maar dit is verseker ‘n aanduiding van die tekort aan respek, waardigheid en intellek waarmee ons in die parlement sit. Voorwaar ‘n skandelike stand van sake.

Hendrik ·

Vuusslaan in die parlement het voor 1994 ook al voorgekom, maar daar was darem meer orde as nou … Dit gebeur nie net in SA nie …

Snowball ·

Langenhoven het in die Parlement die stelling gemaak, dat helfte van diegene wat daar sit, donkies is! Toe die Speaker hom dwing om sy woorde terug te trek, toe sê hy, helfte van diegene wat daar sit is nie donkies nie…….waar is die dae, toe skerpsinniges mekaar intellektueel kon aanvat?
Vandag is dit kru taal, onsmaaklike gedrag en obskure tekens, om nie te praat van die delf na edelstene uit die neus nie! Alles op rekord danksy tegnologie. ‘n Mens wonder wat sou Langenhoven vandag te sê gehad het?

Se maar net. ·

En so gaan dit in ons skole want kyk na die voorbeeld wat hulle kry

Hanna Hoekom ·

So, as ek die ding nou reg verstaan, mag jy niks in die parlement uiter as jy wit is nie? Jy moet maar net bek hou en stert swaai? Duidelik het die DA n baie sensitiewe aar raakgeboor met hul VBS stelling. En toe doen die EFF presies wat ons v hulle verwag: rassistiese uitlatings en die gepaargaande geweld! Wonder wat die Parlement se reaksie sou wees as die oortreders wit was? Dankie mnr Andries Touamma dat jy opgestaan het vir geregtigheid!

Al ·

Maak die lewe warm vir JM oor sy rassistiese stelling. Laat n klag gelê word teen hom.

Philip ·

Nee dis so pateties. Die EFF moet stil gemaak word. Hulle is idiote. Sulke mense wil nou die land regeer. Ek stem saam toe Zuma ingekom het het die chaos begin. Moenie vergeet Malema was die wat Mbeki se einde gekos het. Nee dis “sad”om sulke gedrag te sien.

RG ·

Snowball, stem 100% saam. Geen selfrespek nie, wat nog van respek vir ander. Asseblief, Afriforum en VF+, red ons! Ons wil nie meer deel wees van hierdie vrotspul nie.

johan ·

Nou word daar van ons as landsburgers verwag om vreedsaam met mekaar te leef. Geen wonder ons het wanorde in die samelewing nie. Is dit die voorbeeld is van leiers wat verkies word. Die vis vrot van sy kop af stert toe. Wys net dat daar meer probleme in ons land is as wat ons dink.

Donderstorm ·

Somige mens kan net se en doen wat hul wil en kom niks oor nie ander mense word duisende beboet .

Kerneels ·

Kan iemand nie vir Tlouamma ‘n paar pointers gee in street fight nie…

Michael ·

Genade mense dit is n klomp skollies in die parlement.en ons betaal hulle .dit is siek verby.

Ja Nee ·

Siek spul, SA het geen standaarde meer nie…. Net n klomp rowers

Ben ·

Ag nee dit is nie n parlement nie…..dit lyk eerder n kleuterskool. Idd #ancmustfall om ons mooi en lieflike land weer op die spore te kry om sonder angs, misdaad en in vrede te kan lewe.

Alwyn ·

Wat is die kanse dat ons almal ietsie bydra dat hul die parlement binneland toe kan verskuif.Die kaapprovinsie beskik oor natuurlike grense so ons roep sommer n nuwe onafhanklike staat uit en raak ontslae van die sirkus vir altyd.

Banksey ·

Avaria (Wes Kaap) en die res Azania. Dan is daar ‘n land waar die meerderheid Afrikaans is en ons kinders kan in hulle moedertaal onderwys kry. Verwelkom dan die wit christen vlugtelinge uit Europa, wat hulle geld en kennis bring en siedaar, wenresep. Alwyn so mond moet heuning kry… Stem vir die VMS beweging, werk aan ons toekoms. :-))

Kan jy nou meer ??? ·

Die ouens kyk te veel rofstoei. Klomp hansworse.

Manie ·

Dit is wat gebeur as mense wat onlangs nog niks was deur n paar stemme op n kiesers brief in n posisie geplaas is wat hulle nie hoort nie. Mense sien politici as godjies en intussen is van hulle n klomp gemors

Loraine ·

Lekker. Jippie. ‘n Sirkus. Waar is my “popcorn” ????

Glasvol ·

Dankie aan Tlouamma wat darem witmense ‘n spreekbeurt wil gee en eintlik dan die EFF in die geval namens die DA aanvat… As ek die berig reg lees… ?

Carel ·

Dit is priesies die selfde taktiek wat nazis gebruik het in vroeer 30s. Toe hulle min was ,het hulle die duitse parlement se werk ontmoontlik gemaak en so steun gewen by die armers. Tyd dat anc wakker skrik.

Andrea ·

Tyd dat ONS wakkerskrik en iets doen! Ons is in dieselfde posisie as wat die Jode destyds in was…

1+1 ·

Iets is verkeerd is dit moontlik hulle ego’s. Draai die ander wang vir ‘n slag. Julle mors belastingbetalers se geld. Waar is julle werksetiek?

Dries du Toit ·

Jaa n volkstaat is n “beyond 2030” beleid. Ons volkie moet net hulle oe begin oopmaak. Leiers soos Treurnicht, Marais,Terreblanch, en menige ander was lank voor hulle tyd. Daar is geen hoop nie. Radikalisme onder die grootste meerderheid sal nooit verdwyn nie

Sakkie ·

As jy jou humeur verloor val jou duur mooi klere en make up af. Dan kom wat jy is as mens uit en jou opvoeding word n vertoonvenster vir almal om te aanskou. Sies!

se maar net ·

hierdie is nou die mense wat die parlement vol sit en oor die 2M N JAAR VERDIEN en soos ongeskooldes en ongemanierde rampokkers optree, hierdie mense is die rede hoekom die kinders in skole nie respek het vir gesag nie. WAT HET VERBETER IN HIERDIE 24 JAAR

Neutraal ·

Dis nog net op kleinskaal in die parlement . Buite die parlement kom dit net uit een sykant met toyi toyi. Ek hoop dinge verander ten goede sodat dit buite die parlement ook van beide kante gebeur nie

brens ·

Die rooimiere doen goeie werk. Die ander rooies doen slegte werk. Wat n belaglike situasie. JM must GO!

Penelope ·

Genade!! En die spul wil die hele land regeer? Kan iemand net uitkom en vertel watse houvas het Malema hulle op Ramaphosa en kie. Hul kom weg met moord en rassisme, maar ‘n vrou moet tronk toe gaan want daar word ‘n voorbeeld van haar gemaak… Ek verstaan nie, want die meeste van die Rooies volg nie die voorbeeld nie, en dit geld ook nie vir hulle nie. Geen wonder die leerders in skole dink dit is maar reg om onderwysers aan te rand en te verkleineer. kan jy nou dink as die tipe wat van skooltyd af so buite beheer is eendag in die parlement is, wat gaan dan gebeur. Here wees ons genadig asb?

MS ·

So gaan daar nou n klag gele word teen Malema vir rassisme of wat?

ANONIEM ·

Dit is hoekom ons land in hierdie chaotiese toestand is sick verby

Veronica ·

Laat almal in die Parlement dieselfde kleure/klere dra en sien n grooooooot verskil
Eenvormigheid bring samehorigheid

JG ·

Ek stem…90% van die spul in die parlement hoort in elk geval in Oranje oorpakke van Dept. van Korrektiewe Dienste…

JG ·

Ek stem…90% van die spul in die parlement hoort in elk geval in Oranje oorpakke van Dept. van Korrektiewe Dienste…

JDreyer ·

Belaglik lyk soos ‘n Sirkus, Juju moet eerder stil bly en sy geldjies terug betaal so bly Afriforum gaan sy bates verkoop begin sommer by sy mooi Horlosie!!!!

DVL ·

En die grootste grap van alles……. Seker 90% wat hier kommentaar lewer gaan trek hulle kruisie kom verkiesingstyd. Want hoekom – skaapmentaliteit – en hulle glo wat die verdomde klomp diewe en liegbekke kwytraak. Geen politikus kan vertrou word of is eerlik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.