Opposisiepartye teken ‘geskiedkundige’ ooreenkoms

Verteenwoordigers van die onderskeie partye onderteken die ooreenkoms. Foto: Daniëlla van Heerden/Twitter

Verteenwoordigers van die onderskeie partye onderteken die ooreenkoms. Foto: Daniëlla van Heerden/Twitter

Meeste van die land se grootste opposisiepartye het Woensdag bekend gemaak hoe hulle sal saamwerk na die munisipale verkiesing vroeër die maand waarin geen partye ʼn meerderheid in verskeie munisipaliteite oor die land heen kon behaal nie.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het tydens die mediakonferensie in Johannesburg gesê die verkiesing op 3 Augustus was ʼn “betekenisvolle gebeurtenis in ons land” en dat dit ʼn “eens in ʼn leeftyd”-geleentheid tot gevolg gehad het.

Maimane het hierna bekend gemaak dat die DA, die VF Plus, Cope, die ACDP, die UDM en die IVP ʼn “geskiedkundige” ooreenkoms onderteken het vir samewerking in die munisipaliteite en metro’s waar geen partye ʼn meerderheid kon kry nie.

Volgens Maimane sal die DA se Solly Msimanga as burgemeester in die Tshwane-metro aangestel word indien die partye daarin kan slaag om ʼn meerderheid te bereik en Athol Trollip in die Nelson Mandelabaai-metro. Herman Mashaba, ook die DA se kandidaat, sal as burgemeester in Johannesburg aangestel word indien die eersgenoemde partye ʼn meerderheid in dié metro kan bereik.

Maimane het gesê die ooreenkoms tussen die onderskeie opposisiepartye fokus onder meer op wat die partye wil vermag, naamlik goeie regering, geen verdraagsaamheid vir korrupsie nie en die mense van Suid-Afrika wat eerste gestel word. Maimane het toegegee dat die partye ideologiese verskille het, maar gesê die partye het die uitsluitlike doel om Suid-Afrika ʼn beter plek vir almal te maak.

Dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het gesê die uitslag van die verkiesing en die ooreenkoms tussen opposisiepartye is tekenend van die aanbreek van ʼn nuwe politieke fase. Hy het gesê die betrokke partye is daartoe verbind om ʼn oop, eerlike en verantwoordbare regering daar te stel. Volgens Mulder is die doel om saam Suid-Afrika ʼn beter plek te maak. “Ons is verantwoordelik en wil saam werk tot voordeel van alle Suid-Afrikaners. Ons wil in vrede en harmonie leef. Ons soek nie rassepolarisasie nie en ons glo regtig dit kan werk.”

Mosioua Lekota, leier van Cope, het gesê die ooreenkoms behels samewerking oor party- en rasselyne. “Ons opposisiepartye is daartoe verbind om die Grondwet te verdedig en om die land vorentoe te neem.”

Jo-Ann Downs, nasionale voorsitter van die ACDP, het die uitslag van die verkiesing beskryf as ʼn oorwinning vir Suid-Afrikaners. “Nie net een party kan regeer nie, saam is ons beter. Ons moet mekaar verantwoordbaar hou en dit is tyd dat daar maksimum dienslewering en verantwoordbaarheid is.”

Die EFF het vroeër Woensdag tydens ʼn mediakonferensie gesê hy sal nie koalisies met ander politieke partye vorm nie. Die party het wel gesê hy sal die DA ondersteun in die Tshwane-, Johannesburg-, Ekurhuleni- en Nelson Mandelabaai-metro’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Theresa ·

Kom ons bly bid vir vooruitgang en beter insig, sodat hierdie land weer sy potensiaal kan bereik. Mag dit ‘n draaipunt wees – weg van korrupsie; weg van afbreek en plunder; weg van meer en meer betaal vir minder en minder dienste.

jaco ·

Behalwe die DA, is al daardie partye bitter klein. Hoe gaan die DA met net daardie partye saam beheer kry van Johannesburg, Tshwane ens?

Nico ·

Jaco. Wens jy kan net 20 minute met Dr Pieter Mulder gesels. Hy het in 1987 ‘n halfuur van sy tyd spandeer om met my te gesels toe hy in Potch teen Louis le Grange gestaan het. Briljante politikus. As adjunk-minister van Landbou het hy meer vermag vir boere as enige opposisieparty, al het oningeligtes hom uitgekryt vir ‘n verraaier. Hy sal as ‘n 0,7 persent kandidaat meer bydra tot goeie regering as baie van die 43 persent partye. Bel die man. Sy deur is oop vir gewone mense.

Koos Koshuis ·

Soos ons hier in Duitsland se, as jy kan lees het jy al klaar ‘n voordeel!

Loeis ·

Weet enigiemand wat die EFF se voorwaarde(s) is om die DA se kandidate te steun?

rudi ·

Seker om ekstra geld in te pomp in die areas waar die EFF gewen het. Hul het klaar belowe hul sal teer paaie bou in daardie areas. Soos met die ANC sal DA buurte betaal

Nico ·

Soos ek verstaan moet die DA onteiening sonder vergoeding deurvoer, die stem uit die “volkslied” verwyder en Zuma fire. Toe die DA se hulle het nie die nodige mag daarvoor nie, se die EFF nee. Goeie ding. Die EFF gaan hul mag oorskat en irrelevant raak by hulle eie kiesers.

Cherokee ·

Ai tog, die EFF het gesê dit sal met geen partye koalisies vorm nie.

Marianne ·

Ai Politiek is darem stupid!!!!
Waarom nou saam smelt???
Hulle moes dit voor die verkiesing gedoen het. Dan was die ANC uit die stoel gelig…
Ek hoop die saam SPEEL groepies word goeie maats en doen iets om die land te red!!!
Hopenlik kry hulle nou eenvormigheid en een naam.
Hulle sal baie geld spaar en verwarring verminder…

Terloops ·

Dit begin tyd raak dat die algemene kieser hulself beter inlig m.b.t tot politiek. Dit sal vele wanopvattings en misverstande uit die weg ruim.

Louwrens ·

Maar as jy onthou het ons dit almal gevra. Stem vir die sterkste party onder die omstandighede al stem jy nie noodwendig saam met alles wat gese word nie. Nou het dit weer gebeur. Ons het vas gekyk teen ou verstokte ideologiee en sodoende die ANC en EFF weer n voet in die deur gegee. Hoop sekere mense word wakker voor 2019…!

rudi ·

Daar was nog altyd net drie groepies. Hulle en ons twee groepies. Hulle lyk gesplit maar staan 100% saam. Ek wil eintlik lag as ek dink die linkse groepie van ons aanbid Mandela maar het nog nooit vir hom gestem nie. Ons linkse groepie het al die gemors begin. Eers het hul Ja gestem en toe onmiddelik teen die ANC gestem. wat se logika is dit? Dis hulle wat die hulle en ons geskep en aangevuur het. Die ou klein derde groepie van ons wat nee gestem het en veg vir ons regte soos Afrikaanse taalonderig in ons skole word as die groot rasiste uitgejou.

johannes ·

Ai Marianne lees mooi Koalisie is NIE saamsmelt nie maar wel SAAMWERK , tot voordeel van alle mense.

Hasie ·

Jy kan nie die EFF of die ANC vertrou nie. Die ander is almal orraait.

Anoniem ·

Ek vertrou geen politikus nie. Dis hoekom ek hou van die huidige “hung councils” help my reg met die afrikaans? Enige onseker politikus gaan bietjie werk vir sy geld en sy kiesers.

Eugene ·

Dankie Malema! Jy het ruggraat en het nou die regte besluit geneem. Dankie vir jou ondersteuning.

Nico ·

Nee, hy is die volgende Zuma. Gee hom nog so 30 jaar. AS ons gelukkig is….

vermeende ·

In 92 het almal gestem vir die ongekende voorspoed en nou 24 jaar later stem ons mense nog steeds vir daai beloftes.
Vir n kwart eeu word julle al vir n gek gehou maar steeds glo julle die beloftes dat alles nou sal verander.
Andwoord die vraag, hoeveel leuns sal jy kan vertel vir R1mil/jaar????
Dis net goeie winsgewende besagheid, niks persoonlikheid nie!

Woorde??? ·

Woorde!! Lewe en Dood sit in die mag van die tong daarom spreek ek Lewe Lewe vir my geliefde Suid-Afrika!! Lewe en n oorvloedige lewe vir my Land en My Gesin!!

Boerseun ·

Ek hoop als draai goed uit vir almal al het ek nie DA gestem nie. Wat my bekommer is EFF is vir PTA naamsverandering, het ou straatname afgebreek en Paul Kruger se standbeeld geverf, ens. Hulle staan saam om DA burgermeester te kry, maar wat van daar af? As daar voorstelle kom vir naams veranderinge of n boer se grond word beset watter gemors kom dan? Dalk is hulle nou in posisie om ANC meer radikaal te beinvloed, hoop nie so nie, maar EFF bly n probleem. Kos een vuurhoutjie om n groot brand te stig. Hoop maar vir beste dat hulle en ANC uitmekaar val.

Willie E ·

Wat is julle so pateties behep met naams veranderinge? Liewe hemel,daar is meer belangrike dinge as dit,as ‘n straat nou ‘n swart persoon se naam kry verander dit NIKS,dit loop nog steeds dieselfde roete,het die selfde stopstrate,robots,en lei jou na presies dieselfde plek as voorheen.
Vader tog asseblief, kom ons los die verstoktheid oor verdomde name en fokus op dinge wat saak maak…..

Cherokee ·

Boerseun, waarom praat jy asof daar uiteenlopende verskille is tussen die DA en en die EFF? Waarom praat jy asof die DA & EFF verskillende deuntjies sing rakende grondbesetting? Daar is hoegenaamd geen verskil tussen hulle nie. Die DA het koalisering gesoek by die EFF wat dit geweier het. Jou kommer is nie sonder rede nie want die ooreenkomste is meer as die verskille.

Johannes Meintjes ·

Intussen moet die burgers in SA ook haas besin. Hoe lank moet daar nou tyd gegee word om die vrugte van die nuwe politiek te beleef. Indien dan nie redelike vrugte ten bate van alle kultuur en minderheidsgroepe, wat gaan die burgers daaromtrent doen (behalwe om sit-sit-so verder te verarm en te kripeer?)

Rynhardt ·

Politieke ooreenkomste is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.Kyk net na Kodesa as voorbeeld.As jy nie Anc-faksies het wat in die pad staan nie,is dit regstelkende aksie/transformasie wat beter dienslewering verhoed!Vir sommige grys ooms is dit n nuwe politieke fase,want R122000p.m. is op die spel en dan praat ons nie eens van bykomende voordele nie.Dit is verstommend hoe talle val vir die “Fellowship of overated politicians”, wat n klomp geraas maak,sodat hul finansieel en polities soort van kan oorleef.

Bloues ·

Woorde??? Ek dog dan Lewe en Dood sit by die mag van God. So wat jy hier sê is dat daardie beheer by my lê. Is die mens nou magtiger as God sodat hy vir God kan voorskryf? Nie in my huis nie.

Koos1 ·

Ek het dit al voorheen gese: Solank as daar een gemeenskaplike “vyand” is sal almal wat teen die “vyand” is saam staan. Kyk net hoe goed het alle sogenaamde “swart” partye voor 1994 saam gewerk on apartheid te laat val, maar daarna toe kom die onderlike bakleiery. Nou is is ANC die “vyand” and al die oposisie partye staam saam, maar wat gaan gebeur as die ANC uit die kussings gelig word? Ek het in ‘n sin nogal respek vir Jules Malema, hy staan by sy party en sy ondersteuners, en gaan nie koalisies aan ter wille van poste of posisies nie, en spring nie op die wa net om die “vyand” te verslaan nie. (Ek is nie ‘n EFF ondersteuner nie en steun geensins hulle mandaad nie.)

Frederik ·

Die DA sou beter doen deur ‘n koalisie te vorm of om ‘n vennootskap aan te gaan met die ANC as om met die EFF te meng. Die EFF se eise gaan net meer en meer word en as die DA nie toegee nie, gaan hulle omdraai en die ANC steun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.