Opposisiepartye verenig teen Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: STEFAN HEUNIS/AFP)

Suid-Afrika se opposisiepartye het onderneem om in solidariteit teen pres. Cyril Ramaphosa te staan sodat hy tot verantwoording geroep kan word vir die “ernstige aanklagte” teen hom met betrekking tot die Phala Phala-sage.

“Ons het eenparig besluit dat die president as ʼn saak van dringendheid aanspreeklik gehou moet word sonder enige vertragings, afleidings of uitstel,” lui die DA se verklaring.

Die DA, tesame met die EFF, IFP, ACDP, National Freedom Party, African Transformation Movement (ATM) en United Democratic Movement (UDM) wat in die Nasionale Vergadering verteenwoordig word, het Woensdag in Johannesburg vergader.

Die primêre fokus van die vergadering was die partye se voorneme om Ramaphosa verantwoordelik te hou vir die Phala Phala-saak en die beweerde skending van die Suid-Afrikaanse Grondwet.

Volgens die DA het al die betrokke partye ook tydens die vergadering hul bedenkings en ontevredenheid uitgespreek oor die manier waarop die speaker van die Nasionale Vergadering tot dusver hul eise hanteer het om Ramaphosa verantwoordelik te hou.

“Hiermee saam het ons ingestem dat die geheimsinnigheid rondom die president se terugvoer aan die Openbare Beskermer (OB) oor die Phala Phala-insident onaanvaarbaar is. Dit moet uitgedaag word.”

Die kantoor van die OB het verlede maand gesê dat hy geen onderhoude sal toestaan of “enigiets meer sal sê nie anders as om te bevestig dat hy reageer het”.

Die partye hoop nou dat ʼn aantal punte aandag sal kry om te verseker dat die land se konstitusionele demokrasie beskerm word. Dit sluit in dat Ramaphosa verantwoordelik gehou moet word vir die “skending van die landswette in terme van wat by Phala Phala afgespeel het en waarby hy betrek is”.

“Die opposisiepartye sal breër konsultasie met burgerlike organisasies, nie-winsgerigte organisasies, vakbonde en geloofsentiteite bevorder sodat ʼn gesamentlike benadering en reaksie geformuleer kan word om die president verantwoordelik te hou,” sê die DA.

Die party eis ook dat die OB, soos uitgestippel in die wet, die verslag oor die Phala Phala-ondersoek bekendmaak.

Die partye beplan om ʼn vergadering met die speaker te reël sodat die “verantwoordingskwessies” bespreek kan word. Voor dan sal hulle egter weer vergader om ʼn benadering in die stigting van ʼn komitee ingevolge artikel 89 van die Grondwet asook ʼn parlementêre ad hoc-komitee vir die aangeleentheid te stig. Die partye wil ook ʼn mosie van wantroue in die president aanvoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

domheks ·

Nog ‘n komitee? Dis mos nou ramaparra se voorbeeld wat julle volg! ‘n Kommissie van dit, dan weer ‘n kommissie van dat? Is dit werkskepping?

D ·

Die DA wat kastig vir die mense is gaan spring saam die eff in die bed en dit om n punt te bewys hulle hoop seker dit gee hulle beter kans om die land te regeer as iemand wat in n DA wyk bly kan ek se hulle sal beslis nie my stem he dae sonder water op n slag en die raadslid staan al te graag en kuier saam die anc outjies ja die saak moet ondersoek word maar onthou net die volgende opsie is nie beter as Rampies of dink hulle die Anc gaan skielik n beter persoon he of kies

Nie Verbaas ·

Hoe het Ramaphosa nou weer gesê? Soos n paddas in n pot warm water wat? Kry vir jou ruggraatlose Ramaphosa.

Swerwer ·

Nou hoekom het hierdie opposisie partye nog nie vergader en Zuma agter Tralies gekry nie?
Waarom het hierdie Opposisie partye nog nie van Cele ontslae geraak nie.
Waarom het die opposisie partye nog niks gedoen rondom hierdie uitmoor van ons boere nie?

Misky ·

Ou CR is baie dikvellig en baie pelle oral en alle departemente. Selfde stofasie as ou Zuma en kyk hoe lank glip hy al deur al die gate en howe

Michael ·

Doen jou navorsing-Zuma was net ‘n front om CR se onderduimse bedrywighede uit die voorgrond te hou. Hy sit agter al die sg staatsplundering en staatskaping. Zuma is ‘n engel in vergelyking met CR-ons sal dit nog met spyt besef-nie lank van nou af nie

Jacobus ·

En as jy wakker skrik gaan jy agterkom jou koffie is yskoud.

Michael ·

Jacobus jou onkunde gaan jou ongelukkig nie red nie en ook nie jou warm koffie nie

Althes ·

Wat is die motiewe van die opposisie partye? My wed is dat EFF van Ramaphosa wil ontslae raak, sodat sy ANC tjommies wat white monopoly capital sing, en wil nasionaliseer weer aan bewind kom.
Die DA? Ek hoop hul strategie ontplof nie in hul gesigte nie. Ek hoop hul weet wat hul doen.
Arthur Fraser sit seker lekker en lag nou.

annie ·

Die plaas-sage is die droom-situasie wat Zuma en trawante geskep en volvoer het; Cyril in die beskuldigde bank. Cyril moes dit dadelik openbaar het, maar glo toe hy sal maak of niks gebeur het nie. Daar is wel ‘n kans dat die geld geplant is en die samewerkers goed betaal is, maar dan moes die prez dadelik dit gesê het. Nou soek almal sy kop. Die DA raak nou net so belaglik soos die EFF.

Republikein in die Wes Kaap ·

Niks ongewoons om saam te werk met fie EFF. My vyand se vyand is my vriend.

Jacobus ·

Jy gaan nie n ooreenkoms of werk saam met die duiwel nie. Dit skep n resep vir groot moeilikheid.

JohanR ·

Die FBI moet kom ondersoek instel want die ding word stadig maar seker toe gesmeer!

Ilze ·

Los vir Cyril asb uit tot na die 2024 verkiesing. Hy is die “lesser of two evils”. As hy nou moet opsy staan, wie gaan sy plek vat. Die visie president. Ek sidder om te dink.

Pampoen ·

As die DA & kie klaar is, is Malema of Hoed of Lindiwe of Lesufi dalk die nuwe president. Dan sal hulle seker tevrede wees of wat is hulle plan?

Marthinus W ·

Se nou Cyril word uitgeskop as prez, wie gaan hom opvolg? Lindiwe Sisulu, Malema, Cele, Lesufi?

Republikein in die Wes Kaap ·

Maak geen verskil nie. Almal is nutteloos.

Pampoen ·

Nee, dit gaan nie oor nutteloos nie – dit gaan oor wie ‘n ramp is.

Kirst ·

Wat is erger as ‘n skelm president? ‘n Skelm president wat slimmer is as die vorige skelm president.

Sarel ·

So speel julle in Zuma….Mogashule …EFF.

ANC e n hulle gevolg se hande…Snaaks dat mense dit nie besef nie
.

Manie ·

‘n President wat om die een tafel korrupsie, geldwassery ens veroordeel se karakter moet self skoon wees. Indien nie, moet hy kry wat hom toekom, hy kan nie wegkom met onwettige bedrywighede bloot omdat hy die sogenaamde beter opsie is nie.

Andrew ·

En wie wil hulle eerder daar hê ACE, Mrs Zuma of daai Lamola nar? Laat hy eerder nog n ruk bly asb.

Owlie ·

Dis tyd dat die wêreld tot halt roep!
Daar was n tyd in die lewe dat enige persoon in enige staatsdiens organisasie nie n tweede besigheid of inkomste mag hê nie. Daar was ook n tyd waar bedrog binne die regering onmiddellike ontslag, boete en gevangenis in getree het verder word ware kwalifikasies voor die wêreld in die gesig gegooi en aftree ouderdom word aan die wêreld af gedwing. Hoeveel van bogenoemde bestaan nog in ons regering? Suid Afrika het slegs 2 beherende politieke partye wat heeltyd teen mekaar baklei en vuil wasgoed in die publiek uitgooi Die beherende party het soveel partydige komitees wat niks beteken nie. Ons land het n totaal on partydige, onkoopbare komitee nodig wat kan opstaan en sê STOP…… Haal mense uit hul poste, vonnis vir bedrog, hou nood verkiesings met verskydenheid onafhanklike kleiner maatskappye wat betrokke is met tel en verifiering van id’s en hou op om elke keer n ander onderwerp as rookskerm vir die regering en die president se bedrog te soe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.