Opposisiepartye verenig teen Zuma

‘n Optog teen pres. Jacob Zuma in Pretoria (7 April 2017). Foto: Maroela Media

Leiers van verskillende opposisiepartye het Maandag gesê hulle staan verenig agter ʼn gesamentlike doelwit om pres. Jacob Zuma uit die kussings te lig ter wille van die toekoms van Suid-Afrika.

Leiers van die EFF, die DA, UDM, ACDP, IFP, Agang SA, Cope, African Independent Congress en die African People’s Convention het Maandag ʼn gesamentlike mediakonferensie gehou om hul planne bekend te maak vir die sogenaamde Nasionale Dag van Aksie (NDA) wat vir Woensdag 12 April beplan word. Dit is dieselfde dag wat Zuma sy 75ste verjaarsdag sal vier.

ʼn Massa-protesoptog sal in Pretoria vanaf kerkplein tot by die Uniegebou gehou word om te eis dat Zuma uit sy posisie as president verwyder word. Volgens die opposisiepartye wil hulle hul lede en strukture mobiliseer om aan aktiwiteite deel te neem. Sodoende wil hulle die regerende party dwing om Zuma te herroep, óf genoeg druk op Zuma plaas om hom te dwing om “die eerbare ding te doen” en te bedank.

UDM-leier Bantu Holomisa het ʼn gesamentlike verklaring van die politieke partye voorgelees waarin die partye sê hulle het met verskeie ander politieke partye en burgerlike instansies gepraat om ondersteuning vir die NDA te werf. “As leiers sal ons nooit ons rug draai op ons verantwoordelikheid om Suid-Afrika eerste te stel nie,” het die verklaring gelui.

“[Zuma], met die ondersteuning en hulp van sy bondgenote, is aktief besig om die werk van ons Hoofstuk 9-instansies te ondermyn. Pres. Zuma se middernagtelike kabinetskommeling het ʼn domino-effek begin met die rand wat getuimel het, Suid-Afrika se kredietgradering wat deur twee graderingsagentskappe afgradeer is, asook die afgradering van sommige banke en Eskom. Rommelstatus maak Suid-Afrika ʼn onveilige beleggingsbestemming en internasionale banke sal nou twee keer dink voordat hulle vir ons geld leen. Ons geloofwaardigheid is daarmee heen en die rimpeleffek wat dit op lewenskostes gaan hê, sal ons arm mense die hardste slaan.”

Optoggangers in Durban, KwaZulu-Natal (7 April 2017). Foto: Twitter

Die opposisiepartye sê verder die invloed van die Gupta-familie op Zuma en verskeie ministers is aanduidend daarvan dat Zuma deur die “hoogste bieër” gekoop is en dat Suid-Afrika uit Saxonwold beheer word.

Die partye hoop om verskeie instansies, organisasies, politieke partye en gewone landsburgers te mobiliseer om aan Woensdag se optog deel te neem om ʼn duidelike boodskap te stuur dat Zuma uit sy posisie verwyder moet word.

“Ons gaan nie in ʼn konfrontasie met pres. Zuma en die ANC betrokke raak nie. Die ANC is klaar besig om na binne te ontplof, so kom ons omseil hulle en praat direk met die burgers van Suid-Afrika,” het Holomisa gesê.

Volgens Holomisa sal optoggangers vanaf 09:00 Woensdagoggend by kerkplein bymekaarkom, waar verskeie aktiwiteite gehou sal word. Die optog sal van 12:00 af na die Uniegebou beweeg waar toesprake gelewer sal word. Holomisa het gesê die nodige permit vir die optog is reeds gekry. Die presiese roete en strate wat deur die optog geaffekteer sal word, is nog nie bekendgemaak nie.

Hy het bygevoeg die NFP het vanoggend aangedui dat hulle ook die dag sal ondersteun, maar daar is nog geen terugvoer van die VF Plus of die PAC ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

My bydra ·

Terwyl ek in my motor oppad winkel toe was het ek op die radio gehoor dat Zuma die witmense weer beskuldug as rasisties net omdat ons saam gestaan het saam met almal in die land om teen hom te betoog?? Lyk my nie ons witmense het meer n reg in hierdie land nie maar ons geld is goed genoeg vir Zuma? Maar nou is ons rasisties? Hoe werk dit dan? Ek wil asseblief baie graag weet kan iemand my asb se?

oumie ·

En dan sê zuma die witmense het met plakaate geloop wat sê ‘swartmense is bobbejane’ wonder of hy deur nkandla se venster geloer het of dalk in die spieël gekyk want wragtag daai sou hoofnuus gehaal het zuma as jy wakker skrik is jou koffie koud

Chrisjan ·

Witmense bly weg, julle stap voor en maak ons teikens. Wanneer die ding skeefloop gaan blankes die skuld kry. Dis n swartman, laat die wat vir hom gestem het hom verwyder.
Blanke getalle en gesigte kan geen verskil maak aan zuma se lot nie.

Alida ·

Hoe kan hy se dit was rassisties. 90 % van die optoggangers was dan swart. Dit was wonderlik dat ons almal so saam verenig het alle kleure sonder enige geweld.

Andre ·

Zuma praat bog!

Jy behoort dit te weet!

Wat dink HY gaan hy bereik met sy RASSISME klagte?

Wat dink JY gaan hy bereik met sy rassisme klagte?

Annie ·

Hy dink net aan homself en sy eie verryking. So hy sal enige bog kwytraak. Hy het genoeg geld oorsee bele. Dit is hoekom hy niks voel vir rommel status.

Sê maar net. ·

Het ons ooit ‘n kans om vir Zuma uit sy troontjie te lig as die ANC hand om die blaas loop met hom.

Piet Pille ·

As VF+ ondersteuner wonder ek net hoekom hulle nie ook steun gee aan die optog, sekerlik hoe meer steun hoe duideliker die boodskap

Chrisjan ·

Blankes moet nie betrokke wees in die geveg nie. Los dit vir die afrikane.

Blits ·

Chrisjan, al sit al die wit mense in amerika of noord pool, ons sal altyd die skuld kry vir alles en sal altyd die middelpunt wees van die geveg of ons wil of nie, of ons daarvan hou of nie

Ada ·

Die wereld kan op die fotos van die optog sien hoeveel swart mense ook daar was
Die sleg skepsel is kleurblind

jaco ·

Mooi om so te “verenig” zodat Zuma moet val. Onthou net, as hy eers weg is gaan die EFF heel moontlik met die ANC verenig. Dan volg massiewe grondonteiening sonder vergoeding, nasionalisering v.d. ekonomie en dalk ook staatsondersteunde wegjaag en uitmoor van wit mense. Ek wonder of al hierdie partye wat nou so lekker met die EFF “verenig” van sulke gevolge bewus is.

Annelize ·

Jaaaaa, ons areme ou ignorant prezzie… Nou huil hy weer rassisme, maar as ek die fotos so bekyk van oral af, sien ek meer donker gesiggies as bleek gesiggies. Of slaan die prezzie nou weer dieselfde mentaliteit in as destyds met sy stort en koekie seep t.o.v HIV ?

Nix ·

Ek hoor ook vanoggend dit was rasisties…. ai ai ai, skud my kop in ongeloof. soveel verskillende rasse het aan die optog deelgeneem….. Mense die outjie is baie dom…… rerig Baie dom, ek is verstom Hoe dom hy is. Rasisties omdat daar ‘n paar wit gesigte (minderheid) tussin die skares was….. en die Afrikane wat deelgeneem het, is hulle ook rasisties? Sy arogansie en mentaliteit verstom my elke dag…. En om WIT boere se plase te wil vat is Nie rasisties nie, om Wit mense werk te weier is nie rasisties nie…. maar ons belastinggeld is goed genoeg…. Ek weet nie…… Red ‘n nasie met ‘n ou soos hy aan die stuur…….

Suzie ·

Is HY, wat ons president is, nie eintlik die een wat ‘n voorbeeld moet wees en NIE die rassisme voorhou nie?….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.