Opposisiepartye verloor mosie van wantroue teen Zuma

Pres. Zuma lewer sy staatsrede (11 Februarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma lewer sy staatsrede (11 Februarie 2016) Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die ANC het Dinsdag gemaklik ʼn mosie van wantroue teen president Jacob Zuma in die parlement uitgestem.

Altesaam 225 LP’s het teen die mosie gestem, 99 het daarvoor gestem en 22 LP’s het buite stemming gebly.

Die Demokratiese Alliansie het die mosie van wantroue teen Zuma ingestel ná sy besluit om die minister van finansies, Nhlanhla Nene, in Desember af te dank.

Die ANC het die beplande mosie as ʼn “publisiteitsfoefie” afgemaak, ná soortgelyke pogings deur opposisiepartye die afgelope paar maande. Die ANC het vroeër gesê hy sou, as die meerderheidsparty, weer teen die opposisiepartye wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

PJ ·

Soos ek van de klerk en sy manne verstaan het kon hierdie situasie nie moontlik gewees het nie want hulle het wigte en teenwigte ingebou wat het dan nou verkeerd geloop ?

My opinie ·

Sou ek ook graag wou weet. Ons weet egter almal teen dié tyd dat regverdigheid net ‘n klug is wanneer dit by die anc k9m. Solank zuma aan bewind is bly sy kaders se sakke gevul en die minderheidsgtoep moet maar buig en betaal. Wat ‘n klug is die sogenaamde demokrasie in SA nie! Zuma kry sy sin met als.

Otter ·

Wigte: FW het seker gedink aan die gewigte van parlementariërs wst die banke laat kreun.
Teenwigte klink vir my soos anti-materie: nog nooit waargeneem nie, maar sekere mense glo daaraan.

HEVW ·

Nee, in n surkes is jy soms verbaas en geniet jy dit. Dit is n positiewe belewenis. Die parlement is in geheel n massale tragedie waaroor jy kan treur. Geskep met leuen en halwe waarhede deur ons sg. vorige leiers en blinde vertrouelinge. Ek reken dit is Van Zyl Slabberd wat gese het:” Waar 2 wolwe en n lam oor aandete besluit bestaam daar geen demokrasie nie.”

Luister ·

Ja, natuurlik. Dit is te lekker op die soustrein vir die klomp.

Ben Prinsloo ·

Miskien is ek verkeerd maar volgens my is de Klerk die grootste volksverraaier van all tye. Hy is soos Kortbroek: as hulle jou groet met n “goeie môre” loop eers uit en kyk waar is die stand van die son. Die gepeupel sal nooit teen die chief stem nie want hulle weet aan watter kant is hulle brood gebotter. Wat n verlore stryd.

Sarie 2 ·

Hoe gaan ons ooit weer diè gemors uitgesorteer kry? Die ANC is by verre die meerderheid….

Johann Marx ·

Sarie? Watter gemors wil jy uitsorteer? Vir wie is die ‘n “gemors”? Dis nie ‘n gemors vir die meerderheid nie? Vir hulle is dit paradys? Gratis skole, gratis universiteit, gratis water en elektrisiteit. Swak polisiëering. Geen verantwoordbaarheid nie. Duisende in poste waarvoor hulle nie gekwalifiseer is nie. Ongelooflike salarisse wat niemand kan verklaar of verduidelik nie. Hierdie is net vir jou ‘n gemors, Sarie….en omtrent nog 4% van die populasie van die land. Vir die res is hierdie land die beste plek om in te wees sedert ou Jan se aankoms….

Jordaan ·

So almal wat gedink het Zuma word bedreig. …. weereens wys die ANC die hele organisasie is van dieselfde stoffasie gemaak. So ook die kiesers, ek dink die enigste stemme wat die ANC gaan afstaan gaan na die EFF skuif.

david ras ·

Ek dink dat hierdie stemming en ander gebeure soos die massas wat teenwoordig was by die ANC se verjaardag paartie in Rustenburg sekerlik ‘n mate van ongemak by die DA veroorsaak.

Moenie die ANC vermoe om op kritieke tye saam te staan, onderskat nie.

Hulle het eenvoudig, onder leiding van hulle Kommunistiese venote/base , die mag om sake te manipuleer in hulle guns.

Ek onthou goed hoe die voormalige spioen Gerard Ludi in ‘n brief in die CITIZEN so tien dae voor die 1992 referendum gewaarsku het teen ‘n ja stem.
“don’t vote yes. you don’t know who you are dealing with”
Elke dag onder ANC bewind bewys daardie waarskuwing.

Hierdie mense is boos en uitgeslape.

Hendrik ·

Almal dans volgens die ANC se pype en dit is insluitend die DA. Die ANC het hulle ingedelf op alle gebiede en het beheer op alle gebiede. Ek gaan ‘n goeie dag by die huis spandeer en nie my tyd vermors om te gaan stem nie. Ek werk vir ‘n nuwe gemeenskap en bou van ‘n nuwe gemeenskap. Ek ondersteun Afriforum en het tot dusver baie meer voordele daaruit gekry as om na verkiesingsbeloftes van partye te luister. Die DA het ons gemeenskap ontwrig verlede jaar en nou bel hulle my om hulle te ondersteun! Ek geen my steun vir organisasies wat iets werd is en nie net ‘n sitplek warm maak in die raadsale nie.

Danie ·

Ek het die uitslag verwag – dit is eerlikwaar nie ‘n verrassing nie. Solank die opposisiepartye nie as een kan saam staan en kan verenig teen die ANC nie sal die politieke platvorm onveranderd bly. Dit is ‘n feit ! Elkeen v homself en die duiwel vir almal.

Flippie ·

Ons ‘n Afrika land. En Afrika beskou nie korrupsie in dieselfde lig as Westerlinge nie. Afrika is in wese nog vasgevang in ‘n sosiale raamwerk van nepotisme en feodalisme waarvan hy hom nie kan losskeur nie. Die elite van die feodal stelsel het belang by die kontinuasie van die stelsel. Daarin stel die elite nie belang in die werklike bemagtiging en opheffing van die gepeupel nie.

Die ANC elite glo hulle het die reg vetdien om die land te plunder vir hulle eie gewin. Nie net Zuma word verryk nie – elkeen wat ‘n possisie in die ANC het word onbehoorlik verryk op die een of ander manier.

EN ONS DINK HULLE SOU DIE MOSIE VAN WANTROUE TEEN ZUMA STEUN OMDAT HY SO KORRUP IS. . NIE EETS NENE SOU TEEN ZUMA STEM NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.