Die provinsiale regering in Noordwes het bevestig die Zuma-standbeeld word nie meer in Groot Marico opgerig nie.
“Ons is oortuig daarvan dat die PAIA-aansoek, wat AfriForum ingedien het om sekere inligting aan te vra oor die oprigting van dié standbeeld, direk daartoe gelei het dat die projek gestaak is,” het Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes, Vrydag gesê.
Volgens Oosthuizen het Noordwes se provinsiale regering egter beweer die kritiek en negatiewe reaksie van die gemeenskap is nie die rede waarom die oprigting van die standbeeld gestaak word nie.
AfriForum verwelkom hierdie besluit en dink steeds die R6 miljoen vir die Zuma-standbeeld kan op veel beter maniere aangewend word.
“Indien besluit word om hierdie standbeeld in die toekoms op te rig, sal ons dit wéér stop,” het Oosthuizen afgesluit.
Lede van die gemeenskap wat enige nuwe inligting oor die projek het, moet asseblief ʼn e-pos na [email protected] stuur.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
20 Kommentare
As daar voortgegaan moet word met die standbeeld behoort Zapiro gekonsulteer te word.
Zuma het ‘n integrale rol gespeel in die geskiedenis van Suid-Afrika. Hy is beslis ‘n rol model en baie mense kyk op na hom. Hy is die enigste person in die wereld wat sy tekort komeninge te bowe gekom het en President geword het van SA met net Std 4. Hy het ten minste nie mense uit hulle huise gesmyt soos HF Verwoerd en kie nie. Rig sy beeld op waar Verwoerd s’n was!!!
MOOI SO….
Dis die helfte van die waarheid: nou beplan hulle n MONUMENT wat nie net vir JZ vereer nie maar al sy terroris Zumaikies wat saam met hom in daai omgewong “gestrugle” het?
Ja Bobby hy is ook enig in sy soort. Bykans 800 aanklagtes van bedrog teen hom en slu daarby. Jy kan gerus die inhuldiging gaan bywoon en eer betoon. Kry vir jou.