Oprigting van Zuma-standbeeld gestaak

Pres. Jacob Zuma. ArgieffFoto: GCIS

Die provinsiale regering in Noordwes het bevestig die Zuma-standbeeld word nie meer in Groot Marico opgerig nie.

“Ons is oortuig daarvan dat die PAIA-aansoek, wat AfriForum ingedien het om sekere inligting aan te vra oor die oprigting van dié standbeeld, direk daartoe gelei het dat die projek gestaak is,” het Hendrik Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes, Vrydag gesê.

Volgens Oosthuizen het Noordwes se provinsiale regering egter beweer die kritiek en negatiewe reaksie van die gemeenskap is nie die rede waarom die oprigting van die standbeeld gestaak word nie.

AfriForum verwelkom hierdie besluit en dink steeds die R6 miljoen vir die Zuma-standbeeld kan op veel beter maniere aangewend word.

“Indien besluit word om hierdie standbeeld in die toekoms op te rig, sal ons dit wéér stop,” het Oosthuizen afgesluit.

Lede van die gemeenskap wat enige nuwe inligting oor die projek het, moet asseblief ʼn e-pos na [email protected] stuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

GES ·

As daar voortgegaan moet word met die standbeeld behoort Zapiro gekonsulteer te word.

Bobby ·

Zuma het ‘n integrale rol gespeel in die geskiedenis van Suid-Afrika. Hy is beslis ‘n rol model en baie mense kyk op na hom. Hy is die enigste person in die wereld wat sy tekort komeninge te bowe gekom het en President geword het van SA met net Std 4. Hy het ten minste nie mense uit hulle huise gesmyt soos HF Verwoerd en kie nie. Rig sy beeld op waar Verwoerd s’n was!!!

Pieter ·

Dit is hoekom zuma die swakste president ooit in wereldgeskiedenis sal wees. Hy het baie boere in hul huise laat vermoor met sy aanhitsing en van hul plase gedryf en nog veel meer laat vermoor in stedelike gebiede met sy “Bring my masjiengeweer” gesingery. Hoe jy die karikatuur enigsins met dr Verwoerd kan vergelyk gaan my verstand te bowe.

Piet Snot ·

Rolmodel, ja Bobby. Ek stel gereeld aan my kinders voor hulle moet sy optrede volg.
En nee, dit was St 3 – maar ek dink nie rêrig jy’s vreeslik in feite geïnteresseerd nie.

Van ver af ·

Bobby, is jy moontlik Zuma se buurman van die noorde af? Dit sal nogal verduidelik waar jou helde vereering gewortel is. Al wat Ek kan se is: Ons ween vir jou Suid Afrika! Jy was n pragtig land, nou is duiwe mis eindlik al op n standbeeld wat die karakter van die persoon beskryf.

Robert Stoltz ·

Bobby, jy is reg, nie uitgesmyt nie, maar met dinge soos regstellende aksie, SEB, herverdeling van grond ens. ens baie mense uitgedrywe!

Johann ·

Dis die helfte van die waarheid: nou beplan hulle n MONUMENT wat nie net vir JZ vereer nie maar al sy terroris Zumaikies wat saam met hom in daai omgewong “gestrugle” het?

Alida ·

Ja Bobby hy is ook enig in sy soort. Bykans 800 aanklagtes van bedrog teen hom en slu daarby. Jy kan gerus die inhuldiging gaan bywoon en eer betoon. Kry vir jou.

oumie ·

Grote genugtig dankie afriforum dit was n groot vrees van my wat jul gestop het ek is seker die heidin het gedink hy gaan n soort afgod wees wat aanbid sou word nee spaar my dit in my lewe en my kinders en kleinkinders

Scalla ·

Ek het sinkplate en n sitplek vir n longdrop belowe tov my bydrae tot die monument, ek neem aan my aanbod is van die hand gewys

snoefie ·

hulle was bang die stortroos se gate kan skuiling aan haweloses bied.

Pop ·

Bobby en watter standerd het jy geslaag. Om te wil vergelykings tref met mense uit hulle huise gooi en mense in hulle huise vermoor is mos nou regtig belaglik

Johanna Botha ·

Stem saam Zapiro en die beeldhouer sal moet saam sit en beplan aan die 6m hoe beeld … ek dink fonteine sirkel behoort dan nogal vanpas te wees

John ·

Glo my, dis net tydelik. Die begroting is te min en die ‘venue’ te vol kakiebos. Die beeld sal elders troon… in volle Zoeloe-glorie. Moenie bekommer nie: Ons prez dalk langs sy nuwe jet of met Nkandla se brandslang in aksie in ‘n spuitfontein voor die nuwe parlement… of terwyl goue munte uit ‘n goue stortkop stroom en studente net skep en skep… Daar is soveel moontlikhede…

GES ·

Die skilder van “The Spear” kan ook ʼn betekenisvolle bydrae lewer. Aan Bobby wil ek graag sê, dat dit sy horisonne geweldig sal verbreed, as hy net sy feite agtermekaar kan kry.

Ysbeer ·

Ek sal met graagte die materiaal vir die monument skenk, dis alreeds daarbo by die beeskraal op die grond.

ian ·

Op sit van zuma beeld sal al die ander beelde laat. Weg hol eish

Goed so ·

Die ergste van als is,hy is nie eers iets om na te kyk nie!

Peet J ·

Volgens my opsomming vind ek geen foute met die huidige kommentare nie maar net ‘n regstelling die beeld van Zuma word vir sy aanhangers wat hom eer en as hulle leier aanvaar het, opgerig en beslis nie vir die Afrikaner boere volk nie .
Ons moet liefs standbeelde vir Mnre. de Klerk, Pik Botha ,Roelf Meyer , Leon Wessels en Kortbroek van Schalkwyk oprig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.