Oproep lei tot gru-vonds in Pta

‘n Verdagte is intussen in verband met die moord in hegtenis geneem. Lees meer hier:
Moot-moord: Verdagte vas

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die bebloede liggaam van ʼn vrou is Maandagmiddag in die Pretoriase Moot gevind.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het ʼn klagte ontvang oor ʼn rusie by ʼn huis op die hoek van 8ste Laan en Ben Swartstraat in Gezina. “Polisiebeamptes het ʼn vrou in ʼn plas bloed buite die huis gekry.”

Volgens Moloto was die vrou, glo in haar 50’s, reeds dood. Sy het verskeie steekwonde aan haar bolyf opgedoen. “Die polisie het ʼn bebloede mes op die toneel gevind en vermoed dit is die moordwapen.” Moloto het gesê bure het glo gehoor hoe die vrou en nog iemand rusie maak. Die motief vir die moord word ondersoek.

Moloto het gesê met die polisie se aankoms op die toneel het die vermeende moordenaar reeds gevlug. Die oorledene se identiteit is nog nie bekend gemaak nie, aangesien al haar naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.