Oproer in PMB oor miljoene vir internasionale atlete

Msunduzi-atletiekbaan (Foto: Facebook)

Opposisiepartye in die ANC-geleide Msunduzi-raad (Pietermaritzburg) het bevraagteken waarom duisende rande op Amerikaanse atlete spandeer is vir die bekendstelling van die Msunduzi-atletiekbaan.

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF)-goedgekeurde baan sal amptelik op 25 Augustus oopmaak, die dag voor die Mandela-marathon in Pietermaritzburg.

Die bekendstellingsfunksie was Maandag een van die gesprekspunte tydens ʼn raadsitting. Alhoewel alle raadslede die bekendstelling verwelkom het, was daar vraagtekens oor die uitnodiging aan Amerikaanse atlete Justin Gatlin, Inika McPherson en Christian Coleman as bekende gaste. Die munisipaliteit nooi altesaam 20 gaste teen ʼn koste van R2 miljoen.

“Die stadion is die enigste goeie ding om oor te praat in hierdie stad, want selfs nie eens ons stadshorlosie werk nie,” het DA-raadslid Bill Lambert gesê.

ANC-raadslid Thamsanqa Sithole het gesê almal behoort die bekendstelling van die atletiekbaan te loof, aangesien dit ʼn belangrike hoofstuk in die geskiedenis van Pietermaritzburg is. “Dit is ʼn kans vir die stad om atlete te ontwikkel wat ʼn inkomste deur hul vermoë kan verdien, en ons almal weet as mens wil geld maak, moet jy geld betaal,” het die raadslid gesê ter regverdiging om vir die Amerikaanse atlete te betaal.

Mandla Zuma, senior munisipale beampte, het gesê hulle hoop om ʼn groot impak te maak en die stad se profiel as ʼn sportvenue op te hef en daarom is die besluit geneem om die Amerikaanse atlete te nooi, insluitend voormalige 100 m-kampioen Gatlin wat verban is nadat hy verbode middels gebruik het.

“Ons het gesê ons wil onsself voorstel as ʼn sporthoofstad en die bekendstelling van die atletiekbaan, wat net ʼn dag voor die Mandela-marathon plaasvind, sal media-aandag vir ons stad beteken,” het Zuma gesê.

Raadslede van opposisiepartye bevraagteken egter die gebruik van internasionale atlete. “Ons het in hierdie land Olimpiese gouemedaljeatlete soos Caster Semenya en Wayde van Niekerk en ander, waarom betaal ons soveel geld vir beroemde atlete?” wou DA-raadslid Clive Aitkens weet.

Alhoewel Zuma gesê het Gatlin is ʼn uitstekende naelloper wat die legendariese Usain Bolt gewen het, bevraagteken Aitkens die waarde wat dié atleet kan toevoeg. “Hy is verban as gevolg van verbode middels en tog betaal ons dié bedrag geld vir hom.”

Gatlin is deur Amerikaanse owerhede tussen 2006 en 2010 verbied om aan enige kompetisies deel te neem. McPherson is vir 21 maande verban nadat sy positief getoets het vir kokaïen.

ANC-raadslede hou vol die bekendstelling is belangrik vir Pietermaritzburg en sal dit in ʼn goeie lig plaas as sportbestemming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andrea van Vuren ·

Dis so siek ek verstik in my eie ongeloof! Het nie eens geld vir brood en melk nie. Wat het van al die ander stadions geword waaraan dermiljoene spandeer is?

zoom zoom ·

Iemand lag al die pad bank toe. Oor ‘n jaar is die plek gestroop en onder die bossies.

Etienne Prinsloo ·

Die uiterste gemak waarmee belasting geld vermors word op snert is belaglik. Daar is altyd fondse vir partytjies maar instandhouding van infrastrukteer, nee dit is “iemand anders” se verantwoordelikheid. Hierdie is egter ‘n onoorkombare struikelblok vanweë die onvolwassenheid en beperkte politieke IK van die stem bevolking. Daar bestaan steeds die idee dat belasting geld “blanke” geld is en dus uitgemors kan word. Die totale onwilligheid om kaders vir finansiële vergrype te vervolg het korrupsie op steroïede geplaas. Lojaliteit aan die party troef alles.

Franna ·

En so keur hulle dwelm gebruik goed om soveel geld op atlete wat dit gebruik te spandeer. Wat volgende???

Manie ·

Nie een stad of dorp wat deur die anc beheer word is vry van diefstal van die geld van die mense wat hulle in die posisie geplaas het.

Adam ·

Ek stem saam Andrea. Gatlin is 38 jaar oud, verby sy beste en is boonop een van die mees berugte gebruikers van opkikkers. Dit is hoekom die argument van “as jy geld wil maak, moet jy geld betaal” glad nie opgaan nie. Gatlin kan immers nie namens ons “dieseltrokkies” hardloop nie en waarom ons wil assosiseer met een van atletiek se muishonde, is bloot verstommend.

Valerie ·

‘n Blou olifant. Dit word so warm daar dat niemand in die somer daar kan hardloop nie. Die blou gedrog is net langs die plek waar 7 (of meer) mense weens hitte uitputting gesterf het toe hul as deel van hul aansoek as verkeerskonstabels in die plek se hitte moes hardloop en oefeninge doen. Duidelik het die stad meer as een probleem.

Willem ·

Bring eerder wêreldsterre, daardie van oorsee wat mens graag hier in aksie sal wil sien en ook aub geen omstrede atleet nie.

lulu ·

en oor n maand of twee word die einste plek n hoop as Want as hul hon nie gaan brand nie gaan die son hon verskroei

Theresa B ·

Oor en oor en oor bewys – Hierdie spul kan NIE met geld werk nie. Soek net die limelight, maar besef nie wat hulle doen nie.

John ·

…. dog dis ‘n swembad met bloudruppelstatus… amper bly geword. Natal se sakelui wil al die ‘venues’ lok om geld te in en hoop op skenkings vanaf uitlanders wat blink gelek word. Ons moet op die landsvlag ‘n bakhand met note wat daarin reen, uitbeeld. Pasella is reeds ons motto.

Aitoggie ·

Oor n jaar hoor ons weer, oor hoeveel korrupsie daar was, met die bou van die stadion. Hulle bou sulke witolifante vir eie-gewin. Iemand, behalwe atlete het beslis voordeel getrek uit die transaksie.

Bly ·

Ek dink dit is n goeie investering om atletiek in SA te bevorder en dit maak nie saak of sekere bekende atlete dwelms gebruik het nie, dit gaan oor atletiek as top sport en nie oor dwelms nie.
Dit kos 2 miljoen rand, now so what…….Rugby en sokker wedstrye kos meer dan dit.

koos1 ·

Bly. Ek is bly dat jy Bly is.
Hierdie gaan oor meer as die altlete. Is hulle nie ook “rolmodellle” nie. Watter voorbeeld stel hulle dan?
Maar as ek mooi hieroor na dink pas 2 van hulle baie goed by ons land in, veroordeeldes!
Dit is ‘n absotute klap in ons eie atlete se gesigte!

Anoniem ·

Hoekom word net sekere sportsoorte bevoordeel. Daar is bv. skopboks, wat meer as 1 wêreldkampioen oplewer by Juniors en Seniors wêreldkampioenskappe en gee die staat of die provinsie enige befondsing het sy toerusting en of enige toernooie waar oorsese lande kom deel hier in Suid-Afrika nee, kry die enige een van die wat deelneem en plek behaal enige vergoeding nee die ouers betaal als self en glo my van ons het dit ook nie breed nie, ons doen fonds insamelings ens. ek wonder maar net …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.