Oproer oor kragonderbreking op Molteno

Paaie is Maandag in Molteno versper. (Foto: Verskaf)

Lede van die gemeenskap van Molteno in die Oos-Kaap het Maandag die strate ingevaar nadat dit duidelik geword het dat ʼn dae lange kragonderbreking nie voor Eskom se deur gelê kan word nie, maar eerder voor dié van die Enoch Mgijima- plaaslike munisipaliteit.

Inwoners van Molteno en die omliggende townships Dennekruin, Lankgewag Nceduluntu en Nkululeko sit sedert Saterdag 10:00 sonder krag nadat ʼn 22 kVA-kraglyn ineengestort het. Die inwoners het intussen ook nie meer water nie aangesien die onderbreking die waterpompe raak.

Die munisipaliteit het nou ʼn kontrakteur se hulp ingeroep om die kraglyn te herstel aangesien die munisipaliteit niemand het wat gekwalifiseer is om aan ʼn 22 kVA-kraglyn te werk nie, en ook nie die nodige kabel in voorraad het nie, sê die plaaslike DA-raadslid Lindy Haggard.

Paaie is Maandag in Molteno versper. (Foto: Verskaf)

Haggard is sedert Saterdag voortdurend in kontak met verskeie munisipale amptenare. “Ek is meegedeel dat ʼn kontrakteur Maandag op die terrein was om die situasie te evalueer en dat die munisipaliteit ʼn kwotasie ontvang het.

“Die gemeenskap het ongelukkig nog geen amptelike terugvoer ontvang nie en nou gee hulle uiting aan hul frustrasie.”

Inwoners het Maandag die strate van Molteno ingevaar en paaie met klippe en stompe versper met die versoek dat die probleem so gou moontlik opgelos word.

Haggard sê nou die DA sal aanhou om druk op die munisipaliteit toe te pas om te verseker dat die dorp se ligte so gou moonlik aangeskakel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lourens ·

Dankie dat julle dit as “oproer” beskryf en nie as ‘n “betoging” nie.

Mariana ·

Die land is vol ontstoke mense wat betoog oor iets. Ek verstaan hul frustrasie maar hoekom moet als ontaard in ‘n gemors. Maar kom 2024 dan stem hulle weer vir ANC en kry net meer van dieselfde. Dankie DA dat julle darem iets probeer doen om met die mense se griewe te help.

Sonblom ·

Ek verstaan regtig nie hoe die mense so ontstoke kan wees in ‘n ANC land maar dan stem hulle maar net weer vir die ANC nie. Die mense kan mos sien wat kry hulle onder die ANC bewind. Wil hulle nie beter hê nie?

Hennie Biebouw ·

Dit moet problematies wees vir die owerhede…dié ding dat mense oproerig raak oor onderbrekenings in dienste waarvoor hul nie hoef te betaal nie.

snaaks ·

Is daar iets wat n mend kan drimk om te kan vetstaan as hulle die paaie blok en goed breek dat die krag weer sal aankom

My siening ·

Daar is wit elektriese ingeneurs beskikbaar gebruik hulle of suffer!

domheks ·

Ja – as daar nie in 1994 soveel beloftes gemaak was nie, sou die mense nie kon kwaad word nie. Maar gratis huise/krag/lopende water en elektrisiteit is belowe. Nou is dit nie daar nie nou is hulle kwaad!

Chopper ·

As jy die paaie net lank genoeg kan toepak en die verbygaande motoriste wat durf om te ry met die klip kan goi, dan gaan die krag weer aan!!!

Wit Leeu ·

OPROER ? EN WAT GAAN NOU GEBEUR ? MAAK MY SIEK………………

Tokkel ·

Help asb jul vriende wat by Eskom werk om nie dit te saboteer nie en die goed instand te hou.
Dan kan ons almal lekker leef. Begin kyk sommer na die water ook, want een van die dae gaan ons nog dieselfde pad stap as die krag……. NIKS word mos instand gehou deur die regering, behalwe hul beursies nie.

pompies ·

Die water is klaar daar Gauteng is in n groot genors wat water betref.

Andrew ·

n Deel van ons samelewing doen dit al die afgelope 70 jaar, maar bly mense soos Juliaas en kie aanhang en bly vir hulle stem.

Marius ·

Dit is net vir my snaaks dat die mense wat anc stem staak , maar hulle het dan gestem daarvoor.
Ek kry nie n sent oortyd nie maar werk gem 20 ure oortyd n week , maar ek het n werk en kan vir my familie sorg op die einde van die dag.
Ek breek en brand nie af nie want dit gaan my nerens bring nie.

Misky ·

Die kwalifiserende persone sit werkloos by die huis, want hulle velkleur is verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.