Oproer: Ramptoestand vir KZN goeie nuus vir herstelproses

KwaZulu-Natal sê hy benodig sowat R1,5 miljard om skade aan openbare infrastruktuur te herstel. (Argieffoto: Phill Magakoe/AFP)

Die KwaZulu-Natalse regering se afkondiging van ʼn provinsiale ramptoestand om die skade van miljarde rand wat aangerig is tydens grootskaalse onrus twee weke gelede, te probeer herstel, is uit verskeie oorde verwelkom.

Die oproer het nie net honderde lewens geëis nie, maar het ook enorme skade aan private ondernemings en openbare infrastruktuur veroorsaak.

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, sê die besluit is geneem weens die reuseomvang van die verwoesting. Skade aan openbare infrastruktuur beloop in hierdie stadium reeds meer as ʼn miljard rand en Zikalala sê die herstelwerk moet met dringendheid hanteer word.

Die meeste staatsinstellings het al skadebepalings en kosteberekenings gedoen, hoewel ʼn finale syfer nog nie bekend is nie.

Die huidige geraamde koste vir die skade en noodverligting wat vir die verskillende departemente benodig word, beloop R1,5 miljard, terwyl munisipale skade net minder as R48 miljoen beloop.

KwaZulu-Natal se uitvoerende gesag sê dié bedrag is buite die provinsie en munisipaliteite se vermoëns. Die verklaring van ʼn ramptoestand stel die provinsie egter in staat om begrotings te herprioritiseer en betrokke departemente te vra om groter bydraes te lewer om die skade te herstel, sê Zikalala.

Dít is goeie nuus, sê dr. Roelof Botha, ʼn ekonoom en ekonomiese raadgewer vir die Optimum-groep.

Botha sê die ramptoestand gaan nie net die herstelproses help versnel nie, maar kan weens wetgewing betrokke by die verklaring van só ʼn toestand ook as voorkomingsmaatreël dien vir diegene wat verdere onrus beoog.

Hy sê dit kan die provinsie help om vinniger geld by die nasionale tesourie te kry en dat die R1,5 miljard wat die provinsie onmiddellik benodig, in die breër ekonomiese konteks eintlik ʼn druppel aan die emmer is.

Volgens Botha het talle maatskappye, private en genoteerde maatskappye, verlede jaar weens die uitbreking van Covid-19 en onseker ekonomiese omstandighede byvoorbeeld nié dividende uitbetaal nie. Baie maatskappye het ook heelwat meer voorsiening getref as wat uiteindelik nodig was om die negatiewe uitwerking van die inperkingstyd te bowe te kom omdat heelwat sektore baie vinniger ná die vorige infeksievlae herstel het.

Die staat ontvang 20% van dividende van genoteerde maatskappye, wat beteken daar is heelwat meer geld vir die regering beskikbaar.

Mense aan wie dividende dan uitbetaal word, spandeer weer dié geld – uitstekende nuus vir die ekonomie.

“Daar is in hierdie stadium baie grepies lig wat deur die donker wolke skyn. Die krane gaan hierdie jaar oopgedraai word,” sê Botha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anoniem ·

Met Zuma se komende verskyning in die hof, hoop ek hul het reeds hul beplanning gedoen om ‘n 2de Vlaag van verwoesting te stuit.

Hennie ·

Hulle het nie beplannings vermoë nie. Niks! Nada… Boggerall

Sarel ·

Hoekom nou….hullexwas mis lankal gewaarsku en gevra dat Hoedjieman moet weg. Die Polisie is nes die land
In so verwaarlosing dat ek weet nie of dit gered ja word nie. Wat van die Weermag & Nasionale Intelegensie wat
nie eers die Oproer kon voorsien nie. Wie is dasr om.hierdie drie belangrike Portefeuljes oor oor te neem
Ek sien niemand nie.

gatgogga ·

Waar kom al die geld vandaan wat nou weer nodig is om alles te herstel?
Ek glo nie dat dit van SAA afgeknyp word nie.

Tipper ·

Ek weet net heelwat mense in KZN het nou toekoms planne,net hulle sal weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.