Oproeriges brand vragmotor uit op Stutterheim

Betogers het ’n vragmotor op die N6 uitgebrand wat sap vervoer het. Foto: SAPD

Nog 17 mense is op Stutterheim tydens betogings in die township Mlungisi in verband met openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging in hegtenis geneem.

ʼn Groep oproeriges het Donderdag omstreeks 13:00 ʼn vragmotor wat sap vervoer het, aan die brand gesteek. Niemand is beseer nie, sê kapt. Siphokazi Mawisa, polisiewoordvoerder.

Hy sê hulle hou intussen die situasie dop en patrolleer die omgewing.

Brig. Luntu Ngubelanga, bevelvoerder van die King Williams Town-polisiegroepering, sê die polisie veroordeel sulke geweldsdade ten sterkste en sal geen verdraagsaamheid met oortreders hê nie.

Hoewel die N6 deur die Oos-Kaapse dorp oopgestel is, is sporadiese voorvalle nog gister deur die loop van die dag aangemeld. Die polisie het motoriste dus aangeraai om ompaaie te gebruik tot die situasie na normaal terugkeer.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in Stutterheim se landdroshof voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nee ·

Mlungisi is n township. Dis n engelse plek en jy sal gesteenig of gebrand word as jy nedersetting, wat afrikaans is en Mlungisi in dieselfde sin noem. Ek het in Stutterheim groot geword. Daarom behoort ek te weet. Jy praat van die onderste onder dorpdeel van die dorp.

HPV ·

Ons brand en vernietig want die regime en sy polisie mag ons nie keer nie.
Dit is waarom Suid Afrika ‘n armlastige bakhandstaande land soos die res van Afrika sal bly. Dit is die rede vir die waarom ek begin kyk na moontlikhede om my besigheid oorsee te skuif soos, twee van my vriende reeds gedoen het. Dit help nie om welvaart te probeer skep nie in ‘n anargistiese land nie.

Annamarie Olivier ·

In hierdie land word alles net afgebreek en niks gebou nie.
Piesangrepubliek!

trol ·

as die polisie “sulke dade” veroordeel het, sou dit lankalnie meer gebeur het nie. of jy nou oor die pad loop en n trok aan die brand steek of tydens n staking n trok aan die brand steek bly dit brandstigting, opsetlike saak beskadiging en in die geval poging tot moord. daardie trok staan tussen ander voertuie met mense in, nie afgesonderd in n veld nie. almal kriminele oortredings.

Jacques ·

Ja en die burgers in die land is wetsgehoorsaam net me sisulu ? Mense moet ompad ry want die pad waarvoor hulle betaal en mag ry omdat hulle betaal word deur barbare geblok en beskadig , hoe belaglik is dit nie . Ek neem aan daar was nog geen lede van SAPS toe die voertuig aan die brand gesteek is nie???

Andre ·

Dan vra die mense, hoekom was daar afsonderlike ontwikkeling.

Liezl ·

Exactly André…dit moes so gebly het. In 24 jaar is daar geen vordering vir ontwikkeling nie. Net agteruitgaan en nog meer agteruitgaan. Mens boer mos vooruit en nie agtertoe nie. Mens raak beter en nie slegter nie.

Gun ·

Ongelukkig kry jy mense wat ander niks gun nie. As hulle nie tot op jou vlak kan kom nie, sal hulle jou afbring na hulle vlak toe. Daarom gaan alles agteruit.

Lollie ·

Eendag as hier totaal niks meer oor is nie dan gaan hulle 2 dinge daarvoor blameer, apartheid en blankes! Dit het nie naastenby so gegaan in die apartheidsjare nie!
Blankes is by verre die minste maar daardie klein
handjie vol mense kon meer opbou as hierdie massa. Die land het toe vooruit geboer! Daar was kos, geld, werk, vrede ens ens. Daar is nie nou net 1 enkele ding wat dui op vooruitgang nie. Al kry hulle 100 jaar kans sal dit nie gebeur nie!

Nonsens ·

Julle is welkom om van my te verskil, maar dit voel vir my asof ons land erger daaraan toe is as voor die afskaffing van apartheid. En met dit bedoel ek nie die benadeling van wit mense nie. Ek bedoel die misdaad en wetteloosheid wat hoogty vier. Vir mense wat kwansuis “vry” is, tree hierdie mense nie soos “vry” mense op nie. Is hulle nie veronderstel om dankbaar te wees dat apartheid afgeskaf is nie? Dit lyk beslis nie so nie. Hulle kerm en kla gedurig en as daar nie aan hulle eise voldoen word nie, dan brand, breek en plunder hulle. Die regering hou in die eerste plek nie by die beloftes wat hulle aan hierdie mense gemaak het nie en het ook GEEN beheer oor hulle nie en daarom sal hierdie “vry” mense aanhou met hulle nonsens!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.