Opsigter verdrink by private woning

Die opsigter het by “n huis in La Lucia, noord van Durban, verdrink waar feitlik elke woning ”n swembad het. Foto: Google Maps

Paramedici het Saterdag omstreeks 20:30 gereageer op berigte van ʼn verdrinking by ʼn private woning noord van Durban in KwaZulu-Natal.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê toe hulle op die toneel in die buurt La Lucia opdaag, het hulle vasgestel dat ʼn huiswerker ʼn opsigter van nagenoeg 35 jaar oud leweloos in die swembad aangetref het. “Een van die bure het gehoor hoe die werker om hulp roep en hom gaan help.”

Die buurman het die man uit die swembad gehaal en mond-tot-mond-asemhaling op hom begin toepas.

Paramedici van Netcare 911 het die drenkeling op die toneel ondersoek, vertel Herbst, en vasgestel dat hy geen tekens van lewe toon nie.

Beamptes van die Durban-Noord-polisiestasie was op die toneel om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PaulV ·

Stormrider & Chris; “petty little comments” is wat ‘n mens jul kommentare noem. Verkeerde voet uit die bed uit geklim??

Chris ·

Die een wat die berig geskryf het ,het seker nie n swembad nie en bly seker ook nie in Durban nie

Cherokee ·

Ek is verbaas dat jy dìt wat julle twee hier sê, as kommentaar-waardig beskou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.