Opskort van brandstofheffing ‘dringend’, sê IVP

Argieffoto

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) sê die brandstofheffing moet so gou moontlik opgeskort word om die uitwerking daarvan op die land se armes te verlig.

“Vanaf 1 April beloop die algehele koste van die algemene brandstofheffing, die heffing vir die Padongelukkefonds en doeane- en aksynsbelasting, plus die nuwe koolstofheffing altesame R5,63 per liter vir petrol en R5,49 per liter vir diesel,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Die prys van 95-oktaanpetrol het om middernag met R1,31 per liter in die binneland en R1,26 aan die kus gestyg. Paraffien is van vandag af 63 sent duurder.

“Die armes en weerloses gaan die spit afbyt vir dié voortdurende stygings,” het die IVP gesê.

“Suid-Afrikaners kan kwalik die ondeurdagte brandstofprysstygings bekostig wat ontstaan weens die regering se traagheid om alternatiewe maniere te vind om aan die een kant belasting te genereer en aan die ander kant brandstofpryse te verlaag. Dit hou groot gevare in vir die ekonomie wat betref volhoubaarheid en bestendigheid.”

Die party het sy oproep herhaal vir alle brandstofheffings om dadelik geskrap te word tot die land positiewe groei begin toon en die stimuluspakket wat verlede jaar bekend gestel is, vrugte begin afwerp.

Suid-Afrikaners gaan gebuk onder ʼn reeks prysverhogings, waaronder ʼn styging in BTW en belasting op munisipale vlak.

“Die regering moet die uiters kommerwekkende en voortslepende stygings in brandstofpryse en die uitwerking daarvan op die Suid-Afrikaanse ekonomie en die welstand van gewone Suid-Afrikaners in gedagte hou. Dié mense gaan weereens die las moet dra van die negatiewe trefslag van stygings op sakeondernemings wat verhoogde koste net weer op die verbruiker afskuif,” het die IVP gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frederik ·

Ja ek stem die regering jaag als op. Ons mense met die min lone sal dit
nie maak nie en dan praat ek nie eers oor die vervoer nie hulle gaan styg en dan
natuurklik : Erf, Water, Krag, en gas.
So hoe gaan ons nog kos koop.
Die regering is nou verantwoordelik vir dit wat kom. ???????????????????????????.

Aapstert ·

Doen dit VOOR die verkiessing en ek stem vir jullle – ha ha!!

Judge Dredd ·

Stoot die brandstofprys maar nog so paar rand op volgende maand.

Duncan ·

Mense moet in gedagte hou dat die huidige totale heffings van R5.63 per liter vir petrol en R5.49 per liter vir Diesel miljarde rand beloop en weer erens anders vehaal moet word om die begrotings te laat klop. Die IVP verklaar maklik , skrap dit en meld nie waar die tekort (skrapping) dan vandaan gevorder moet.
My voorstel is verminder die Staatsamptenare se enorme salarisse eerstens en verminder die personeel getalle ook met 40% want die meeste amptenare “sluk net winde elke dag”. en doen nie `n sttek werk nie. Skrap tweedens toelaes vir honderde duisende jong meisies wat net “babas” maak om toelaes te bekom om hul babas te onderhou – die jong meisies word met die toelaes aangemoedig om babas te maak.

Diana ·

As politisie self vir hulle petrol begin betaal gaan dit ‘n groot gedeelte van die tekort opmaak ( dit sluit verkleining van die vloot “protector” voertuie in. Die spul JAAG die wereld vol met blou ligte want hulle betaal nie petrol nie, soos hulle nie tolgeld betaal nie!

Helene Heyns ·

Duncan hierdie is nou n brief waarmee ek tweeduisend persent saamstem. Daar kan nie beter voorstelle wees nie. Ek hoop net iemand wat in die posisie is om dit te laat gebeur, lees die brief.

Vraagteken ·

Geagte IVP, waar gaan die regering dan al daardie geld kry vir subsidies???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.