Opskud as jy terugvoer wil gee oor Covid-19-fases

Argieffoto (Foto: StockSnap, Pixabay)

Die publiek het slegs tot Maandag, 27 April 2020, geleentheid om terugvoer te gee oor die regering se Covid-19-risikoaangepastestrategie wat van 1 Mei 2020 in werking tree.

Die regering se konsepraamwerk (klik hier vir die volledige dokument of klik hier om die dokument in .pdf-weergawe af te laai) verskaf ʼn uiteensetting om die ekonomie weer trapsgewys aan die gang te kry. Koronavirus-vlak 4 tree op 1 Mei 2020 in werking.

Die nasionale beheerraad en die ministeriële raadgewende komitee oor Covid-19 is van voornemens om sleutelbedrywe en prioriteitsgebiede geleidelik in te faseer om die koronavirus te beveg terwyl die ekonomie gelyktydig herbou word.

Verskillende bedrywe, sakeorganisasies, vakbonde en lede van die publiek word versoek om teen 27 April 2020 om 12:00 skriftelik kommentaar te lewer oor die skedule. Stuur ʼn e-pos met insette aan [email protected].

Die terugvoer en kommentaar moet verkieslik tans op vlak 4 fokus.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willem ·

Dit gaan mos op dowe ore val. Hulle het lankal hulle planne gemaak en sal in elk geval nie verstaan as iemand n goed deurdagte plan aan hul voorle nie.

Oujongvrou ·

Presies Willem. Hulle hou hulle nou besig met allerhande games.

Alleen Wolf ·

Mors van tyd, as hulle hoegenaamd enige advies of voorstel van buite hulle kring in ag geneem het in die verlede sou ons nie met die huidige absurde reels tydens die grendelstaat gesit het nie

Maria ·

Ja ek het terugvoer gegee. Ek hoop ook dat dit ernstig opgeneem sal word. Patel se dikker wordende ‘boek van regulasies’ is n absolute skande. ek wens ek kon dit direk vir die president sê

4ntj13 ·

Nou wat help dit om so-iets op 27 April te publiseer wat 12h00 reeds ingehandig moes wees? Wanneer het hulle hierdie dokumente dan vrygestel?
Dit laat my wonder of die regering werklik leiding wil hê, en on hulle net wil voorgee hulle rapporteer steeds aan die land se mense. Of watookal die blokkasie in kommunikasie is, neem ons demokratiese beheer van ons weg.

Gawie ·

Tipies – ek lees die kommentare, en almal het klaar besluit die regering gaan nie die terugvoer gebruik nie. Waarop dink julle het die regering tot dusver al hulle besluit geskoei – op duimsuig?
Al hulle besluite tot dusver is gedoen op advies van verskillende kenners op hulle gebied.
Maar nou ja – die Afrikaner kan mos nou maar nie ‘n kans laat verbygaan om te kritiseer nie. Ek sou graag hierdie klomp klakouse se reaksie wou sien as hulle die besluite moes neem – maar dis mos maklik om van die kantlyn af opmerkings te maak.

Willem ·

Vir jou ook goeie nuus wat die skrywers op die platform kritiseer . Luister gerus vandag om 14h00 na Freek saan Dawie Roodt en Flip Buys dan praat jy weer saam Dalk sien jy die lig Sterkte.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.