Leerders wat oorweeg om vir die herskryf van matriekvraestelle middel vanjaar te registreer, sal moet opskud aangesien registrasie aan die einde van Januarie sluit.
Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het leerders aangemoedig wat van hierdie geleentheid gebruik wil maak om so gou as moontlik te registreer.
Hierdie eksamen is nie net bedoel vir matriekleerders wat nie hul matriek voltooi het nie, maar ook vir diegene wat hul uitslae wil verbeter óf nie hul matriekeksamen die eerste keer geslaag het nie.
Mhlanga verduidelik dat daar ’n aantal aanlyn hulpbronne beskikbaar is om leerders met hul studies te help en gevolglik die beste moontlike kans op sukses te gee. Leerders kan die departement se webtuiste besoek en op die skakel klik om vir die Gewysigde Senior Sertifikaat-eksamens te registreer, onderaan hul tuisblad. Die skakel sal leerders na ’n aanlynregistrasieportaal neem.
Leerders kan ook by hul naaste distrikskantoor registreer.
“As departement van basiese onderwys wil ons almal aanmoedig wat kwalifiseer om voordeel te trek uit hierdie buitengewone geleentheid om ’n matrieksertifikaat te behaal wat ’n beter lewe ontsluit,” sê Mhlanga.
Only in efrica