Opskud vir dié wat matriekeksamen wil herskryf

Leerders wat oorweeg om vir die herskryf van matriekvraestelle middel vanjaar te registreer, sal moet opskud aangesien registrasie aan die einde van Januarie sluit.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het leerders aangemoedig wat van hierdie geleentheid gebruik wil maak om so gou as moontlik te registreer.

Hierdie eksamen is nie net bedoel vir matriekleerders wat nie hul matriek voltooi het nie, maar ook vir diegene wat hul uitslae wil verbeter óf nie hul matriekeksamen die eerste keer geslaag het nie.

Mhlanga verduidelik dat daar ’n aantal aanlyn hulpbronne beskikbaar is om leerders met hul studies te help en gevolglik die beste moontlike kans op sukses te gee. Leerders kan die departement se webtuiste besoek en op die skakel klik om vir die Gewysigde Senior Sertifikaat-eksamens te registreer, onderaan hul tuisblad. Die skakel sal leerders na ’n aanlynregistrasieportaal neem.

Leerders kan ook by hul naaste distrikskantoor registreer.

“As departement van basiese onderwys wil ons almal aanmoedig wat kwalifiseer om voordeel te trek uit hierdie buitengewone geleentheid om ’n matrieksertifikaat te behaal wat ’n beter lewe ontsluit,” sê Mhlanga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.