Optog gehou oor ‘verbrokkeling van dienste’ by hospitaal

Chris Hani Baragwanath-hospitaal Foto: Thabiso Makelo, Panoramio (Gelisensieer onder Creative Commons)

Vakbonde by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het Maandag ʼn protesoptog gehou oor beweerde korrupsie by die hospitaal wat hulle meen gesondheidsdienste by die fasiliteit laat verbrokkel het.

Vakbonde wat aan die protesaksie deelgeneem het sluit onder meer in die National Education, Health and Allied Workers’ Union (Nehawu), die National Union Of Public Service and Allied Workers (Nupsaw), die National Public Service Workers Union (NPSWU), die Health and Other Services Personnel Trade Union of South Africa (Hospersa) en die Democratic Nursing Organisation of South Africa (Denosa).

Die vakbonde eis dat die langverwagte bevindings van ʼn ondersoek na korrupsie by die hospitaal bekendgestel word.

Yandisa Zungula, woordvoerder van die werknemers, het gesê die optog kom ná werkers aan talle protesaksies tydens teepouses en etenstye by die hospitaal deelgeneem het. Zungula sê werkers moet noodgedwonge swakker dienste by die hospitaal lewer weens “ʼn gekaapte verkrygingstelsel”.

Die werknemers het ook op 1 Augustus ʼn memorandum van eise aan die hospitaal se waarnemende uitvoerende hoof oorhandig waarop sy volgens Zungula steeds nie gereageer het nie.

“Die vakbonde eis dat die waarnemende uitvoerende hoof bedank, dat korrupte beamptes verwyder word, dat die ondersoekverslag bekendgemaak word, dat vakante poste gevul word en dat almal gelyke indiensneminggeleenthede geniet.”

Die DA het gesê die party ondersteun die eise van vakbonde wat aan protesaksies deelneem om die kollig te skyn op korrupsie en personeeltekorte by die hospitaal. Jack Bloom, DA-lid van die Gautengse wetgewer, het gesê hulle hoop dat die departement op konstruktiewe wyse op die optog sal reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leser ·

eish, wat ‘n vooruitsig, werkers skrik ook nou wakker oor wanbestuuring

Liana ·

Wonder wat se onse Minister van Gesondheid van al die wanbestuur wat in so baie hospitale plaasvind. Kyk maar hy se niks van dit nie.

Andrea van Vuren ·

Nee, die siel is nou te besig om die mediese fondse om te koop!

Sarel ·

Vakbonde kan nie klippe gooi nie oor swak dienslewering aan pasiente nie. Dink aan die onlangse stakings. Sommige gebruik ook die perd van korrupsie om hulle eie agenda te bevorder.

John ·

Ja Liana, maar moet tog net nie die skandes in die buiteland gaan oorvertel nie…
Toe hulle daai lang naam by die ingang klaar geinstalleer het, was hulle moeg gewerk, gee die ouens tog kans om te herstel. Miskien kan die nasate van die goedhartige witman mnr Baragwanath met wie se skenkings die hospitaal destyds opgerig is, maar weer uithaal en wys…. weer uithaal en wys…. weer… skies ek het dit al gese…. vir die ewige dieselfde storie… so eie aan Afrika en die ergste is dat dat geen dankbaarheid, skaamte of gewete die mense tot ander insigte en optrede noop nie.

Andre ·

Dan wil hulle nog die hele Gesondheidsorg in die land oorneem, kan nie eens een hospitaaal behoorlik bestuur nie.

Judge Dredd ·

Dis nog niks – wag tot die nasionale gesondheidsversekering inskop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.