Optog kan Pta-middestad môre tot stilstand bring

Argieffoto

Argieffoto

Die Tshwane-metropolisie het motoriste Woensdagmiddag gewaarsku oor ʼn moontlike optog Donderdag in die middestad wat verkeer erg kan ontwrig.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het gesê nagenoeg 3 000 studente gaan moontlik betoog as deel van die #FeesMustFall-veldtog.

“Die optog sal na verwagting van 08:00 tot 13:00 duur. Die studente gaan vermoedelik op Kerkplein bymekaarkom waarna hulle na die Uniegebou gaan opruk,” het Mahamba gesê.

Hy het gewaarsku dat indien die optog wel gaan plaasvind, dit ʼn groot invloed op verskeie strate in die middestad gaan hê.

“Motoriste en lede van die publiek wat môre na of deur die middestad moet reis, word aangeraai om ekstra voorsorgmaatreëls te neem,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Annemarie ·

Wat van ons hou ook ñ optog?? Dan noem ons dit “Non-studying students must fall”???

let wel ·

Die studente sal bly grense probeer verskuif met hul optogte en elke hekkie wat meegee onder hul, is n oorwinning vir hulle. Behandel die anargiste en geweldenaars soos volwassenes wat hul wel is, en arresteer en gooi hul in tronkselle indien dit net wil lyk hul wil n klip optel. Die Wet op Gevaarlike Wapens moet streng toegepas word.

Johann ·

Studente? Feesmustfall? Dis niks anders as n kaping van n potensieël grondige debat oor studie kostes deur anargiste en terroriste. Kyk mooi..more brand en breek die swetters weer waar hulle kan en steel winkels leeg…maar met n President wat so waaragtag dit kwytraak dat dit als deel is van n gesonde demokrasie????????? Seker so gesond soos sy steel van waar en wat hy kan…want dis sy right..

Chrissie ·

Ek wil net weet. Daar is baie studente wat finaal klaarmaak. Hoe gaan hierdie sinnelose, wettelose hordes ons kinders se graduasie raak. Vier of vyf jaar harde studie en opoffering, duisende rande aan studie geld wat ook opoffering van die ouers geëis het toekoms wat alreeds beplan is nou net in die niet verdwyn? As ek ‘n oortreding begaan het moet ek verantwoordelikheid aanvaar. Nou kry die polisie die skuld dat hulle nie sagkens werk nie? As jy oortree vat jou slae soos ‘n man. # this crapmuststop.

Jean ·

Aggenee is die ontwrigting by die universiteite nou nie erg genoeg nie, kry hulle nou nie genoeg aandag nie? Het hulle nog nie genoeg vernietiging gesaai en skade aangerig nie? So moeg vir protesoptogte en betogers in hierdie land wat ANDER se regte van hulle ontneem.

willie ·

Genoeg is genoeg. “Studente” en die wat meegevoel het en op die agtergrond aanhits moet vasgevat word. Die gereg moet nou streng toegepas word.

John ·

Is dit verpligtend om eers dagga te rook voor jy aan so ‘n optog mag deelneem, want dit moet nogal vermoeiend wees om al die pad te toi-toi? Miskien moet opkikkertoetse verpligtend gemaak word voor en gedurende sulke kaperjolle. Hommeltuie met kameras kan die spul van bo dophou en die ultra-lummels kiek.

LB S ·

Hommeltuie? Nee jong, dit is mos Westerse Wetenskap, dit sal gladnie welkom wees nie!

Aster ·

Wonder wat hulle alles oppad Uniegebou gaan afbreek en plunder!

Aster ·

Wonder wat hulle alles oppad na die Uniegebou toe gaan afbreek en plunder!

Davie ·

Sluit alles want dis nie n studente ding nie daar is meer agter dit as wat ons dink.

Hansdons ·

Geen probleem. Hou gerus optog. Kom net die volgende vereistes na:
1). Slegs ingeskrewe studente mag deelneem;
2). Toon jou studente kaart by die beginpunt;
3). Word gestempel of kry gewrig bandjie (soos by ‘n klub) om te toon jy is ‘n regmatige optog deelnemer;
4). Handig jou studente kaart in. Jy sal dit terugkry by die eindpunt. (As jy nie intussen gearresteer is nie).

Intussen kan die owerhede jou info deurstuur na die universiteit waar jy in elk geval veronderstel is om te wees. Die kanse is uiters goed dat dit nie die intelektuele reuse is wat aan die optog deelneem nie, maar wel akademiese randeiers.

popeye ·

Hoe langer die ding aanhou hoe meer dikvellig raak ons. Sal graag wil weet asb. Maroela wat die reperkussies was na vandag se #FeesMustFall optog in die VSA vandag, laat ons weet as julle kan asb want nie julle of ander hoofstroom nuus berig daaroor nie. Die kwessie raak al half agtergrond nuus as jy my vra

Rapes ·

Hier is ‘n paar punte wat my pla. Voor ‘n optog gehou kan word moet daar vooraf toestemming verkry word. Hoe sê die SAP dan moontlik ? Volgens die artikel dan het die studente mos nie die nodige toestemming verkry nie. Dit wil my voorkom die gereg en die regering keur die betogings goed. Dit is maar baie swak van die sogenaamde hooggeplaasdes.

miem ·

Weereens skiet hulle hulself in die voet want die meeste motoriste in Pretoria stad is swart. Lekker dag vir julle more!!

" ook keelvol verby" ·

AFBREKER

GEDIG DEUR BERNARD FIELIES

Afbreker, jy bokspring en huppel soos ‘n held,
maar stadig verdrink jy in jou eie geweld…
Jy gaan tekere met knopkierie, knuppel en klip
en laat die land se trane aanhoudend drup…

Jy maak dit duidelik, “Hierdie is mý land!”,
maar breek dit dan af en steek dit aan die brand!
Tussen al die vlamme en borrellende rook,
word jou toekoms gesluit…met betogings bestook…

Jy toyi-toyi en baklei met bitter en bloed;
jou geplunder maak die paradys kapoet…
In ‘n bloeiende land is jou dade barbaars
en ‘n gesonde verstand is by jou skaars…

Jy verdruk ons vryheid; wil net hied en gebied,
soos ‘n parasiet soek jy alles verniet!
Met jou selfsugtigheid word ons son gestroop
en hyg ons in die duisternis sonder hoop…

Die gekneusde land se veld lyk leeg en dor;
uiter in dorsheid swaarkry en seer skor…
Die lug is so grys en groenigheid verkleur
en die mooi in more gewaar ons nie meer…

Afbreker, kermkous…niks sal jou bevry,
want met jou boosheid sal jy in boeie bly…
Verwoesting saai jy en jou skrillende koor
en op die einde bly daar tog niks meer oor…

GEDIG DEUR BERNARD FIELIES

Bernece ·

Bernard, hierdie gedig som alles op maar die betogers is mos nie Afrikaans magtig nie so kan jy dit vir hulle in Engels vertaal? Ons nuwe universiteite se taal!!!

Bernece ·

Bernard, hierdie gedig som alles op maar die betogers is mos nie Afrikaans magtig nie so kan jy dit vir hulle in Engels vertaal? Ons nuwe universiteite se taal!!!

C ·

Jip, stem saam Miem. En die 3 wittes wat wel in die stad is het ‘n dag se verlof ingesit om die stad te vermy en gaan nou lekker shopping doen en movies kyk. More is die optog verby en hierdie 3’tjies kan rustig gaan werk. Ongesteurd. Hehehehe!!!

kinderlike onskuld ·

My kleindogter van 9jr vra my gisteraand, oumie hoekom gaan die mense na die unigebou toe.
Ek se toe vir haar dat die student n brief wil gaan aflewer vir vry studie onkostes. Haar antwoord was…… maar hoekom moet 3000 mense die brief aflewer, hoe groot is die brief dan?

Hansdons ·

Daai brief is so groot, die hele land betaal aan sy ‘posgeld’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.