
Johannesburg (13 April 2020) (Foto: AP Photo/Jerome Delay)
Die C-19 People’s Coalition het Vrydag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om Saterdag die beoogde protesoptrede teen die regering se hantering van die Covid-19-pandemie te ondersteun.
Dié organisasie is ʼn bondgenootskap van verskeie maatskaplike bewegings, vakbonde en niewinsgewende organisasies wat almal daarop gerig is om te verseker dat Suid-Afrika se hantering van die pandemie doeltreffend, regverdig en gelykmatig is.
“Deur die protesoptrede, waartydens die hoogste vorm van sosiale afstand en gesondheidsmaatreëls gehandhaaf sal word, eis ons dat die regering die vryheid en veiligheid van alle Suid-Afrikaners verseker,” lui ʼn verklaring wat die organisasie Vrydag uitgereik het.
Luidens die verklaring sal die optog 10:00 Saterdag voor die Gautengse wetgewer “en ander plekke oor die hele land” plaasvind.
Die organisasie sê Suid-Afrikaners se vryheid word bedreig deur die regering se onvermoë om die toename in hongersnood en armoede aan te pak, wat veroorsaak word deur die voortslepende landwye afsonderingstydperk.
“Die regering misluk ook daarin om werkloosheidsversekering uit te betaal en Suid-Afrikaners genoegsaam teen die koronavirus te beskerm. Ons dring daarop aan dat die regering ons ontmoet, na ons idees luister en met ons saamwerk om hongersnood, geweld en die uitwerking van die virus teen te werk,” lui die verklaring.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Hoe bedoel mevrou nou die wekloosheids versekering is klaar uitbetaal , ag jammer in die verkeerde rekening. Seker weer oom Jan van Riebeeck en apartheid se skuld.
Optog. Ons moet maar maak soos hulle. Baie mense by begrafnis. Staan en rook jou onwettige rokie in die openbaar. Ry rond soos jy wil en kuier waar jy wil
Julle mors julle tyd.
As daar 5000 by die optog opdaag moet elke een ‘n Heiniken 0% of ‘n ander 0% bier in die sak he, en op ‘n sekere tyd moet almal die bier oopmaak en begin suip. As die beamptes almal nader hardloop kan hulle die botteltjie gewys word wat se 0% alkohol. “Nee meneer ek blus net my dors!”
Wat gaan nou weer verniel, gebrand en gestroop word