Optog teen rassisme in Scottburgh

Foto: African News Agency

Foto: African News Agency

Ongeveer 1 000 mense het Maandag in Scottburgh, KwaZulu-Natal, opgeruk om hul stemme dik te maak teen rassisme.

Verskeie uitlatings op sosiale media het verlede week ‘n rasseherrie in die land veroorsaak.

Verskeie provinsiale ANC-hooggeplaastes het dié optog, wat deur die ANC Jeugliga (ANCYL) gereël is, bygewoon, onder wie Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur.

Die meeste ondernemings in dié dorpie was gesluit, asook die eiendomsagentskap waar Penny Sparrow tot November 2015 gewerk het. Sparrow het ʼn storm op sosiale media ontketen toe sy oor swart mense op strande gekla het en na hulle as “ape” verwys het.

Lisa Bagshaw, een van die optoggangers, het gesê sy was geskok oor Sparrow se uitlating. “Ek kon nie anders as om aan die protesoptog deel te neem nie.”

Thanduxolo Sabela, provinsiale sekretaris van die ANCYL, het gesê hulle gaan Sparrow groet wanneer hulle verby haar huis loop. “Ons gaan haar vir piesangs vra, want ons is goeie ape wat nuttig vir die land is,” het Sabelo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

marietta ·

Hoop hulle se iets van hulle hoof induna wat op die sauk nuus vertel witmense het die grond gesteel

Loeis ·

Dalk kan hulle begin met die rassewetgewing wat hul party op die boekke gesit het?

Maar soos vele mense al hier geskryf het. Rassisme is net verkeerd as dit van een kant af kom…

Marius ·

Die swart mense het meer rasisme hulle se mak lik vir ons wit mense as n boer dit is bledeggind

Trots Afrikaans ·

Gelukkig is “Shoot the Farmer” nie rasisties of haatspraak nie.

Vra vir Zuma om omverskoning te vra dan sal ek my selfondersoek begin. Mens volg mos die leiers se voorbeeld of hoe ……

DPJ ·

Mense het die klok hoor lui maar weet nie waar die bel hang.
Sparrow vertel vir die mense hoeveel het jy vir jou bydrae gekry dat almal nou kan aangaan met hulle werk.

Michael ·

Pleks bid hulle vir reën of betoog teen die vreeslike hoë misdaadsyfer in die land

Louise ·

Goed, rassisme is élke liewe dag laaste week in nuus, tot ons ou president praat daarvan (wat terloops elke keer as hy praat, val die rand). Maar plaasmoorde, wat geensins te doen het met rassisme, is maar net reg?

Flintstone ·

Indien my optrede met diere vergelyk word,sal ek ernstige introspeksie doen en my optrede verander sodat dit sosiaal aanvaarbaar word.Ek sal nie andere soos ek gaan soek en die standaard probeer verlaag om my onaanvaarbare optrede te regverdig nie.

Johan 2 ·

Ek dink as sy nie onverskoning gevra het nie was sy beter af…skuld erken en word nou misbruik na wellus. Ons ken allmal daai vrustrasie na so saamtrek, rommel net waar jy kyk, moet net ASB nie uitlig dat dit nie sosiaal aanvaarbaar is nie want oënskynlik is dit vir mense soos arme Lisa hierbo.

Andrea van Vuren ·

Ek vra met trane in my oë waarheen mag ons gaan vir ‘n rustige vakansie? Durban? Nee!!!

Bernard Jacobs ·

Los vir Penny en begin rassisme én haatspraak uitroei by Zuma self.

Sarie ·

Snaaks die DA betoog saam, maar in die minister se toespraak word hulle uitgesonder as die oorsaak van rassisme. Ek sal nie dood saam met die ANCYL gesien wil word nie. Nie omdat hulle swart is nie, maar oor hulle verskuilde agenda wat so duidelik soos daglig is.

Peet Schabort ·

Dankie vir Scottburgh. Nou nog net die eerste verw. wat verander moet word.
Dalk is my kommentaar nou foutloos.

willie ·

Wat het Shakespeare nou weer gesê? “a rose called by any other name, smells just like a rose”

Peet Schabort ·

Tog moet mens die geskiedenis hê anders dwaal kommentaar ook en is die reukie bietjie anders . . .

CAB ·

Ag nee wat. Die regering is baie stil oor hoeveel ure se opruim tyd daar was in Durban. Hoeveel misdaad? Is dit maar nie net n kort en kragtige word vir morsig nie. Ek het dit al teenoor n blanke gese wat n blikkie uit sy venster gegooi het. Plaas fokus hulle op bewus maaking van besoedeling. Regtig DA! HOELYK DIE STRANDE OOR DESEMBER…

Flippie ·

Bestaan daar ooit ‘ n persoon met die naam Penny Sparrow.
Nog nooit iemand met so ‘ n naam hier ontmoet nie.

alida ·

Mens kan nie KZN se strande vergelyk met Hartenbos en Mosselbaai nie. In die Kaap word wet en orde nog gehandhaaf en die massas bemors nie die strate en bevuil die strande nie.

Flippie ·

Daar bestaan nie regtig iemand soos Penny Sparrow nie. Sy is die breinkind van Vusi Maimane.

Oom Okkert ·

Toe ek opgegroei het as Afrikaner het ons nie eers geweet daar is woorde soos: racist, human rights of apartheid nie.

Dit laat my nogal dink.

Oom Okkert

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.