Optog teen sigaretverbod uitgestel

sigarette

(Foto: Klimkin/Pixabay.com)

Die landswye optogte wat Dinsdag sou plaasvind uit protes teen die tabakverbod, is vir eers tot 2 Junie uitgestel. Dit sal na verwagting volgende week Dinsdag omstreeks 12:00 in elke provinsie van die land plaasvind.

Die optogte is om die Suid-Afrikaanse regering bewus te maak van die negatiewe gevolge wat die verbod op Suid-Afrikaners het.

Maroela Media het vroeër berig Duncan Napier, die organiseerders van dié optogte, het verlede Dinsdag met die idee van die protesoptog vorendag gekom nadat gerugte die ronde begin doen het dat sigarette tydens vlak 3 van afsondering steeds verbode sal wees.

Napier sê hy het intussen verskeie politieke partye gekontak om hulle steun vir die optogte te werf.

“Om genoeg steun te werf, neem tyd en daarom het ons besluit om eers die optogte uit te stel,” sê Napier.

Napier sê meer inligting oor die optogte in die verskillende provinsies kan op hul Facebook-blad, Protest March Against The Tabacco Ban, gekry word.

Napier het vroeër gesê die verbod op sigarette hou meer negatiewe gevolge in deurdat dit rokers se emosionele en finansiële welstand beïnvloed. Hy sê hy weet van talle mense wat swaar trek sonder sigarette ten tyde van afsondering.

Napier sê die land ly boonop groot finansiële verliese met dié verbod omdat miljoene rande se belastinggeld verlore gaan omdat tabak nie meer verkoop kan word nie.

Hy sê ook die regering dryf goeie burgers van die land om die wet te oortree deur onwettig sigarette te bekom.

“Die ergste van als is dat die regering geen logiese rede wil gee waarom sigarette nie verkoop mag word nie,” sê Napier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lorna ·

Stem saam dis n ketting reaksie OP anty zol elkeen kry sy cut hieruit en hul dink ons fools val daarvoor

Pieter ·

Grap van die jaar die staat se prok sal gaan verduidelik in die hof. Hoop dit is n prok wat mediese agter grond het. Sy is die beet en knoffel dokter sy moet vir ons die bewyse kom wys. Sy het gese rook versprei die virus kom wys dit. As hulle tien is wat kos uit een bord eet dan is dit reg. Dalk moet sy vir almal messe en vurke gee en op hou k…k praat. Sy en haar seun maak nou geld en die ANC is deel daar van

Boortor ·

Aag…daar sal geen optogte wees nie! Ons is te bang vir die kopdoek vrou. Mevrou die president. Sy het gepraat!

Jaco ·

as dit meestal wit mense is in die optogte, gaan dit NET lei tot beskuldigings soos: “Dis net ryk wit mense vol rassisme en apartheid en wit monopoliekapitaal wat oor nonsens betoog”.

Chris ·

Maak asseblief genoeg plakate vir die optogte:
Smokers Vote EFF (e-Strike For Fags)

Leeuwyfie ·

My vriendin het opgehou rook deur te begin vape. Sy het sopas weer begin rook aan die onwettige sigarette, want sy kon nie meer die produkte kry vir haar vape nie.
Dit laat my nogals wonder, is dit hoekom BATSA hul ommekeer gemaak het? Hoe baie rokers het hulle verloor nadat mense begin vape het? Verwelkom hulle so die rokers terug?

Piet parys ·

So mense wil n optog oor sigarette. As julle n optog oor misbruik en diefstal van belasting geld en daar nie werk of kos is nie sal ek se ja. Dit laat my dink jare gelede waar ek gewerk het het die werk gewer n spitbraai gehou in die fabriek maw geen gedrinkery nie . Toe toi toi wit mense saam met swartmense daaroor . Die uit einde was ek het my dik geeet aan die skaapvleis en n 6 pack coke ook nog boonop vir die pad werkswinkel toe gekry . MEnse moet hulle prioriteite reg kry . EN JA EK ROOK EN DRINK NIE WANT DIT IS NIE NOODSAAKLIK NIE

Nick ·

O ja nee dit gaan nie gebeur nie, die mense blaf maar hulle staan nie eers saam teen plaasmoorde nie, tipies afsikaner, net blaf en geen byt!!! Zuma is jul baas en klaar!

Eerlik ·

Dis jammer dat die ding uitgestel word, die meeste mense wat graag wou deel wees van die optog begin weer 1 Junie werk.

Sakkie ·

As die ophef van die verban op die verkoop van siggarette van daai Zuma afhang, sal sy dit nooit lig nie. Sy haat rook. Sy was ook die een wat die belaglike rookwet ingestel het. Resturante moes duisende rande spandeer om rokers n “wettige” plekkie te gee om te rook. Nou word ek gedwing om by die swartmark te koop en waar ek altyd R265 vir 10 pakkies betaal het, moet ek nou VIP gemors siggarette koop teen tussen R1600 en R2000 vir pak van 10. Elke week kry die verkopers net nuwe voorraad. Wil jy my vertel daar is nie ‘n network wat beslis “hoë” mense insluit nie. Dit is my besluit om te rook en ek sal. NIEMAND sal my voorsê of verbied om dit te doen nie.
Die regering verloor miljarde met belasting wat hulle sou kry, maar dit blyk asof dit hulle glad nie pla nie. Daar is genoeg geld in ander afdelings wat hulle kan plunder.
Ek skaam my vir hierdie regering. Elke tweede foto op FB is die gesig van een of ander ministers wat se naam en afdelig gat gemaak word. Maandag koop ek DRANK!

Douw ·

Dit gaan my verstand te bowe dat twee ministers n hele volk voorskryf soos kinders en almal gedwee luister?!!!! Ai, ons ou Afrikanervolkie is maar nog altyd n klomp lamsakke gewees!!!!

So van die os op die jas; Het enige van die twee al bewys van hul kwalifikasies gelewer; dat hul wel doktoers is? En die hele volk spreek hulle aan as Dokter?! Belaglik!!!

Raymond ·

Wat die regering nie besef nie mense loop en ry rond om sigarette te kry en in die verby gaan dra hulle kieme van een persoon na n ander aan…

Piet parys ·

Ja rokers wil rook maar het julle al iemand gesien met emfiseem agv rook . Julle die meeste rokers is ongeskik en blaas julle 2 de handse rook uit wat 80 % van die land se mense wat verkies om nie te rook nie moet inasem .

lekkerdink ·

Ek het so n paar dae gelede presies dit bepleit maar ek wonder of daar iets van gaan kom . Pasop vir die soldate en die onwettige byeenkomste .
Ek is bly dat stemme opgaan oor n moontlike ondersoek na Liewe Lulu . Ek was seker die eerste een wat die fotos van haar en Mazotti op die kommentaa blaaie gesit het . Sy het heeltamaal te veel mag en slefs CR is skrikkerig vir haar en haar magsbasis .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.