Optog teen verbod op sigarette beplan

sigarette

(Foto: pixabay)

Ontevrede Suid-Afrikaners gaan na verwagting Dinsdag in vyf stede oor die land saamdrom in protes teen die tabakverbod. Dié optogte is om die Suid-Afrikaanse regering bewus te maak van die negatiewe gevolge wat die verbod op Suid-Afrikaners het.

Duncan Napier, ʼn bekommerde landsburger van Kaapstad, het verlede Dinsdag met die idee van ’n protesoptog vorendag gekom, nadat gerugte die ronde begin doen het dat sigarette tydens vlak 3 van afsondering steeds verbode sal wees.

Maroela Media het vroeër berig pres. Cyril Ramaphosa het toe Sondagaand bevestig dat die verkoop van tabakprodukte tydens vlak 3, wat op 1 Junie intree, verbode gaan bly weens “gesondheidsgevare wat met rook gepaardgaan”.

Napier sê hy rook nie self nie, maar het gesien wat ʼn negatiewe uitwerking die verbod op sigarette op rokers se emosionele en finansiële welstand het. Hy weet van talle mense wat swaar trek sonder sigarette ten tyde van afsondering.

Volgens Napier is die mat onder rokers se voete uitgeruk toe Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, einde April met die instel van vlak 4 van afsondering die tabakverbod verleng het.

“Mense wil nie die wet oortree nie, maar die regering dryf hulle daartoe. Goeie burgers van die land word gedwing om met vreemdelinge te onderhandel om sigarette in die hande te kry. In sommige gevalle betaal mense tot R20 vir een sigaret. Rokers koop ook sigarette met onbekende handelsmerkname, en weet nie eens watter bestanddele die sigarette bevat nie,” sê Napier.

Hy het verlede Dinsdag die Facebookblad, Protest March Against The Tabacco Ban, gestig en in minder as ’n week amper 3 000 volgelinge op die blad gekry.

Die beplande optogte sal na verwagting môre (Dinsdag) 12:00 voor die Uniegebou in Pretoria, voor die parlement in Kaapstad, voor die stadsaal in New Castle, KwaZulu-Natal, by Mercedes-Benz se kantore in Witbank en by die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit se kantore in Vanderbijlpark plaasvind. Volgens Napier sal betogers in enkelrye, mense een meter van mekaar af, voor dié plekke saamdrom. Teen Maandag het 1 400 mense op Facebook aangedui dat hulle aan die optog in Pretoria gaan deelneem en 981 beplan om die optog in Kaapstad by te woon.

Napier sê betogers wat aan die protesoptogte deelneem, moet ’n kledingstuk dra wat ’n kleur van die Suid-Afrikaanse vlag verteenwoordig.

Napier sê hy en sy ondersteuners het die regering sedert verlede Donderdag kans gegee om sy besluit oor die tabakverbod te verander, voordat hulle tot aksie oorgaan.

Napier meen hoewel Zuma redeneer dat die virus makliker oorgedra kan word wanneer sigarette gedeel word en daarom heeltemal verbied moet word, deel rokers nou meer as ooit tevore sigarette. “Omdat sigarette tydens afsondering vir belaglike duur pryse verkoop word, deel rokers nou sigarette onder mekaar om koste te spaar,” sê hy.

Napier sê sigarette word in dwelmrehabilitasie-sentrums gebruik wanneer dwelmverslaafdes van ’n dwelmverslawing wil wegbreek. Hy sê verslaafdes sukkel nou meer as ooit tevore met onttrekkingsimptome omdat sigarette van hulle weerhou word om die simptome onder beheer te hou.

“Mense pleeg selfmoord uit angs, depressie en frustrasie. Hierdie verbod het veel eerder ’n negatiewe uitwerking op die burgers van die land,” meen Napier.

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) het ook verlede week gesê hy het begrip vir die woede van talle mense ná berigte dat die verbod op die verkoop van sigarette op vlak 3 van die afsonderingsregulasies voortgesit gaan word.

Maroela Media het vroeër berig Fita SA het op 4 Mei ʼn hofaansoek ingedien om die regering te dwing om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef. Hy het ook die hof gevra om die regering te dwing om hom van redes te voorsien waarom die verbod op die verkoop van sigarette tydens vlak 4 van die afsonderingstydperk voortduur. Die hofaansoek is egter laat vaar nadat Fita ʼn “ooreenkoms” met die regering bereik het rakende die ophef van die rookverbod.

Maroela Media het ’n navraag aan Fita gestuur om te bevestig of die saak teen die regering voortgaan noudat die tabakverbod verleng is en wag nog op ʼn antwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Michael 1 ·

Ek stem saam ,ek rook nie eers maar dit vat nie n begaafde persoon om te sien wat Dlamini Zuma se agenda rondom die sigaret kwessie is nie.

Plaaskind ·

Ek wonder of sy enige benul het hoe dit vir huisgesinne voel om met mekaar saam te leef waar rokers verplig is om op te hou rook en nie haar onwettige sigarette wil koop nie, as dit nie ‘n roker se eie vrye wil is om op te hou rook nie, is dit nie maklike omstandighede nie. Haar kop muf onder daardie doek.

Kobus2 ·

Ekself is ook nie ‘n roker nie, maar dit gaan hier oor die beginsel en die vermetelheid van net 3 of 4 narre wat die Grondwet gruwelik skend! G’n wonder Jakoppie het van haar geskei nie!!!!

Jan ·

En al die belasting wat hulle nie gekry het nie . Gaan ons as sa burgers moet inbetaal. Sy kan nie eens behoorlik enels praat nie . Waar sal sy nog wetenskaplike studies kan lees om haar besluit te staaf

Kobus2 ·

Ek vermoed iemand lees dit vír haar en lig haar dan dienooreenkomstig in.

Stofdonkie ·

Dit is baie snaaks om berig te lewer en te sê “nadat Fita ʼn “ooreenkoms” met die regering bereik het rakende die ophef van die rookverbod” maar niemand weet wat is die sogenaamde ooreenkoms nie. Ek dink hulle probeer net mense belieg deur te sê daar is ‘n ooreenkoms sodat hulle nie dadelik in opstand kom nie.

gatgogga ·

Maroela, vind vir ons uit wat die ooreenkoms was, asseblief.

Pieter ·

Ek sal daar wees die zumas dink hulle kan maak soos hulle wil. Dit is deur hulle zumas dat die land in so gemors is

Vrijburger ·

Ek is anti-rook. Maar ek is meer anti-drakoniese sinnelose reels en pro-vryheid van keuse. So die rokers het my steun!

Mediese vraag – gaan dit werklik enige positiewe gesondheidsvoordele mbt die virus infeksie inhou om ‘n persoon wat sy/haar hele lewe gerook het, vir 3 of 4 maande tydens die grendeltydperk te laat ophou rook? Rerig?

Dalk moet die ‘regering’ ‘n bietjie gaan oplees oor die Amerikaanse prohibisie suksesse. As voorbeeld – ek bly tans in Texas maar dit het my minder as ‘n half uur gevat om ‘n ‘onwettige’ sigaretverkoper op te spoor wat bereid is om sigarette by my bedleende pa af te lewer in ‘n klein Overbergse kusdorpie.

Alida ·

Fita gaan aan met julle saak. Julle kon net sowel n ooreenkoms met die duiwel aangegaan het. Hoe vertrou mens nog enigiemand in die ANC en veral nie die duiwel se ma nie.

Ellen ·

Ek wil ook weet wat gaan hier aan. Wat van die storie wat die rondte doen dat die minister self onwettige sigarette in ‘n pakhuis iewers het. Ek wonder net.

Elsie ·

Ja sy het en dit is hoekom sy n verbod op dit sit dat sy kan voordeel trek uit onwettige verkope. Drank word oop gemaak wat n groter nadeel het as wat sigarette het. Sy het nie mooi gedink nie.

Se maar net ·

Dlamini Zuma moet net gefire word, sy het geen idee waarvan sy praat nie net soos destyds met haar beet en knoffel storie. Ek dink sy is die een wat eintlik finansieel baat by hierdie wat sy sigarette verban. History repeating it self with the Zuma’s.

Cornrit ·

Wat kan n mens tog sê. Pres Ramaphosa sal na hierdie grendelperiode moet wys dat daar iets in hom steek, deur ontslae te raak van hierdie klomp idiote in sy kabinet. Ons weet almal dat daar stupid besluite geneem word deur hierdie clowns, en as gevolg van tweespalt in die ANC, moet hy almal gelukkig hou.

PH ·

Hoekom het die hofsaak nie aangegaan nie??
Wat het gebeur tydens die samesprekings?

Johannes V ·

Pasop vir arrestasies. Die regulasies bepaal nog steeds geen samekomste nie

Karin ·

Ja en dit is wat hul ons gaan mee kap. Al staan ons 2meter weg en dra al die jodige beskermings klere. Wens ek kan ook aan optog deel neem. Ons oumense kry swaar wat al baie jare rook. By Spar in ons dorp stap waardige gryskop dame en vra vir n rook dingtjie sy sal betaal. Maar drank is wettig van 1 junie. Hoe werk dit

Pieter ·

Regtig mense, ‘n optog om die twakkies se verbod opgehef te kry!!!??? Dit moet erg wees as jou wese, gemoed en denke deur ‘n bossie blare beheer word!! Daar is baie erger en saaklike dinge wat aandag nodig het en sigarette is nie een van dit nie!!

Johan ·

Ek glo nie jy het gedink voor jy die geskryf het nie . Ek self rook nie maar kry die mense bitter jammer want hulle kry swaar sonder die pyltjies en geen persoon kan so vinnig ophou rook nie en ander wil nie . Hierdie is soos die hoender storie van Stallin gaan lees dit en sien die storie agter die storie.

Pieter ·

Dit bly ‘n keuse, is dit nie, niemand het hulle gedwing om te begin rook nie!!! Ek besef die impak op die ekonomie maar ek het absoluut geen simpatie met rokers nie!!

AH ·

Pieter, ek is ook nie ‘n roker nie, maar ken wel mense wat rokers is. Jy staan blykbaar bankvas agter die onredelike Dlamini-Zuma en het ook geen simpatie met enigiemand wat ander idees as jy het nie (jou woorde) Wees bly dat jy nie ‘n roker is nie. Meeste mense wat rook het dit as ‘n grap beskou om te rook en toe verslaaf geraak. Nikotienverslawing is ‘n regte verslawing en ophou rook is nie so eenvoudig soos dit vir nie-rokers klink nie. Dit is baie duidelike dat jy jouself verhewe bo andere sien en ek hoop vir jou part jy kom eendag saggies aarde toe en val nie hard op jou gesig oor jou meerderwaardige houding nie………..

Anel ·

Medies bewyse is daar dat nikotien blykbaar die rokers se longe beskerm. Hoeveel van hulle is al dood aan die virus? Verder sê sy dat mense sigarette deel. Wat van koeldrank drink uit die selfde bittel, of pap eet uit dieselfde pot, met die hande! Wonder van watter planeet sy kom en of haar brein nie suf gerook is van al haar onwettige sigarette nie?

Johan ·

Die werkers by my (ses) eet almal uit een pot met die hand lekker ne Zumatjie

Jaco ·

kry ASSELIEF ”n meerderheid swart mense vir elke betoging. as dit net wit mense is, gaan daar niks van kom nie. Dit gaan maar net dieselfde kommentaar ontlok: “dis rassistiese wit mense wat nie wil breek met hulle white priveledge en wit monopoliekapitaal nie”.

Willem ·

Ja Mnr Ramaposa het dit afgekondig “in opdrag” van Min Dlamini Zuma, sy is die land se nuwe President en Mnr Ramaposa die spreukbuis.

Willem ·

Nerens sal hulle die feite deur gee insake die pakhuis van haar seun waar laas week 20 miljoen rand se drank en sigarette gekonfiskeer is nie.

Willem ·

Die hele ding insake die rook kwessie gaan nie so seer oor sigarette en pyp tabak nie, dit gaan oor die higieniese gedeelte as dit kom waar meer as een persoon aan n Hubbly pyp rook.

Wilna ·

Ek is nie n roker nie maar wragtie my man is n roker en ek voel die kwaad saam Mt hom en AL die ander rokers. Ek wens net dat diegene vd tabak industries voort Sal gn om die regering hof toe te vat. Dlamini-Zuma lag AL die pad na die bank Mt haar seun Wie direkteur is vn Amalgamated tobacco manufacturing… Sluikhandel… Adrianos Mazzotti se helpers. Almal moet saam stn sodat bg Kan val.

Mariska ·

Ek begryp heeltemal mense se frustrasie. Die verbod op sigarette is absurd. Tog, ek twyfel of enige optog, protesaksie of enige petisies enigsins sal help. Dit is soos om op ‘n wiegstoel te sit: daar is baie aksie, maar jy kom nêrens. Die regering steur hom aan niemand nie: nie eens kenners or dokters of ekonome nie, waarom sal die regering ag slaan op ‘n optog?

Christina ·

Dlamini Zuma het geen idee hoe dit voel vir n roker om nie te kan rook nie, ek is selfs n roker en dit is so moeilik, jy word so vinnig gefrustreerd en dit voel of jy alles om jou wil slaan en wil breek, jy raak vinnig kwaad oor klein goedjies, dit is baie moeilik, sy kan nie verwag mense wat al vir jare rook moet nou eweskielik ophou rook nie dit is nie regverdig teenoor ons rokers nie.

Cornè ·

Ek het gister self gesien en beleef wat die verbod nou veroorsaak.. Daar was 3 bedelaars voor SPAR in ons dorp.. Hulle het my gevra vir geldjie vir kos. Ek het vir elkeen 5 rand gegee, en in SPAR in gegaan.. Toe ek uit kom staan hulle n sigarette en deel AL 3, hulle het 12 rand vir die een sigarette om die hoek betaal.
Nou die drang na n sigarette was dus grooter as die honger.. En 3 het een sigarette gedeel.. WAT IS DIE DOEL VAN DIE VERBOD DUS???

Chris ·

Dra voorgestelde kleure en vertoon plakate : Smokers Vote for EFF – (E- strike For Fags)

Tienie ·

Maroela. Wat het van die berig geword dat op 11 Mei 2020 het iemand…..as ek reg onthou….20 miloen Rand se drank en sigarette gekonfiskeer het wat “blykbaar” aan die “madam” behoort het.

Dit wil vir my voorkom of daar baie lekker gewheel en deal was.

Ek kan nou nie die foto hier copy en paste nie.

Julle program laat dit nie toe nie…..

Pieter ·

Eers verwyder admin my reaksie op AH se antwoord, en toe ek vir admin vra hoekom hulle my reaksie sensuur opgele het, toe word dit ook verwyder!!? Trap ek op sensitiewe tone hier???? Net omdat ek nie ‘n simpatieke nie roker is of ‘n roker wat simpatie soek is nie! Wil graag weet Maroela!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.