Optog vir Israel in JHB gehou

Israel-optog in Linksfield, Johannesburg op 3 Augustus 2014 Foto: Valeska Abreu, EWN

Israel-optog in Linksfield, Johannesburg op 3 Augustus 2014 Foto: Valeska Abreu, EWN

Die Suid-Afrikaanse Sionistefederasie het Sondag ʼn optog in Linksfield, Johannesburg gehou ter ondersteuning van Israel.

“Israel het dieselfde reg tot bestaan as enige ander demokratiese staat,” het Kenneth Meshoe, president van die ACDP, gesê. Meshoe het gesê hy is bedroef oor die sterftes in Israel en Palestina weens die voortslepende konflik.

Arthur Lenk, Israelse ambassadeur in Suid-Afrika, het gesê die optog is ʼn bewys dat duisende Suid-Afrikaners vrede in die Midde-Ooste wil sien.

Die skare het Israelse vlae en plakkate met die woorde, “Bevry Palestina van Hamas”, rondgeswaai.

Die seremoniemeester het omstreeks 16:00 aangekondig die polisiediens het bevestig daar was meer as 10 000 ondersteuners. Die Sioniste-optog het omstreeks 16:00 verdaag.

ʼn Groep wat Palestina ondersteun het buite saamgedrom en glo ʼn Israelse vlag verbrand. Hulle het omstreeks 15:00 verdaag.

Klik hier om nog foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marley ·

Ek sou graag so ‘n massa-optog wou sien ten opsigte van moord op die Blankes in Suid-Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.