Optoggangers maak stem dik oor werk by myne

Argieffoto.

Honderde werkloses het Woensdag by die sportterrein in Brits, Noordwes, bymekaargekom om ʼn optog na verskeie mynmaatskappye in die gebied te hou.

Die betogers dring daarop aan dat meer mense deur dié maatskappye in diens geneem moet word.

Robert Ngwenya, die provinsiale voorsitter van die Village, Township and Small Dorpies-groep (VTSD) in Noordwes, maak namens dié groep stem dik oor die aanstelling van mynwerkers. Die groep glo dat myne meer plaaslike werkers eerder as buitelanders behoort aan te stel.

Ngwenya het verduidelik dat hulle nie net meer aanstellings deur die optog wil bereik nie, maar ook gelyke geleenthede vir almal in die mynbedryf wil bewerkstellig.

Volgens Ngwenya dring optoggangers aan op 30% van die mynmaatskappye se aanstellings. “Gee vir ons van die skagte wat ons graag in hierdie myne wil hê, want ons is moeg daarvoor om slegs klein dinge te ontvang en dan word daar vertel dat ons bemagtig word. Ons het nodig wat in die mynbouhandves staan. Dit behoort toegepas te word,” het hy gesê.

Volgens Ngwenya is die optoggangers nié ontvanklik vir onderhandeling in hierdie verband nie.

Die groep, wat van verskillende gebiede van die Madibeng-munisipaliteit gebring is, sal vyf mynmaatskappye, onder meer Lonmin in Marikana, besoek.

Dié optog het talle ontwrigtings in die gebied veroorsaak. Mense in Majakaneng, suid van Brits, kon weens die optog nie Woensdag werk toe gaan nie en skole in die gebied is gesluit. Koshuise in Hartbeespoortdam het ouers Dinsdag versoek om hul kinders weens die optog te gaan haal. Paaie in Maboloka, noord van Brits, is met brandende voorwerpe versper.

Die polisie is Woensdag ontplooi om die optog te monitor en twee waterkanonne staan gereed, indien nodig. ’n Polisiehelikopter monitor die optog vanuit die lug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

John ·

Ja, a, a… As die staat die myne nasionaliseer sal die nuwe Mandela-note gedruk moet word tot die drukkers vlamme spoeg. Oormaat metale laat prys val, die inkomste van die myne val en lone val en afleggings volg. Afroka dink as die staat sake beheer gaan die geldkrane stroom en alles gaan dood dollies wees… dood, ja. Die groot druk van unies gaan hul eie ondergang wees.

koos ·

Nie eers als klaar gelees nie, want ek het gewag wanneer dit gaan kom. Julle breek die myne af met julle stakings en lonmin ‘n goeie voorbeeld. Dan verloor baie van julle werk en die myne sal eerder ander mense vat wat wil werk nou soek julle die selfde geleenteid. Regtig? Regtig? Kan als afbrand en verwoes maar as jy jonger lei dan soek jy alles terug soos dit was.

HPV ·

Dit is waarom die myne julle nie in diens neem nie want hulle wil nie ‘n herhaling van die ontwrigting tydens die optog op hul persele hê nie. Hulle is moeg siek en sat vir “demands” stakings en ewige optogte. Ek persoonlik is moeg siek en sat om elke dag van julle eindlose “regte” te hoor, dit is waarom ek ook nie meer mense in diens neem nie.

mynwerker ·

nou ja tap bloed uit klip…ek werk tans op myn en die einste Mnr Robert het trokke wat vir ons ry…lekker duk in met geld hoekom hy strike sal ek nie weet nie…en hokeom hy demand weet ek nie stel mense aan uit jou eie gemeenskap …
die myne is op bangkrot skap en julle demand…dit gaan toegee dat meer as 1300 mense sonder werk gaan sit Mnr Robert…maar nee jy dink nie daar aan nie rook jy jou sigare en drink jou Tennessee Whiskey want lyk my dis wat julle soek…myne julle kan nie eens die werk tans doen nie …maar nee demand…

Snowball ·

Dis hierdie gees van “entitlement” waar mense glo hulle is geregtig op alles sonder noemenswaardige insette, wat veroorsaak dat SA se ekonomie stuk vir stuk uitmekaar val… dis mos Afrika, almal skuld hulle iets en “demand’ sal daar ‘demand’ word.

marous ·

Gat self gegrawe en daar in gefoeter . Hulle moet vir die mense met die blink spogmotors vra hoekom alles nou so suur is….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.