Optoggangers vaar vandag strate in teen rasse-uitsluiting

Solidariteit-lede en lede van die gemeenskap betoog teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

Ongeveer 2 000 mense word vandag verwag by ʼn reuseoptog teen Sasol en algehele rasse-uitsluiting wat na verwagting groot verkeersontwrigting in die Sandtonse sakesentrum sal veroorsaak.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê honderde mense het reeds aanduiding gegee dat hulle aan vandag se staptog sal deelneem. Hy verwag dat nog mense wat nié formeel geregistreer het nie hulle ook by die staptog sal aansluit. “Enigiemand kan kom saamstap, of hulle vooraf geregistreer het of nie,” sê hy.

Afgesien van Solidariteit-lede by Sasol, sal werknemers van instansies wat deel vorm van die Solidariteit Beweging, waaronder AfriForum, Solidariteit Helpende Hand, die FAK en die Skoleondersteuningsentrum (SOS), asook lede van die algemene publiek aan die staptog deelneem.

Die protesoptog spruit uit Solidariteit-werkers by Sasol se staking oor die maatskappy se omstrede Khanyisa-aandeelskema, maar het nou ʼn protes teen rasse-uitsluiting oor die algemeen geword. “Die Sasol-werkers simboliseer ʼn groter gevoel van uitsluiting wat onder Suid-Afrikaners in die algemeen, maar veral onder minderheidsgroepe soos ook bruin Suid-Afrikaners en Indiërs, posgevat het,” verduidelik Hermann.

Hermann sê ʼn gevoel van uitsluiting word ook beleef by universiteite, skole, in werkplekke en wat algemene politieke invloed betref. “Die Sasol-staking het dus nou iets baie groters as net betreffende die Sasol-werknemers of Solidariteit geword,” sê hy.

Solidariteit-lede het aan die begin van September met ʼn staking by Sasol begin. Die staking het reeds tot groot ontwrigting van Sasol se produksie gelei, maar steeds kon die vakbond en maatskappy nie tot ʼn vergelyk kom nie. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het later tot die dispuut toegetree, maar Sasol het geweier om enige toegewings te maak.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, betoog saam met lede van die vakbond en lede van die gemeenskap teen Sasol se Khanyisa-aandeleskema in Secunda in Mpumalanga (6 September 2018). Foto: Reint Dykema

“Dit is baie simbolies om die protes juis in Sandton te hou. Sandton is die tuiste van groot internasionale en nasionale kapitaal- en mediabelange. Dit is gepas om Sandton se strate af te sny omdat ons uitgesny word. Dit gaan die saak op die internasionale tafel plaas. Ons het ook besluit om ʼn memorandum by die Johannesburgse Effektebeurs te oorhandig om ʼn duidelike boodskap aan alle maatskappye in Suid-Afrika te stuur dat dié soort rassediskriminasie nie aanvaarbaar is nie,” het Hermann gesê.

Verskeie bus- en motorkonvooie sal om 08:00 van die Voortrekkermonument in Pretoria, asook van elders in die land na Sandton beweeg vir dié protesoptog. Kleiner konvooie wat van elders kom, kan teen 10:00 by die Rosebank Union-kerk in St. Andrewsweg in Hurlingham by die Pretoria-konvooi aansluit. Mense sal van daar af per bus na Mushroom Farm-park in Sandton vervoer word waar die optog om 11:00 gaan begin.

Verskeie strate in Sandton gaan gesluit wees wanneer die protesgangers memorandums aan die Johannesburgse Effektebeurs (JEB) en by Sasol se hoofkantoor gaan oorhandig.

Solidariteit sal ook vandag hofstukke aan Sasol beteken om die wettigheid van die Khanyisa-aandeelskema in die hof te toets.

Hou Maroela Media dop vir meer oor die optog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hannetjie ·

Ditsem! In die gees is ek saam met julle daar.Bly in die Verre Noorde…sterkte en baie geluk dat jul met durf en daad ongeregtigheid wil uitwis

Jerry ·

Die toepassing van dubbele standaarde in die SA samelewing teen hoofsaaklik minderheidsgroepe is n euwel en versoenende optrede deur vreedsaam teen diskriminasie, veral in die werkplek te betoog, behoort n versoenende impak te he om Suid Afrikaners bewus te maak van die begin van die witman se stryd vir oorlewing! Geniet die optog en hou tog maar die gemoedere kalm!

Al ·

Mag God se seen op jul rus. Alles is moontlik in sy naam.
Mense wat daar naby bly, ondersteun hul optog asb!

Pat ·

Ek hoop regtig daar daag meer as 20 mense op…so iets sal nie hier in die Kaap suksesvol wees nie, want naweke, drank en braai is groter prioriteite.

Ekke ·

Pat, dit is duidelik jy was nie in die Kaap toe ons optog gehou het met Swart Maandag nie, net nadat ‘n boer van Paarl vermoor is!! Honderde Kapenaars het dit ondersteun!

kraai Hartzenberg ·

Kom Ouens, ek is met hart en gees met julle. Wys hulle julle het ghuts

Ore wat nie wil hoor ·

As opbetaalde Solidariteit lid weet ek die optog sal ook op niks uitloop nie. Wil Solidariteits bestuur nie leer uit die verlede nie? ‘n Vreedsame optog het nog nooit in SA se geskiedenis iets breik nie. Dis soos om oorlog toe te gaan met blanks, n mors van tyd. Die tyd het aangebreuk dat Solidariteit in pas kom met stakings wat iets bereik.

henry ·

ditsem…goed om te doen op die internasionale vlak waar buitewereld kan sien wat doen sasol aan sy kleiner rassegroepe…wys vir ander rasse hoe om jou misnoee te gee Sonder om te brand of plunder of bakstene te gooi en om vreedsaam te betoog..alle sterkte

Afrikaner ·

@Henry—Ek stem saam met die stelling dat die buiteland moet sien. Deur vreedsaam te betoog in SA het nog nooit iets bereik en sal ook nooit iets bereik nie. Solidariteit kan maar gerus by die Swart unies gaan leer hoe om te betoog om jou doelwit te bereik.

Han ·

Genoeg is genoeg! Daar is nou lank genoeg onregverdigheid verdra! Dit kan nie langer so aangaan nie.

Plan ·

Hoe kry jy 45 milj om julle jammer te kry sal nooit gebeur.Hulle weet julle het huise en karre om te betaal wat verloor gaan word hoe langer julle staak.,dit is hoekom hulle julle so lank laat staak hulle weet julle het baie om te verloor.Sterkte

Ryan ·

Ek is ook in hart en gees met julle! Wys vir almal ons is moeg vir die #dubbelstandaarde in die land.

Anoniem ·

Mag ons Hemelse vader die optog (en die uitkomste) daarvan seën.

Karin Duffey ·

Pragtig Solidariteit staan op vir dir regte van die blankes. Ons buig te lank al die knie voor di ANC. Dis tyd dat ons vreedsaam wys ons is nog hier en ons is moeg om vertrap te word. Mag die Here julle seën.

Eish ·

Baie sterkte met die optog.
Mag dit bydrae tot geregtigheid.

Kapenaar ·

Pat, dit is duidelik dat jy nie hier in die Kaap was met die Swart Maandag optog wat gehou is net na die boer van Paarl vermoor is nie. Honderde Kapenaars het opgedaag en dit was binne ‘n paar dae gereel!

Meyra van der merwe ·

Dankie vir julle nag due Here ons lig wees in alles wat julle doen en moed en krag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.