Optogte nodig om plaasmoorde op agenda te hou

Foto: Reint Dykema

Die kwessie van plaasmoorde en die wreedheid waarmee dit gepaard gaan moet op die agenda gehou word en nasionaal en internasionaal in die kollig geplaas word.

AfriForum, Solidariteit, TLU SA, die DA, die VF Plus en Cope het vandag op ’n mediakonferensie verduidelik waarom dit noodsaaklik is dat standpunt teen plaasmoorde asook al die ander moorde in die land deurlopend ingeneem moet word.

Die burgerregte-organisasie, die vakbond, die landbou-unie en die politieke partye sal almal aan Saterdag se massa-optog van die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou deelneem waar ’n memorandum aan die regering oorhandig sal word.

Die partye is dit eens dat die regering gedwing moet word om sy grondwetlike plig na te kom om landsburgers en hul eiendom te beskerm. “Niemand in Suid-Afrika mag vermoor of gemartel word nie. As ons nie aanhou om teen plaasmoorde en -aanvalle op te staan nie, dan normaliseer ons dit en dit mag nooit gebeur nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, sê plaasmoorde is ’n nasionale krisis en dit moet ooreenkomstig hanteer word. Sedert die begin van die jaar is 80 boere vermoor. In die jongste voorval is Christo Redelinghuys gister op sy plaas buite Hoedspruit voor sy dogter doodgeskiet sonder dat enigiets gesteel is.

Dianne Kohler-Barnard. Foto: Reint Dykema

Dianne Kohler-Barnard, die DA se skaduminister van polisie, het gesê die moord op Redelinghuys lyk soos ’n koelbloedige sluipmoord.

Sy het op die weerloosheid van mense in landelike gebiede gewys en gesê hulle is baie meer kwesbaar omdat dit dikwels ure of selfs dae vir die polisie neem om by hulle uit te kom. Polisiekantore in dié gebiede is ook onderbeman en het nie voldoende hulpbronne nie.

“Dit frustreer ʼn mens geweldig om te hoor hoe ministers oorsee jolliepatrollie hou en geld mors wat vir hulpbronne aangewend kon word. Dit is ook skreiend dat die polisie helikopters van boere moet leen om aanvallers te probeer vastrek, terwyl die departement ’n begroting van R87 miljard het.” Kohler-Barnard het gesê nuwe navorsing moet gedoen word oor wat die redes agter plaasmoorde en aanvalle is.

Dr. Pieter Groenewald. Foto: Reint Dykema

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê sy party is sedert 1987 met bewusmaking oor plaasmoorde besig. Ook hy het verwys na navorsing en verslae oor die moorde wat verouderd is en meen nuwe inligting is nodig om die probleem behoorlik te kan pak.

Hy het gesê die krisis het ná die afskaffing van die kommando’s ontstaan met ’n vakuum wat gevorm het wat landelike veiligheid betref. Volgens Groenewald doen die regering nie wat hy moet om landsburgers te beskerm nie. “Ons sal dit self moet doen.”

Oor die optog het hy gesê: “Die mense van Suid-Afrika en wêreldwyd moet kennis neem van wat aangaan.”

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA, sê Suid-Afrika bloei op velerlei terreine. Nie net word 52 mense per dag vermoor die. Die ekonomie word ook vermoor met armoede wat toeneem en beleggers wat afgeskrik word.

Hy het verwys na die enorme impak van plaasmoorde en gesê vir elke boer wat vermoor word, is daar vir 2 000 mense nie kos nie. Voedselsekuriteit word bedreig en wanneer ’n plaas ná ’n moord uit produksie gaan, neem dit tot agt jaar voordat weer daarop geproduseer kan word.

“Ons moet die regering op ’n positiewe manier daarby hou om sy verpligting teenoor Suid-Afrikaners na te kom. Daarom neem ons aan die massa-optog deel.”

Moiuoa Lekota. Foto: Reint Dykema

Mosiuoa Lekota, leier van Cope, het gesê ʼn mens kan nie stilbly as boere en hul werkers vermoor word nie. “Dit dra nie die goedkeuring van gewone mense weg nie. Elke mens het die reg op lewe. Die regering doen nie wat hy moet nie.”

Hy het gesê Suid-Afrikaners moet verenig in die stryd teen misdaad en moorde. “Ons gaan Saterdag saam loop en vir die regering sê ons eis dat al die mense beskerm word.”

Hermann het gesê die optog is primêr ter wille van almal wat vermoor en aangeval is: wit of swart; boere of werkers; vroue en kinders. “Ons stap vir almal.”

Hy het gesê daar gaan nie Saterdag vinger gewys, vuiste gebal, uitgedaag of demonstratief vlae geswaai word nie. “Ons gaan treur, kniel, saamstaan, opkyk en van die regering eis om te doen wat hulle moet doen.”

In die memorandum wat aan die regering oorhandig sal word, eis die partye die volgende:

  1. ’n Waarborg dat statistieke oor plaasaanvalle en plaasmoorde elke jaar bekendgestel word, saam met die Suid-Afrikaanse misdaadstatistieke;
  2. Terugvoer oor die landelike veiligheidstrategie, om ’n besondere klem in te sluit oor die stappe wat gedoen kan word om plaasaanvalle te voorkom en te verseker dat oortreders voor die reg gebring word;
  3. ’n Uitvoering van die belofte dat ’n alternatief vir die kommandostelsel ingestel sal word, op ’n wyse wat boere bemagtig om meer doeltreffend na hul eie veiligheid om te sien, met die finansiële steun van die Suid-Afrikaanse regering;
  4. Die behoorlike bemagtiging van die SAPD deur die verwydering van korrupte lede en met doeltreffende opleiding en die verskaffing van geskikte toerusting;
  5. Die insluiting van plaasaanvalle as ’n kernprioriteit van die Valke;
  6. Die stigting van gespesialiseerde landelike veiligheidseenhede; en
  7. Streng maatreëls om politieke leiers wat plaasaanvalle – of enige vorm van geweld teenoor boere – romantiseer, voor die reg te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

hendrik ·

Was dit nie op Maandag se nuus genoem dat die optog afgestel is nie?

Anoniem ·

Die referendum kan maar oorhandig word, maar dit is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Dit is nou al ‘n geruime tyd duidelik dat die regerende party nie omgee vir boere nie. Hul gebruik die stelling “White Monopoly Capital” om hul eie politieke agenda te bevorder.

Hester ·

Hoekom wil agrforum nie deel hier in nie dit kan net goed wees

Johannes ·

Regtig? Julle dink optogte en petisies gaan plaasmoorde stop? Word verdomp wakker man! Bring ‘n gewapende beskermingsmag op die been om ons eie mense op plase en in stede en dorpe te beveilig!

Jacques venter ·

Hierdie optogte teen plaasmoorde is totaal onproduktief.

Die plaasmoordenaars lees dit as n oorlogs verklaring. Kort na die optog is 5 boere vermoor.

As mense net wil besef dat hulle optogte geen effek op die regering het nie, slegs plaasmoorde laat eskaleer, sal hulle hierdie domastrante praktyk staak

Dit verhoog slegs die plaasaanvalle

Lola ·

Diana Kohler-Barnard, dankie vir jou! Nie so seker van die DA nie………

kat ·

Ja ek wil ook weet waarom hulle nie deelneem nie.
Kan iemand van Agriforum vir ons laat weet? Wees openlik – moenie iets wegsteek nie.

Fanie Kemp ·

Ek kan ongelukkig nie self Saterdag deelneem aan die optog nie maar steun dit heelhartig.
Wanneer gaan ons leer om kleinlike verskille eenkant te sit wanneer dit kom by sulke sake van letterlike oorlewing?
Dankie Afriforum en Solidariteit vir die inisiatief met hierdie aksie en vir die TLU SA, VF Plus, DA en Cope dat julle uit die moed van julle oortuiging dit ondersteun en gaan deelneem.
As lid van Agri SA is ek baie onthuts en ontnugter dat hierdie Landbou organisasie dwars trek en uit kleinlikheid of Politieke korrektheid nie wil deelneem nie.
Sterkte vir Saterdag. Ek bid dat die aksie geslaag sal wees en vrugte sal oplewer.
Dankie vir die vreedsame, waardige wyse waarop dit ge-organiseer en hopelik uitgevoer gaan word.

Fanie Kemp ·

Kan diegene wat kommentaar lewer net asseblief hul feite reg kry:
Afri Forum is dan een van die organiseerders.
Dit is Agri SA ( een van die ge-organiseerde landbou organisasies ) wat aangekondig het hulle neem nie deel nie.

Joe Hall ·

Duidelik dat die teenstanders van hierdie optog asook van die Swart Maandag optog, enige truuk sal aanwend om optogte teen plaasmoorde in die wiele te ry.

Pietertjie ·

Baie snaaks dat Lekota daar skouers skuur nadat hy die kommando stelsel in 2003 as minister van verdediging ontbind het…

Suurtjie ·

EK stem saam met Afriforum, die ding MOET heeltyd onder die wereld se aandag gebring word, ons kan nie na een optog net stop nie. Apartheid is nie na een optog verslaan nie, maar die Boere begin klaar negatief raak na Swart Maandag. Agri SA en VLU se boere en ondersteuners en bestuur kan gaan vlieg. Ek sal ook nie weer vir julle intree nie. Solidariteit en Afriforum gaan uit hulle pad uit om julle saak te beveg en julle gaan kruip weg in julle huise omdat julle alles ‘inklusief’ wil doen. Wat is inklusief? Moet tog net nie se julle gee om vir ons stedelinge en dorpelinge wat afgemaai word nie. Dit gaan mos net oor boere. Na Agri SA se houding het my houding ook verander jeens hierdie saak. Ek wou graag Saterdag gaan loop maar het nou by bedenkinge .. as die BOERE nie self saam wil loop nie, hoekom moet ek my veiligheid opgee vir hulle? Hulle doen dit nie eers vir hulleself nie. Jammer maar die ding het my suur gemaak.

Eish ·

Ek kan my vereenselwig met jou kommentaar.
Groot waardering teenoor die Burgerregte organisasies. Ek het net nie meer krag vir die bakleiery met die demoonikrasie en onse mense onderling nie.

Eish ·

Ek dink dit is dalk n goeie skuif dat n paar politieke partye ook inval. Mens wonder tog stilweg oor die motiewe nadat die eerste optog in hul afwesigheid gedoen is. Persoonlik het ek maar my bedenkinge oor optogte. Die enigste tye wat daaraan aandag gegee word is indien dit met saakbeskadiging, plundering, brandstigting en versperring van paaie gepaard gaan met opruiende toesprake.

Ons politieke sisteem is disfunksioneel want diè aangeleentheid moet op parlementêre vlak deurtrap word. Maar, dié Afrika demoonikrasie laat dit nie toe nie. Dus, dalk maar die enigste weg.

Huisrooftogte en die gepaardgaande moord raak net so n ernstige kwessie. In totaliteit en sonder uitsondering, het al die wiele van die helhool afgeval.

Intussen tik die klok voort en ek kry nie meer gebid vir die regering nie, buiten dat sy val verhaas word.

Jacques venter ·

Suurtjie
Om die boere se probleem onder die wêreld se aandag te bring beteken blou niks.

Elke land het sy eie probleme en is min gepla oor ons.

Die kritiese vraag wat ons onsself moet afvra, is watter gevolge hierdie optogte het.

Lees asseblief my kommentaar elders op hierdie blog

Grassie ·

Vrystaat Landbou Unie se woordvoerder het gesê een van die redes waarom hulle nie wil deelneem nie is dat hulle bang is vir ‘n konfliksituasie wat mag ontstaan. Dit het gebeur net nadat Julius Malema ‘n paar dreigemente daaroor kwytgeraak het. Ek het ‘n paar jaar in die Vrystaat gewerk en het nie die boere leer ken as ‘n klomp bangbroeke nie. Ek wonder of die boere op grondvlak en hulle bestuur op dieselfde golflengte is oor hierdie saak.

Ockert Pieterse ·

As Agri SA, TLU en VLU nie kan saamstem oor watse metodes gevolg moet word nie, gaan ek beslis nie uit my pad gaan om hulle te ondersteun nie, hetsy met swart klere dra, aan optogte deelneem of enigiets anders. En as die boere en hulle unies van mekaar verskil, stel ek voor hulle sorteer dit eers uit voordat hulle enige verdere simpatie verwag.

Therese van Schalkwyk ·

Ockert,

Stem saam.
As hierdie nie so ‘n tragiese kwessie was nie, kon die uiteenlopende sienswyses selfs lagwekkend wees! Het so pas F.A. Venter se “Geknelde Land” en “Offerland” herlees, en wat nou afspeel tussen die verskillende Landbou-unies is die “Groot (Dwars)Trek” weer oor.
Voorwaar uiters teleurstellend.

Hoewel almal ten volle bewus is van die regering se weiering om voldoende beskerming te bied oor die algemeen, maar veral op plase, kan Suid-Afrikaners tog nie gedweë en skouerophalend besluit dat bewusmakingsveldtogte nutteloos is en die risiko vir aanvalle vergroot nie.

Wêreldwyd is dit by verre die mees geslaagde manier om ernstige sake op die agenda te kry en daar te hou. Mooi so AfriForum, VLU e.a. met ‘n ruggraat!

Therese ·

Regstelling:
Bennie van Zyl van TLU SA en nié Vrystaat Landbou nie.

LMF ·

Geneig om saam n paar kommetare te stem hul sien dit as n uitdaging ek dink ons mors tyd boere moet mense kry wat hul kan help oppas Groot honde wat geleer is om net by hul base kos te vat en lei hul op om dood te maak en hou hul agter hekke wanneer mense buite moet beweeg en laat hul uitkom wanneer nodig en try jou gun 24/7 by jou dra en sorg dat vroulief ook een het

HPV ·

Hoekom is ek nie verbaas oor VLU en ander unies nou kleinkoppie trek nie. Hulle wil seker weer vir Adv Bizos huur om hulle by te staan. Kan maar net lag!

Marita ·

So so teleurgestel in Vrystaat Landbou en AGRI SA. Toe is julle nou die dwarstrekkers. Nee a manne ons moet saamstaan. Dit gaan oor baie meer as plaasmoorde dit gaan oor ons almal se land!!!!!

Jacques venter ·

Ons moet ophou om vir onsself te lieg. Geen optog gaan die ANC so ver kry om meer beskerming vir boere te bied

Wat nodig is, is dat boere saamstaan. Dat die ryk boer sy arm buurman finansieel help om n veiligheids heining om sy huis oprig. Dat meer welvarende boere ander boere help om koeëlvaste baadjies te koop.

As n fonds gestig word om die veiligheid van boere te verbeter, sal ons dorpenaars bydra omdat ons ook familie op plase het.

FM ·

Sowat van papbroekigheid van die kant van vlu en agri sa het ek nog nooit gesien nie. Lyk my julle het die groot skrik gekry oor malema se uitsprake. n Doel in n rugbywedstryd kom van volgehoue druk op die opponente. Skaam julle!!! Julle begin bang raak nog voor die wedstryd begin het. Sterkte aan die optoggangers. Hou die druk vol en julle sal die resultate sien. Ek hoop agri sa en vlu hou introspeksie.

Rietie Werth ·

Gaan nie help as daar weer van ‘n edele saak ‘n bespotting gemaak word deur provokasie en teistering om geskiedenis simbole in te sleep en oorlog paadjies te voer soos ‘n sanger en sy gevolg. Dit skep meer gevaar vir ons op plase. Ons kan baie by Zim leer. Hulle het almal saamgestaan en doel bereik. Niks afgebrand en vernietig nie. Opsweepers moet uitgewerk word.

Tjok ·

Hi. Mense kannie sommer besluit om dinge te sê mag nie moord nie.. HUL VERGEET DIE BYBEL BESTAAN 10 GEBOOIE.. GOD SE BEVEL WEES GEHOORSAAM.. Mense is vandag vol ongehoorsaam. STERKTE VIR ONDERSTEUN.

Johannes Meintjes ·

Intussen, burgers en boere, is julle op julle eie. Stel eise in teen al die gemelde partye en instansies as jy of jou familiie terreur beleef, asb. Werk asb. solank aan effektiewe buurtwagte in elke GPF Sektor regdeur SA en raadpleeg met oud-tereurkundiges vanuit SAP en SAW geledere om die gaping tussen oneffektiewe reaktiewe polisie optrede en buurtwag reaksie en pro-aktiewe teen-terreur maatreels te verstewig. Operasie Yster Kordon! Red ‘n lewe! Vandag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.