Optrede geëis teen ‘rassistiese’ dosent by UJ

'n Skermskoot van 'n inskrywing wat glo op die dosent se Twitter-profiel gemaak is.

‘n Skermskoot van ‘n inskrywing wat glo op die dosent se Twitter-profiel gemaak is.

Die vakbond Solidariteit het in ’n skrywe aan die bestuur van die Universiteit van Johannesburg (UJ) aangedring dat daar dissiplinêr opgetree word teen een van die universiteit se dosente wat na bewering op sosiale media rassistiese aanmerkings teenoor wit mense gemaak het.

Die dosent, wat klasse in vervoer- en produksielynbestuur by die universiteit aanbied, het na bewering, na aanleiding van die debat oor die Universiteit van Kaapstad (UK) se verwydering van die Cecil John Rhodes-standbeeld, op Twitter wit mense gevloek en uitgevaar teen wit mense wat die beskadiging van die standbeeld gekritiseer het.

“Dit is kommerwekkend dat ’n persoon in haar posisie, wat boonop die jeug oplei om eendag in die werkplek te funksioneer, sulke rassistiese optrede openbaar. Iemand van haar statuur behoort van beter te weet as om rasseverdeeldheid en -konflik aan te blaas,” het Johan Botha, hoof van Solidariteit se Professionele Bedryf, gesê.

“Solidariteit sal die UJ se optrede hieroor fyn dophou aangesien die universiteit ’n streng beleid oor rassistiese optrede handhaaf,” volgens Botha.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Peet Schabort ·

NET wittes is mos rassisties. Sy sal net sê sy was besig met BEELDspraak.
My raad aan haar is : “skoenmaker, hou jou by jou lees”. Nou gaan sy sê ek sê sy is ‘n “skoenmaker” !!!
EISH !!!!

Peet Schabort ·

Hier naby Deneysville aan die Gau-se-teng kant is ‘n stuk aarde wat vir 3km+ grens aan die Vaaldam behorende aan UJ. Daar is jare gelede ordentlike vakansiegeboue opgerig deur die RAU (nou UJ) wat op een of ander tyd net so gelos is. Daar word, sover my kennis strek, absoluut NIKS daar gedoen. Ook is daar die Grooteiland in besit van UJ. Kan sy nie daar ‘n “BEE”-towerstokkie swaai en ‘n voorBEELD maak van hoe hierdie gebied produktief gebruik kan word? Selfs al sou die “Dear white people” nie welkom wees.

Rina Pretorius ·

Laat sy en die res maar hulle lae vlakke handhaaf, ons waardes is baie beter en daarvolgens sal ons optree, ek assosieer my nie met “low class” gemors nie. Hulle in hulle kraal en ons wittes in ons sin. Ons God sien alles wat gebeur, so kom ons hou ons oe op Hom gerig. Die dag as ons ons Skepper ontmoet sal niemand ooit weer enige iets kan breek nie.

Eliza-beth ·

Ek sê wat ek miljoen maal al gesê het – sosiale media is meestal ‘n sosiale euwel. Laat die persoon maar sy/haar “klas” wys met sulke opmerkings – ek gee ook nie om nie! Ons gaan ALMAL eendag “aantree” en dan is daar nie verskonings nie!

boer ·

Laat ons nou waag om so iets te se,dan stop die weermag sommer voor jou deur.
Hulle mag se wat hulle wil,maar ons moet ons bekke hou

carel ·

I wonder what this person will say if he think about what he wrote. It shows how big a racist he is?
How does he expect me as a white person to have understanding or respect for him if he does not respect me or my heritage?
Most of our statues have got nothing to do with white and black history and more about brave people at time of war between white people.
How could a person like this make it to university and comment on something he clearly know nothing about and clearly do not understand – he just show why whites become racists: because some people from other races will make statements and have views on things they know nothing about and this let me as a whit then see him in a different light.
You are a racist and you show it – show how stupid you are because it is not ok if whites is racist but it is ok if you are??? You must have a peanut brain?

RK ·

Dinge gaan net tot op ‘n punt gaan, dan gaan dit draai. Luella, jy beter maar solank jou tassie pak want jy gaan nog snot en trane tjank oor jou woorde ;)

Elize ·

Hierdie persoon moet tot verantwoording geroep word. Dit is baie duidelik dat dit ñ rassistiese uitlating is wat net olie op die vuur is in ñ land wat neig tot anargie.

faith ·

Hoop daar word daadwerklik opgetree. n dosent kan nie so praat as voorbeeld nie hoop regtig dit persoon word erg beboet of die werk moet ‘n gonner wees

Vic ·

Maroela, julle handhaaf dubbele standaarde deur n foto te plaas met n vloekwoord gebruik deur Me Jacobs, maar my kommentaar met dieselfde woord in te verwyder :)
Hoe dan nou so?

Jo ·

Vic, miskien het jy dit nie opgemerk nie, maar die vloekwoord is grootliks deurgehaal. Maroela Media wou berig lewer oor Me Jacobs se stelling en daarom moes hulle ‘n skermskoot van haar opmerking plaas.

Vic ·

Jo, my vloekwoord was ook grootliks deurgehaal, of liefs, slegs gedeeltelik getik. Steeds dubbele standaarde – as die woord onaanvaarbaar is, behoort dit onder geen omstandighede geplaas te word nie. Die idee was eintlik seker om Me Jacobs se rassisme te bespreek, nie haar taalgebruik nie?

jo ·

Dankie vir die inligting, Vic. Jammer, ek het nie geweet dat jou woord net gedeeltelik getik was nie. Jy het ‘n punt beet…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.