Optrede oor ‘motorfiets-ambulanse’ verwelkom

(Foto: Dr. Zweli Mkhize/Twitter)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het die afdanking van die Oos-Kaapse LUR vir gesondheid en beplande stappe teen die voormalige superintendent-generaal van die provinsiale gesondheidsdepartement verwelkom.

Sindiswa Gomba is vroeër die week deur Oscar Mabuyane, provinsiale premier, die trekpas gegee. Mabuyane het ook aangekondig dat dr. Thobile Mbengashe aan ’n tugverhoor onderwerp sal word.

Die SOE het in sy verslag oor die motorfiets-ambulanse bevind dat die verkrygingsproses onreëlmatig was. Daar is ernstige bevindinge teen Gomba en Mbengashe gemaak in die verband. Gomba word intussen ook strafregtelik vervolg vir haar beweerde betrokkenheid by bedrieglike transaksies wat vir oudpres. Nelson Mandela se begrafnis aangegaan is.

Die SOE het ’n siviele proses aan die gang gesit oor die kontrak vir die motorfiets-ambulanse wat onreëlmatig deur die departement toegeken is.

Volgens Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE, is die proses ingestel om die departement te verbied om uitvoering aan die kontrak te gee en enige betalings te maak.

“Die siviele proses om die kontrak te hersien en te kanselleer is deur die SOE in die spesiale tribunaal ingestel en die saak sal op 22 April aangehoor word.”

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, het in Julie verlede jaar in die parlement gesê die omstrede motorfiets-ambulanse voldoen nie aan die minimum regulasies vir mediese nooddienste nie.

Mkhize het die maand voor dit, toe 100 van die motorfietse reeds bekend gestel is, gesê dit gaan as veeldoelige vervoermiddels gebruik word om pasiënte in landelike gebiede te kan vervoer en medisyne af te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Die Wolf ·

Kan hulle asb vir my een skenk. Sal gebruik om inkopies te doen

Jakes ·

Nou het ek alles gehoor. Motorfiets ambulanse. Wat n sirkus.

koos10 ·

Jakes, ‘n sirkus is ‘n plek waar jy betaal vir ‘n kaartjie en 60 minute se pret kan geniet.
Hierdie is diefstal op sy beste, van my en jou geld, en ‘n president wat net met sy lippe belowe dat daar opgetree sal word. Ek is jammer, ek geniet die optrede glad nie.

Genis ·

Iemand het weer n groot “Government Salut” gekry… Backhand wat skrik vir niks….

Wielspore ·

Hierdie is ‘n lagwekkende aangeleentheid, ek wonder of die motorfietse kick start of electric start is. Kan my voorstel hoe die ambulans beampte daar doer in die veld sukkel om sy ambulans te kick start.

Baardman ·

Dis goed dat die korrupte amptenare uitgelig word. Ek wil amper positief word oor SA, MAAR die regstelsel stel teleur, want die kriminele word nie behoorlik gestraf nie.

Kokerboom ·

Die Minister van Gesondheid is uit voeling met sy meestal korrupte LUR’e. Die skelm skepsel is natuurlik geskors met vol salaris..so skade vir land bly dieselfde.

Francois Le Cochon ·

Motorfiets ambulanse word sedert die eerste wereld oorlog baie suksesvol gebruik, self vandag nog in verskeie lande, soos Amerika, Engeland, Japan en Brasilie deur paramedici. Die voordeel van motorfiets ambulanse is dat dit baie vinniger as ‘n motor in verkeer en oor ruwe terrein kan beweeg. Die probleem met hierdie motorfiets ambulanse by ons, is die korrupsie met die verkrygings proses en die nie voldoening aan spesifikasies van die ambulanse.

Casper ·

Minister Mkhize het in die laaste paragraaf die aankoop van die ambulansmotofietse tentatief verdedig.Ek dink die idee was goed bedoel maar die prys wat betaal is is verdag.Iemand her geld gemaak.

Stof ·

Die konsep is fantasties. In die mid-negentigs het Giani in Gazankulu se kliniek drie van hulle gehad. Die sitplek in die syspan kan of plat vir konvensionele pasiëntvervoer, op regop vir ‘n pasiënt wat kan sit. Baie mense is met hierdie voertuie bemagtig om betyds noodsaaklike mediese dienste te ontvang wat vele lewens gered het.
Die probleem in hierdie geval is nie die voertuie nie, maar die baadjies vir boeties in die aankoop. Dalkies kan een of twee van hierdie ambulanse ‘n politikus of twee gaan oplaai en gaan aflaai by sale drie of vyf by HF?

Arthur ·

Die maatskappy wat hierdie goed voorsien het moet ook ondersoek word.

Stof ·

Jy is reg. Hierdie motorfietse is goed, baie goed. Lees my inset net voor joune en jy sal hulle finksionaliteit regtig waardeer. Die maatskappy wat hulle ontwikkel, vervaardig en voorsien het, is werklik ook briljant. Kom ons ondersoek hulle vir ‘n moontlike nobelprys.

Die Wolf ·

Stof,
Glo nie dat daar n ondersoek sal wees nie. Chinese mafia.

Deon ·

Ek begin n weersin kry in hierdie dat die “verkoper” ook ondersoek moet word, as ek iets wil aanskaf en die prys is te hoog dan soek ek n ander “supplier” of ek betaal maar die prys….. Dit gaan oor supply en demand, as n brood in n supermark R100 kos dan is dit die koper se keuse of hy daai prys gaan betaal.

Dup ·

Toe die projek ñ paar maande gelede deur sommige opposisiepartye en lede van die publiek bevraagteken is,het die (plaaslike) regering die kritiek as onder andere rassisties verklaar en toe gesê dat die hele proses korrek voltooi is.Wat sê hulle nou?

Jurie ·

Sy word afgedank;maar bly aan in die wetgewer;wat ‘n grap ????????

Sarel ·

Afgedank….waar is die geld….wie gasn nou die Motorfietse kry.gasn die ou nou bevorder wird?

Tanniepetoors ·

Die idee van die motorfietse is uitstekend. Die proses, tender en betalings is egter hoogs verdag. Hoekom is alles van die ANC net in die beplanningstadium doenbaar en daarna ‘n gemors?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.