Optrede teen Baaise bendes dra vrug

Sigbare polisiëring is aan die orde van die dag in Port Elizbabeth se berugte noordelike gebiede. Foto: ANA

Die Oos-Kaapse polisie maak goeie vordering in hul stryd teen die berugte bendes van Port Elizabeth nadat die polisieminister ingegryp het.

Vandat die nasionale ingrypingseenheid op 3 Desember op bevel van min. Bheki Cele ontplooi is, het die polisie op dwelms ter waarde van R500 000 beslag gelê. Speurders van die provinsiale bendeondersoek-eenheid het 34 sake geopen wat uit 40 inhegtenisnemings bestaan.

Nog 79 mense is in hegtenis geneem toe beslag gelê is op 10 ongelisensieerde vuurwapens, sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder. Die dwelms wat gekonfiskeer is, sluit tik, kokaïen en mandrax in asook skedule 5-medikasie.

In die jongste sukses het die polisie ʼn optrede in ʼn misdadige deel van Helenvale gehou toe hulle Donderdag ʼn 33-jarige man in hegtenis geneem het vir die beweerde besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Hy is in sy wit Volkswagen Polo afgetrek terwyl die polisie voertuie voorgekeer het om te deursoek tussen Reginald- en Voisenstraat, oorkant die Gelvandale-polisiestasie. Beamptes het die vuurwapen in ʼn boks onder die bestuurder se sitplek gekry.

Kinana sê die polisie hou die afgelope tyd daagliks sigbare optredes in die uitgestrekte noordelike gebiede van die Baai wat uit Gelvandale, Helenvale, Booysenspark en Bethelsdorp bestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ES ·

Wel gedaan. Ongelukkig bestuur daardie bendes hul besighedi uit die tronk uit. Want die kos is verniet, jy het toegang tot selfone en al die ander tjommas sit saam met hulle daar. Dis amper ‘n eer vir hulle om tronk toe te gaan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.