OPVOLG: Hond oorleef panga-aanval

Spider. Foto: Via Johannesburg Specialist Veterinary-sentrum

Spider. Foto: Via Johannesburg Specialist Veterinary-sentrum

Die hond, wat Dinsdag tydens ʼn inbraak by ʼn huis in Johannesburg met ʼn skerp voorwerp, moontlik ʼn panga, in die bors gesteek is, se lewe kon gered word.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het Woensdag gesê die hond, Spider, moes Dinsdagmiddag ʼn operasie ondergaan wat twee ure geduur het.

“Volgens ʼn veearts wat hom behandel het, is Spider se steekwond toegedien met ʼn voorwerp so groot soos ʼn panga,” het Bodasing Harduth gesê.

“Die lem het die hond se long en lewer beskadig en sy diafragma binnegedring, maar die hart skrams gemis.” Spider het baie bloed in die aanval verloor en moes twee eenhede bloed ontvang om hom te stabiliseer.

“Vandag [Woensdag] is hy weer op die been en loop in die tuin rond waar hy behandel word. Hy het steeds twee dreineringspype in sy bors. Die veeartse is tevrede met sy vordering en sal hom oor die volgende paar dae fyn dophou.”

Maroela Media het vroeër berig paramedici het Spider Dinsdag in ʼn ambulans na ʼn veearts geneem, nadat hy vermoedelik deur ʼn inbreker by ʼn huis in Allen’s Nek in Roodepoort aangeval is.

Hy is aanvanklik in die Allan’s Nek-dierekliniek behandel, waarna hy na die Johannesburg Specialist Veterinary-sentrum in Randparkrif oorgeplaas is sodat hy deur die aand waargeneem kon word. Hy sterk by die sentrum aan en sy eienaars besoek hom gereeld.

Die Honeydew-polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Uvonka ·

Jipppee!!! Ag ek wil net die “Spinnekopie” vertroetel. So bly hy het oorleef en sterk goed aan.

Raymond Bastone ·

Baie mooi hoop spider word mooi gesond. Wat ń jammerte dat die diere al moet boed sterkte

Savethetigerplz ·

Sterkte Spider ek is bly jy is okei my honnekind ?❤

Jean ·

‘n Dier se vermoe om te herstel is darem ongelooflik, selfs na operasies is hulle vinnig weer op die been. Sterkte ou grote, hoop jy is gou gou gesond sodat jy weer kan rondhardloop en ‘treats’ eet .. jy het dit nie verdien nie, ek hoop jou lewe vorentoe is sonder enige trauma.

NEL ·

Spider jy lyk sommer goed . As jy nou mooi gesond is vra die veearst moet die tande so ‘n bietjie skerp maak as die booswig terug kom dat jy darem jou hou ook kan inkry. By my gaan die booswig nie so gelukkig wees om ambulans te ry nie, dit gaan veel erger wees dalk so iets soos ‘n lykswa of iets anders.

Ben ·

Soen hom op sy neus! Ek hoop hy het darem ‘n byt ingekry? Honde is beter as baie “mense”

Madelein ·

Spider jy’s ‘n ware held!!!! Mens raak so lief vir hierdie 4 poot kids!!!!!

Siestog ·

So bly vir Spider. Word gou gesond ou pragtig. Ek wens ek kan ‘n stukkie biltong by jou kry xxxx

C ·

Ek is so bly om te lees dat Spider sommer gou en goed herstel. Maar nerens lees jy van die inwoners nie. Was hul nie tuis nie en as hul was is hulle darem veilig? Daar is maar min inligting omtrent die huisbraak gegee.

haas ·

Goeiemore, wil net jou vraag antwoord op die inwoners van die huis. Hulle is ons bure! Genadiglik, was hulle nie by die huis nie, so hulle is almal veilig. 3 manne het die huis binne gegaan en ‘n tv gesteel. Spider het wel ‘n hap of twee van een van die rowers gekry en die ander een het hom toe met ‘n kombuis mes gesteek. Soos die artikel se, hy is besig om aan te sterk, en sal hopelik teen vroeg volgende week kan huistoe gaan. Daar is twee klein seuntjies wat hulle hond baie mis.

BETSIE ·

Spider ek hoop regtig jy het n goeie byt ingekry.
Sterkte voorentoe. Pas hom mooi op

Marina ·

Ek was so na aan trane toe ek dit gister gesien het, vandag ook. Ek is SOOOO bly hy het dit oorleef. Spider kort ‘n groot been met ‘n lekker stuk vleis aan. Aan die ….. ek sal eerder nie se wat ek julle op hierdie stadium toewens nie.

christine ·

Mooi ou honne. Se mooi dankie aan al die ridders wat gehelp het. As jy n byt ingekry het hoop ek die plek vrot en veroorsaak verskriklike pyn.

E.K. ·

Daar’s hy ounooi se honne – so bly jy is gehelp! Weereens dankie aan ER24 vir die menslikheid wat hul betoon het. Doe zo voort

Grant ·

Indaad dankie vir die paramedici se menslikheid. Riem onder die hart. Word gou gesond en die eienaars moet sommer die rekening vir die Regering stuur – wettelose, barbaarse land waarin ons moet bly.

Snuffels ·

Baie dankie aan almal wat vir Spider gehelp het. Dit is wonderlik om te hoor van ER24 se onbaatsugtige diens aan Spider.

Baie bly dat dit goed gaan met Spider.

Hennie ·

So bly die onskuldige dier het die aanval oorleef. En ek haal my hoed af vir almal wie bygedra het, vanaf die paramedici wat hom met die ambulans vervoer het tot die veearts en almal wie die hondjie waarneem. Mag hy 100% herstel!!

Eerlike vraag ·

Hoekom is mense wat kommentaar lewer se spelling gewoonlik so swak? Ek het al begin wonder of net een ou met beperkte skoolopleiding daar sit en onder verskillende name kommentaar lewer? Of vergeet mense maar hoe om te spel met die ouderdom? Moenie my aanval nie, ek wonder al lank hieroor.

ALMA ·

Auuwww, baie baie dankie vir almal wat gehelp het met hierdie woef kind. Julle is awesome.

Nita ·

Ai Eerlike Vraag vergeet nou maar van die ou spelfoutjies. Ons Maroela lesers geniet dit so baie om n plekkie te he om ons menings te lug. Moenie ons te hard oordeel nie. Wat ons se is baie belangriker as die paar ou spelfoutjies wat insluip.

Essie ·

Eerlik waar, die rede vir spelfoute is omdat hulle bestuur terwyl hul boodskappe tik, en soos jy sê hul vergeet om lettergrepe te gebruik om reg te spel!

Anne ·

Vergeet liewer van die spelfoute en wees eerder bly die arme hond het die aanval oorleef!

natasha ·

Jis dit breek my hart. Dat iemand so gevoeloos wees. Bly hyt dit deur gemaak+

Eerliike vraag ·

Ek is baie bly dat hy leef. Was hartseer gister toe ek die opskrif lees. Ek lees nie meer berigte van dieremishandeling of stropery of enige wreedheid teenoor diere nie, kan dit nie meer verwerk nie. Jammer oor die spelling-vraag, ek is soms verstrooid en dink dan hardop. Dit irriteer my net as mense se taalgebruik so slordig is, hoe lyk hulle huise? Seker lekker vuil en deurmekaar. Geen trots.

popeye ·

Sy naam is Spider, sy van is Panga, sy familie is Canine sy spesies is Yster!

Theresa B ·

Awesome goeie nuus!! Ek is SO baie bly. Baie Seën vir almal wat ‘n bydra gelewer het vir hierdie dierbare vier-voet. Great!! Gee sommer vir hom ‘n lekker vryfie en soen van my af! (Ja, ek soen my hond) LOL!!

Antoinette le Roux ·

Spider jou yster! Ek is sooooo dankbaar jy leef! My vermoede is dat jy jou baas se eiendom wou beskerm, en toe word jy met n panga aangeval. Dis net mense met n swak selfbeeld wat sulke wreedhede aanvang. Net soos mense wat ander mense aanval of doodmaak. Ou grote, ek wens ek kon jou net vashou en vertel hoe spesiaal jy is. Dit klink my jou baas versorg jou baie mooi as ek lees hoeveel daar vir jou gedoen word. Ek hoop ook, soos sekere mense hier gesê het, dat jy met ekstra-skerp tande uit jou versorgingsplek kom en dat jy dan (daardie) booswigte n sappige byt gaan gee

Victorious ·

Ek dink hulle moet ‘n belied instel dat jy ‘n lisensie moet he om ‘n panga te besit.
Van ons geliefde mense is met pangas vermoor. Verban dit of stel lisensie aksie in!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.