Opvolger vir Maimane: Só lyk die opsies

Mmusi Maimane (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

Die besluit van sowel Mmusi Maimane as Athol Trollip om op dieselfde dag onderskeidelik as leier en nasionale voorsitter van die DA te bedank, het die party in die volgende van sy huidige reeks onophoudelike krisisse gedompel.

Die DA se grondwet maak naamlik glad nie daarvoor voorsiening nie en die party vorder nou regsadvies in. Die verwagting is dat die regsadvies (wat teen môre ontvang sal word) sal lui dat die besluit geneem moet word deur die hoogste beskikbare gesag in die DA, wat afhangend van die interpretasie sal beteken óf die federale dagbestuur óf die federale raad van die party die waarnemende leier sal aanwys totdat die DA se federale kongres in April ‘n nuwe voltydse partyleier kan kies.

Sedert Sondag is Helen Zille die voorsitter van albei daardie liggame. Dit beteken in praktyk dat die instaan-leierskap Zille s’n is as sy dit wil hê. Daar is pogings om ‘n ander instaan-leier te kry en Maroela Media se inligting is dat die huidige magshebbers (die Zille-faksie) se voorkeur is dat dit die burgemeester van Midvaal, Bongani Baloyi moet wees, maar dat Baloyi reeds nee gesê het en dat daar nou hernieude pogings is om hom of iemand anders te oortuig.

In die praktyk sal enigeen wat die posisie aanvaar, egter in die lig van huidige werklikhede moet aanvaar dat hulle op Zille se genade daar is.

Wat die leiersverkiesing in April betref is die name wat reeds as kandidate genoem word dié van Zille, Baloyi en die party se hoofsweep, John Steenhuisen.

Baie water moet egter nog voor dan in die see loop, en volgens Maroela Media se inligting gaan verskeie ampsdraers uit protes teen Zille se verkiesing (en die persepsie dat die party al meer regsgesind raak) voor dan uit die party bedank. Hoewel mense se voorkeur kan verander, sluit die name wat aan Maroela Media bekend is, minstens drie prominente DA-parlementslede in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

80 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan Maritz

Ja Zille nou maak jy soos kortbroek van Schalkwyk vat n party op jou eie grond toe.

Anoniem

Sterkte H Zille!

Louise

Almal wat so uit die DA bedank gaan op een of ander manier poste in die regering kry. Hier ‘n ambassedeur en daar ‘n adjunk minister. Hou dop

Sdl

Hoop hulle gaan ten gronde!
Hulle is niks werd nie!

schaun

Hierdie is n goeie ding n baie goeie ding vir ons toekoms en behoud.