Opvolginentings dán beskikbaar

(Foto: Joel Saget/AFP)

Die departement van gesondheid het aangekondig dat die sogenaamde opvolginentingsdosisse (aanspoor-inspuiting oftewel booster) teen Covid-19 reeds Vrydag aan gewillige Suid-Afrikaners beskikbaar gestel sal word.

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het ʼn geruime tyd gelede ʼn bykomende, maar opsionele dosis van die Johnson & Johnson-entstof (J&J) goedgekeur, en meer onlangs dieselfde vir die Pfizer-entstof gedoen.

Die departement het in ʼn verklaring gesê dat diegene wat minstens twee maande vantevore met die J&J-entstof ingeënt is vanaf Vrydag vir ʼn aanvullende dosis kan gaan.

“Die aanbevole tyd om die tweede dosis te ontvang is sowat 2 maande nadat die primêre dosis ontvang is, maar verkieslik moet dit steeds binne ses maande gedoen word.”

Vanaf 28 Desember sal die nasionale inentingsprogram ook derde dosisse Pfizer-entstowwe aan enigiemand verskaf wat hul laaste dosis minstens 6 maande vantevore ontvang het.

“Hierdie bykomende dosisse is dieselfde as die vorige entstofdosis, dit word egter slegs aan diegene gegee wat reeds ten volle ingeënt is,” sê die departement.

“Ons hoop dat hierdie bykomende dosisse die liggaam se immuniteit teen Covid-19 sal versterk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.