OR Tambo-rooftog: Beskuldigde verdien glo R400k per maand

Argieffoto

Een van die mans, wat glo met die gewapende rooftog by OR Tambo Internasionale Lughawe verbind word, verdien R400 000 per maand, het die landdroshof in Kempton Park Dinsdag gehoor.

Prince Dube (35) en Thando Sonqishe (39) se borgtogaansoek word tans aangehoor. Hulle is deel van ʼn bende van sewe mans wat verdink word van een van Suid-Afrika se grootste rooftogte.

Dube het in sy beëdigde verklaring, wat in die hof deur sy prokureur Oscar Machevele voorgehou is, gesê hy glo die staat het nie enige objektiewe bewyse dat hy deel was van die rooftog nie. Hy het gesê hy is getroud en is ʼn pa van twee kinders en bly in Norkempark in Kempton Park, oos van Johannesburg.

Hy het gesê hy verdien R400 000 per maand as ʼn stalletjie-uitstaller en sal dus die R80 000 borgtog kan bekostig.

Staatsaanklaer Pieter Erasmus het vroeër aan die hof gesê die staat is gereed om met die borgtogaansoek voort te gaan en beskou die roof met verswarende omstandighede as ʼn skedule 6-oortreding.

Die bende was glo in ʼn gemerkte polisievoertuig en het R24 miljoen in buitelandse valuta gesteel van ʼn SAL-vliegtuig nadat dit op 7 Maart geland het.

Die verdediging van albei mans voer aan hulle stem nie met die staat saam dat Dube en Sonqishe van gewapende roof aangekla kan word nie, aangesien hulle nie met enige wapens betrap is nie.

Erasmus het gesê die staat sal in ʼn latere stadium bekend maak of hulle as die hoofbeskuldigdes, deelnemers of betrokkenes aangekla sal word. “Selfs as hulle later daarvan aangekla word dat hulle ná die misdaad betrokke was, sal die hoofoortreders wel daarvan beskuldig word dat hulle vuurwapens gebruik het,” het hy gesê.

Victory Nkwashe het daarna sy kliënt, Sonqishe, se beëdigde verklaring aan die hof voorgehou, waarin hy ontken dat hy betrokke was by die rooftog. Hy is ook getroud en het twee kinders en sy maatskappy verskaf konstruksievoertuie. Hy het aan die hof gesê hy verdien R30 000 per maand en kan R10 000 borgtog bekostig.

Hy het gesê hy is die eienaar van ʼn aantal voertuie, insluitend ʼn Toyota Hilux en ʼn 2014 Lamborghini Gallardo, ter waarde van R600 000. Hy bly in Blue Hills in Centurion in ʼn huis ter waarde van ongeveer R3 miljoen.

Hy het mediaberigte, dat hy die Lamborghini Gallardo met die gesteelde geld gekoop het, verwerp. Hy besit die motor al die afgelope drie jaar.

“Daar is geen ooggetuies wat sê ek was tydens die rooftog teenwoordig nie. Ek word vals beskuldig. Die staat het geen saak teen my nie, ek sal onskuldig verklaar word,” het hy in sy verklaring gesê.

Dude en Sonqishe se medebeskuldigdes sal na verwagting Woensdag hul aansoeke om borgtog indien.

Lees alle vorige berigte oor OR Tambo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Lollie ·

Hoe meer jy het hoe meer wil jy hê. Darem maar stinkryk vir wat hulle doen! In my leeftyd kon ek nie naastenby soveel geld maak nie. Hulle was voorheen die agtergeblewenes en in die paar jaar so baie geld. Ek ruik ń rot!

Diesel ·

Hoe kan jy ń R3 miljoen huis met Lamborghini besit op ń salaris van R30 000.

Anoniem ·

Ek dink hulle raak ‘n bietjie deurmekaar met al die nulle in die bedrae.

KP ·

n Stalletjie-uitstaller wat 400 000 rand per maand verdien??????????? Wonder hoeveel belasting het hy al in sy lewe betaal???

Basjan ·

BAIE goeie vraag. R400 000 per maand is darm bietjie baie.

Cherokee ·

…en ‘n R30 000’er wat ‘n R3m huis besit en ‘n Lamborghini onder sy motors tel? Dit klink nie asof hulle hul verdediging goed beplan het nie.

Pop ·

Ek wil nou maar ook n stilletjies aanskaf. Moet net my sypaadjie mooi kies.

CAB ·

En hy betaal sy hele salaris net so vir sy R3 miljoen huis of skies was dit nou met kontant gekoop? uit die vorige rooftogte?mmm Ja nee basiese wiskunde is maar n 20% plaag.

Jopie Adam ·

Regtig niks teen die mense in Norkempark nie (heel oulike woonbuurt), maar niemand wat R400k per maand kry sal daar bly nie. As hy soveel kry in ‘n maand dan sal ek wonder of dit deur eerlike werk is.

Droomwêreld ·

Wonderlik om in ‘n droomwêreld te leef en wakker te word voordat die onheilige uitgevoer is.

Wouter ·

‘n Galardo kos nie R600 000 nie nader aan R6mil. Ek wil ook een hê vir daardie prys asb.

Chaparel ·

Stalletjie uitstaller verdien 400 000 Rand per maand en die ander ou 30 000 Rand per maand met n konstruksie maatskapy, ek weet nie so mooi nie maar moet dit nie omgedraai word nie.

lw ·

Eish! Lyk my dis n baie winsgewende besigheid om n smous te word!

Peanut ·

Hoe bekostig jy n lamborgini in die ander vermiste se geval op R30000 PM en dan nog bekostig om in blue hills estate te bly daai is n duur estate. Maar moenie worry nie daar gaan nog beter gelieg word en dan loop die gemors vry

Joseph ·

Hoe kan ‘n 2014 Lamborghini R600 000 wees? Dan koop Ek more een!

Thinus ·

Tweede hands gaan jy nie die Lamborghini vir minder as R 2 500 000 kry nie, nie eers vir n kode 3 nie.

Staalburger ·

Kan die ontvanger dalk sommer gou die ouens se belasting ook ondersoek seker daar gaan n paar jaar sin uitstaande wees.

Christa ·

Ek stem!! Hy gaan dalk meer belasting skuld ad Mal-ema!! Hahaha!!!

Scalla ·

Sars het mos inligting op n skinkbord gekry, ondersoek hul verklaarde inkomste en bydraes tot die staatskas.

Ek wou sê ·

Ek wou sê ek vermoed iets vreemd van my man. Hy verdien dieselfde salaris as ons vriend hierbo. Die Hilux is in die garage, maar jinne waar steek hy sy mansion en Lambo weg? =D

Louw ·

Ek lag my dood vir die “regsadviseurs” wat hulle verklarings voorgehou het. Dit se nie veel van hulle regskennis en regsadvies as hulle met sulke tipe borgaansoeke vorendag kom nie. Tensy MM die twee aansoeke in hul berig omgedraai het?

Christa ·

Die regter moet ook ‘n stywe Borg vra, veral vir manne met so ‘n Royal inkomste anders is hulle een van die dae op Zuma of Gupta se privaat vliegtuig landuit!!

w ·

Lieg lieg lieg. Kan hom nooit glo nie. Sjoe ma dit gan lekker ini nuwe SA

snoefie ·

ek wil ook daardie soort r30 O00 hê. n R3miljoen huis sal n terugbetaking van siwat R30 000 pm hê. dan nog di Lamborghini, Hikux en versjeie ander karre. ek step hoor die hof gaan stem ondersiek in hie daardie R30 000 tit die mate gerek word. maak nie saak hie ek my calculator prime nie, R30 000 pm wil nie klop nie.

Marie Visser ·

Gaan ook ‘n stalletjie aanskaf, dan kan ek my oudag in weelde deurbring. Dink net, werk nie juis veel nie: pak soggens die goetertjies uit, sit heeldag op ‘n stoel en smous, laai weer so namiddag al my goetertjies in my 4×4 en gaan ontspan in my R3 miljoen huis. Môre weer dieselfde. Hoop ek sal die druk kan hanteer, klink na ‘n stresvolle joppie.

Juan ·

Ek het verseker nou alles in my lewe gehoor.! Niks kan my meer verbaas nie.lol

Johann ·

Verdien hy dit deur te roof en te steel, dwelms te doen? Ek dink hier skort nog ‘n ondersoek op die man

danie ·

Die ou verdien 400000 per maand met n stalletjie, ek soek ook so stalletjie. Die ou maak omtrent 1300 per uur wins, wat de drommel verkoop hy by die stalletjie.

Hannes ·

Hulle moet eerder OR Tambo toemaak want hy is ñ skande vir SA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.