OR Tambo-rooftog: ‘Beveiliging van vrag nie Acsa se verantwoordelikheid’

Argieffoto

Argieffoto

Maatskappye met waardevolle vrag by lughawens moet hul eie veiligheidsmaatreëls in plek hê buiten dit wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Lughawensmaatskappy van SA (Acsa) verskaf word, het die uitvoerende hoof Bongani Maseko gesê.

Hy het gesê alhoewel vragveiligheid ʼn gesamentlike verantwoordelikheid is, is vragoperateurs die enigste persone wat weet wat vervoer word en hulle moet bykomende maatreëls instel.

“Ons moedig vragmaatskappye aan, veral dié wat waardevolle vrag vervoer soos selfone, rekenaars, kontant ens., om hul eie veiligheidsprogramme te hê. Ons benadruk die feit dat dit nie alleen die verantwoordelikheid kan wees van die SAPD of Acsa om veiligheid te verskaf nie,” het Maseko Donderdag aan verslaggewers gesê.

Hy het gesê OR Tambo Internasionale Lughawe het ʼn veiligheidsforum wat lughawens, die polisie, Acsa en ander partye wat by die nasionale sleutelpunt betrokke is, insluit. Die forum vergader gereeld om moontlikheide veiligheidsdreigemente te evalueer en daarop te reageer.

Maroela Media het vroeër berig verskeie gewapende mans, waarvan sommige polisie-uniforms aangehad het, het Dinsdagaand op die lughawe toegeslaan en toegang bekom tot ʼn beperkte deel van die lughawe.

Hulle het vuurwapens te voorskyn gebring, die veiligheidspersoneel bymekaar gebring en hulle gedwing om op die vloer te lê, aldus Acsa. Die groep het daarna toegang bekom tot die agterkant van die lughawe waar hulle ʼn onbekende bedrag kontant uit ʼn verseelde houer verwyder het. Niemand is geskiet nie en geen beserings is aangemeld nie. Na bewering is R24 miljoen tydens die rooftog gesteel.

Twee voertuie, met blou ligte en SAPD-handelsmerke daarop wat in die rooftog gebruik is, is Woensdag verlate gevind in Pretoria. Khomotso Phahlane, nasionale polisiekommissaris, het vroeër gesê die twee polisievoertuie is vervals en dit behoort nie aan die SAPD nie.

Veiligheidsmaatreëls is opgeskerp by die lughawe.

Phahlane het gesê die rooftog was ʼn sekuriteitsbreuk wat goed beplan is. “Daar is geen bewyse dat enigiemand omgekoop is om die rowers deur te laat nie. Daar is geen rede waarom ons die bekwaamheid van ons beamptes by die lughawe in twyfel moet trek nie. Dit was ʼn sekuriteitsbreuk en die oortreders sal aangekeer word.”

Lees alle vorige berigte oor OR Tambo Internasionale Lughawe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Carel ·

Bereid om die massale salaris te vat elke maand, maar tog net nie enige verantwoordelikheid nie. Laat my nie vertel dat geen wag nie kon alarm maak nie!

Andre Jordaan ·

All die jare bepaal ACSA wie mag toegang verkry in watter beperkte areas. Hulle beheer die sekuriteits toegangs permitte en sekuriteits stelsels…. Ek lag maar…

pieterdp ·

Dit self skep n geweldige probleem. Toegang vir meer mense wat ly tot swaker sekerietyd.
Sy kometaar is net om hul eie bas te red.

AL ·

Ek stem saam. Terwyl niemand verantwoordelikheid wil aanvaar nie en die skuld op ander pak, dis die wat niks suksesvol tot stand kom nie.

Liendempers ·

Lees die voorlaaste sin. “Daar is geen rede waarom ons NIE die bekwaamheid van ons beamptes by die lughawe in twyfel moet trek nie” Mmmm? Laat mens dink

Sune van Heerden ·

Dagsê Liendempers

Dit was ‘n vertaalfout, ons vra om verskoning.
Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Jaybee ·

Dit is tog duidelik dat hulle hulp gehad het en ek sal verbaas wees as enige iemand aangekeer word.

Jos ·

“Hy het gesê alhoewel vragveiligheid ʼn gesamentlike verantwoordelikheid is, is vragoperateurs die enigste persone wat weet wat vervoer word en hulle moet bykomende maatreëls instel.”

Bogenoemde aanhaling is kommerwekkend. Dit beteken dan dat indien vragoperateurs die enigste persone is wat weet wat vervoer word hulle enigiets uit die land kan vat sonder dat die owerhede daarvan weet volgens die uitvoerende hoof Bongani Maseko.

John ·

Ons is nou ‘n land vol van ‘hooligans’. Die regering is te onbekwaam om die land te lei en geen morele waardes gedy nie. Vir elke misdryf is daar ‘n goeie rede wat glo teruggevoer kan word na apartheid. Ons verander in nog ‘n Suid-Amerika waar skoolkinders tussen skote, bende-rooftogte en verrotte lyke deur soggens skooltoe moet loop om te gaan leer maar om nooit te kan gaan werk nie, waar die polisie die laaste mense is om te kontak na ‘n misdaad en dokters net koeels uitsny en sakke heroien uit verstopte ingewandes grawe. Predikante hou aanmekaar begrafnisse en ons boere plant, vir ‘n ‘n aalmoes, vir sluwe ryk uitlandse landhere. En saans skarrel ons ander voor donker na ons skamele kaia’s anders vind ons dit nie in die aaneenlopende massa nie. Maak die nuus oop. Die regering se bloudruk na ondergang le daar duidelik uitgestippel en dit kwyl uit hul monde soos lekkende waterpype.

Arie ·

Daai skelms slaap rustig, word dalk nog beskerm ook, inside job – daar sit dalk nog ministers agter alles

SARIE VAN HEERDEN ·

Net soos ons gewone burgers versekering uitneem by versekeringsmaatskappye om ons huisinhoud, motor, ens te beskerm moet ook die besighede versekering uitneem om hul vrag te verseker. Dis tog ‘n berekende besluit! Neem versekering uit en aangesien dit ‘n inkomste sal genereer wanneer dit verkoop word is daar bv nie soos by die huiseienaar sentimentele waardes aan die versekerde goedere nie. Nee, ek stem saam, verseker jou cargo.

Lee ·

Dis so duidelik soos daglig – INSIDE JOB.
Hele operasie klink te maklik gewees, en dan kon hul nog so ver as Mamelodi opeindig??
Ek ruik ‘n groot stink rot !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.