OR Tambo-rooftog: Borgtog vir drie beskuldigdes

Argieffoto

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle betrokke was in ʼn gewapende rooftog by OR Tambo Internasionale Lughawe in Maart, is Maandag vrygelaat op borgtog in die landdroshof in Kempton Park.

Sibusiso Mnisi, Prince Dube en Thando Sonqishe staan tereg op aanklag van roof met verswarende omstandighede vir hul beweerde betrokkenheid by een van Suid-Afrika se grootste rooftogte ooit.

Landdros Amukelani Msineki het Mnisi op borgtog van R50 000 vrygelaat en hy moet vier keer per week by die polisiestasie in Kempton Park aanmeld. Hy mag nie Gauteng verlaat voor die saak afgehandel is nie, tensy die ondersoekbeampte vir hom toestemming gegee het. Mnisi se aanklagte is ʼn skedule 5-oortreding kragtens die Strafproseswet.

Mnisi (39) het tydens sy borgtogaansoek gesê hy doen instandhouding en verdien R7 000 per maand. Hy ontken enige betrokkenheid by die rooftog en voer aan sy skulderkenning is onder druk afgelê. Die ondersoekbeampte kol. Mabina Mahlangu voer aan Mnisi het die selfone verskaf wat die verdagtes gebruik het om met mekaar te kommunikeer.

Dube is vrygelaat op borgtog van R150 000 op voorwaarde dat hy Maandag tot Vrydag en twee keer oor ʼn naweek homself moet aanmeld en hy moet al sy reisdokumente oorhandig. Hy het tydens sy borgtogaansoek gesê hy verdien R400 000 per maand. Hy het later in die hof egter gesê dit is sy jaarlikse inkomste.

Mahlangu het bevind Dube het vier vorige skuldigbevindings, in teenstelling met sy borgtogaansoek waarin hy slegs na twee vorige skuldigbevindings verwys het. Sy prokureur voer aan sy kliënt kan nie al die skuldigbevindings onthou nie, aangesien dit lank gelede plaasgevind het. Mahlangu het gesê Dube is oorspronklik van Zimbabwe. Die landdros het gesê streng borgtogvoorwaardes sal verhoed dat hy sy hofsaak vryspring en die staat het nie enige bewyse ingedien dat Dube wel van Zimbabwe afkomstig is of dat hy onwettig in Suid-Afrika is nie.

Weens tegniese probleme kon die volle uitspraak van Sonqishe nie voorgehou word nie. Hy is vrygelaat op borgtog van R100 000 en moet sewe dae per week by die Midrand-polisiestasie aanmeld. Hy moet ook die ondersoekbeampte in kennis stel indien hy die provinsie wil verlaat.

Die saak hervat Dinsdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

pieterdp ·

Dis kleingeld teen wat hul geroof het. Niks stop hul om oornag weg teraak nie.

Asmain ·

Wonder hoeveel geld het hande verwissel om vir die knape borg te verseker! Wat is die kans dat hulle gaan opdaag vir verhoor…

CHRISTA ·

Ons regstelsel is die grootste GRAP!! Hoe kon die landdros selfs OORWEEG om hulle op borg uit te laat?

snoefie ·

gr8 stuff. roof R20.7 miljoen en jy kry Borg. al is jy n Zimbabwean met vorige veroordelings teen jou. wees egter dom genoeg en stuk n swart oortreder in n doodskis om hom van jou grond af te hou en daar is geen Borg vir jou nie. jy moet maar in die selle sit om en almal se vloermat word. hoekom bly blankes deur stompsinnigheid, die vervolgingsmanie van die anc voer.

SARIE VAN HEERDENs ·

Hier sit jy met verdagtes wat alreeds aangehark is vir soortgelyke oortredings en die staat is sowaar alweer besig om borgtog vir hul te wil gee. Waarvoor ? Hierdie keer die mense wat beroof word ook sommer dood te maak vir die encore? Ek verstaan dit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.