OR Tambo-rooftog: R1 miljoen onder wasmasjien gevind

hof-hamer

Argieffoto.

ʼn Sewende beskuldigde het Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn in verband met die O.R. Tambo-rooftog.

Die verdagte is Sondag in hegtenis geneem. Sy saak is tot Woensdag uitgestel sodat hy regshulp kan kry.

Kol. Mabina Mahlangu, die ondersoekbeampte, het tydens Dinsdag se hofverrigtinge bekend gemaak R20,7 miljoen is tydens die rooftog gesteel. Daar is ook bevestig dit is Standard Bank se geld wat gesteel is.

Van die geld wat tydens die rooftog gesteel is, is in die besit van Prince Dube en Thando Sonqishe se vriendinne gevind. Die hof het gehoor R13 000 is in Sonqishe (39) se vriendin se huis gevind, terwyl R1 miljoen onder ʼn wasmasjien by Dube (43) se vriendin se huis gevind is.

Die staatsaanklaer, Pieter Erasmus, het gesê beide mans was voorheen betrokke by verskeie misdade, insluitend gewapende roof en bedrog. Sonqishe het egter vroeër aan die hof gesê hy het geen vorige veroordelings nie.

Volgens Mahlangu is Dube ʼn Zimbabwiër en is hy onwettig in die land. Dube het gesê hy verdien R400 000 per maand as ʼn stalletjie-uitstaller.

ʼn Koeëlvaste baadjie is in Dube se besit gevind tydens sy inhegtenisneming. Hy het glo ook erken die voertuig wat tydens die rooftog gebruik is was soos ʼn polisievoertuig gemerk. Sonqishe het glo die blou ligte verskaf. Beide mans het glo, toe hulle in hegtenis geneem is, erken hulle was betrokke by die beplanning en uitvoering van die rooftog.

Al sewe verdagtes wat sover in verband met die voorval in hegtenis geneem is, sal Woensdag in die hof verskyn.

Lees alle vorige berigte oor OR Tambo op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Bekommerd ·

Verdien R400 000 en dan kry hy swaar en steel hy?
Ek stem saam dat al die onwettiges moet terug na hul land want baie is betrokke by misdaad. Zimbabwier en dan kom steel hy hier. Wys Mugabe regering moet plek maak vir ander regering dan sal onwettiges in hul land bly

Gerd Lourens ·

Sy het verkeerd verstaan toe die krimineel vir haar gesê het om die R1m te “was”.

Ed ·

Nogals toevallig Standard Bank se geld wat gesteel is. Ek verbeel my Standard Bank se naam is ook genoem in die Gupta vs Gordhan saak? Dis vir my ook altyd snaaks om te lees dat die kriminele by vorige sake betrokke was…wat soek die veilgoed nog op vrye voet en in ons land? Dis mos bloot terrorisme die.

snoefie ·

was dit nie buitelandsegeld wat gebuit was nie? waar het die rande dan vandaan gekom?

Jos ·

Hier is baie wat nie sin maak nie. soos Snoefie se is van die begin gepraat van buitelandse valuta. Vorige berig praat ook van hul verklarings dat hulle getroud is en kinders het en hiet word berig van “vriendin se huis”. Miskien is daar nog vriendinne wat elk R1milj wegsteek erens. Soos Zuma is een of twee nie genoeg nie en hulle het dalk geroof om al die vriendinne in stand te hou, hahahaha…..

snoefie ·

was dit nie buitelandse geld wat geroof was nie? waar kom die RANDE dan nou vandaan? wie het die geld gewissel?

w ·

Die R400000 wat die zimbabwiese vuilgoed verdien is dalk roofgekd wat elke mnd geroof word met rooftogte

Christa ·

Ek wil weet WAT hy in ‘n STALLETJIE uitstal wat hom R400000 PER MAAND verdien!!! Hy klink amper of hy ‘n groter leuenaar ad Zuma is!!!!

Martie ·

Goed om te weet hulle is vasgetrek. Mooi so, SAP. Laat die lang arm van die gereg hulle nou behoorlik bykom. Ons is almal totaal en al keelvol vir misdaad en misdadigers. Bou nog tronke!

Jane ·

Onwettig in die land en verdien R400 000 met ‘n stalletjie? Verkoop hy goudstawe want niks anders kan vir jou R400 000 in die sak bring wat jy uit ‘n stalletjie verkoop nie, hulle dink seker nie ons dink dit is die odd appel en peer en pakkie nicknaks nie ne? Betaal hy belasting op daardie R400 000 .. NEE want hy is ONWETTIG in die land. Maar ons president omarm en omhels mos onwettige immigrante, wat soek hy hier as hy ONWETTIG die land betree het en onwettig hier bly, wat nog te se van onwettig R400 000 verdien ‘n maand met ‘n ‘stalletjie’. AS julle vir ons meer kan vertel omtrent daardie stalletjie, ek wil graag ook R400 000 ‘n maand verdien daarmee, ek bedank sommer vandag nog.

John ·

Het hulle dagga of tik ook gevind, want die stories klink wild en vroue wat wasmasjiene kan oplig nog wilder…

ja neh ·

Haha Ag kan ek nie maar n miljoen onder my wasmasjien vind bie….

riana ·

Ja nee sal dit nie lekker wees nie ek sal ook nie omgee nie.

Assies ·

Wat se julle? Moet die landroste en prokureurs wat hierdie kriminele laat loskom nie verantwoordelik gehou word nie? Die staatsaanklaer beweer dat hierdie mans voorheen betrokke was by misdade. So wie laat hulle vry? As ek my pennie kan ingooi – dis hierdie land se patetiese vervolgingsgesag en staatsprokureurs wat gratis aan kriminele verskaf word se skuld dat misdaad toeneem – NIKS EN NIEMAND anders nie – want dis eenvoudig – as daar werklike gevolge is vir verkeerde dade sal dit afneem – maar nee – hulle word op die skouer getik en gese: Ag my liewe krimineel – moet tog nie weer gevang word nie – want jy gee ons ure se admin !!!

Ek stem Assies ·

Ek stem saam, die hele regstelsel moet ondersoek en tot orde geroep word, van die staatsaanklaers, prokureurs tot regters wat of sake terugtrek teen hierdie mense, of hulle loslieg, of hulle op borgtog van R50 uitlaat. VERSEKER moet daar ‘n dringende ondersoek na ons REGSBANK gedoen word, hulle is nie meer so onpartydig en edel soos wat mens van ‘n regstelsel in ‘n land verwag nie. TYD vir ‘n goeie ONDERSOEK na al hierdie legal eagles.

Jan Taks staan nader ·

Jan Taks, staan nader, hier is ‘n goeie maklike ondersoek vir julle. Kyk bietjie die 7 se inkomste, uit hoeveel hul jul besteel. Die gewone SA burger word mos mooi gekyk, so maak dieselfde met uitlanders. As hy onwettig is, is hy ook nie vir Tax geregistreer nie. As hy soveel geld uit stalletjies maak, moet jul maar alle stalletjie eienaars ook nader vir belasting bydrae!!!!! Hier kom ‘n ding!

Oplig ·

En daar hardloop toe n klomp huisvroue en loer onder die wasmasjien in. Want manlief steek dalk iets weg.

HUH? ·

Is daar nie nog poste as stalletjie-uitstaller nie…ek wil asb aansoek doen?

Scalla ·

Hoe ironies, vanoggend toe ek opstaan en gaan kyk is my wasmasjien uit die waskamer gesteel, ek is te bang om dit te rapporteer.

Fliekvlooi ·

Duidelik kyk hylle teveel Bruce Willis en Jason Statum flieks…..

judith ·

LOL …. miskien moet ek ‘n “Geldwassery” begin ek het ‘n wasmasjien? ek mag dalk ook R400 000.00 verdien per maand met my wassery? LOL

JK ·

Kan enige iemand my asb. help ‘n stalletjie waar ek R400 000 per maand maak erns in die land op te rig, ek is wettig in die land – ‘ Suid-Afrikaanse burger.

Andre ·

Die ANC besef lank reeds dat die buiteland sal optree teen die ANC tydens ‘n geweldadige “herverdeling van bates” in SA.

Daarom ‘speel’ die ANC ‘onbevoeg’ om wet en orde te handhaaf sodat die bates vanself ‘oorgaan’ vanaf die ‘rykes’ na die ‘voorheen benadeeldes’.

Dis baie veiliger vir die ANC om as ‘onbevoeg’ bestempel te word vir hulle ‘onvermoë’ om misdaad te stop as om as ‘agressors’ GESTRAF te word vir gewelddadige herverdeling van bates, deur buitelandse moondhede (internasionale strafhof).

Dit is ook baie veiliger om onder die dekmantel van ‘onbevoegdheid’ die rykes te “laat beroof” as om hulle bates op ‘n aggressiewe manier te konfiskeer en te herverdeel.

Die oorgeruste “rykes” dink nie dis nodig om weerstand te bied teen die sg (georkestreerde) ‘misdaad’ nie. Hulle is onder die wanindruk dat die SA misdaadgolf die gevolg is van ‘onbevoegde Swartes’ in die polisie en regstelsel .

Skrik wakker !!! Dis nie ‘misdaad’ nie … dis OORLOG wat met militêre presisie uitgevoer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.