Orania ‘diep geraak’ deur Poppie se moord

Poppie van der Merwe.

Die Orania-gemeenskap het Woensdag ná die skuldigbevinding van Kobus (44) en Louisa (46) Koekemoer, die stiefpa en ma van die driejarige Poppie van der Merwe, gereageer op aantygings dat die instelling oënskynlik “apaties” was in die hantering van haar en ʼn sesjarige seun se mishandeling.

Maroela Media het vroeër berig regter Bert Bam het Woensdag in die hooggeregshof in Pretoria vir Kobus en Louisa skuldig bevind op ʼn aanklag van moord en twee aanklagte van kindermishandeling oor ʼn tydperk van September 2015 tot Oktober 2016 in onderskeidelik Orania in die Noord-Kaap en Brits in Noordwes.

Kobus het Louisa in Orania ontmoet en is in November 2015 daar getroud. Poppie en die seun, wat toe vyf jaar oud was, se mishandeling het kort daarna begin. Die Orania Maatskaplike Raad (OMR) het begin intree toe die mishandelingaantygings aangemeld is.

Die Koekemoer-egpaar het aan die einde van September 2016 oornag uit Orania na ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal naby Brits in Noordwes verhuis. Poppie is op 25 Oktober weens ʼn harde hou teen haar kop, wat erge bloeding en drukking op die brein veroorsaak het, dood. Voor haar dood het sy oor ʼn tydperk veelvuldige beserings opgedoen. Die beserings is veroorsaak deur verskeie stomp voorwerpe soos ʼn hand, ʼn vuis of ʼn skoen en ʼn groot paplepel.

“Dinge het [vir die Koekemoer-egpaar] in Orania te moeilik geraak en dit is hoekom hulle skielik daar weg is. Hulle is heeltyd daar dopgehou en kon nie doen wat hulle wou nie. Hulle het die laaste maand [voor Poppie se dood] probeer inhaal op dit wat hulle nie kon doen toe hulle dopgehou was nie,” het adv. Salomé Scheepers, staatsaanklaer, in die staat se slotbetoë aangevoer.

Kobus en Louisa Koekemoer. Foto: Phillip Bruwer

Bam het tydens sy uitspraak sy misnoeë uitgespreek oor hoe die Orania-gemeenskap die situasie hanteer het. “Dit was duidelik dat die kinders mishandel word. Die gemeenskap het weens onbekende redes gefaal om die nodige stappe te doen om die kinders te beskerm. Ek is verbaas dat dokters, onderwysers, ʼn dominee en ʼn berader net die blaam verplaas het. Hierdie mense kon net sowel medepligtiges gewees het,” het hy gesê. Hy het vroeër in die hof genoem dis asof die Orania-owerhede apaties was in die hantering van die mishandeling.

“Ons is besorg oor Sy Edele regter Bam se sydelingse opmerkings dat Orania meer kon gedoen het om Poppie te beskerm. Talle individue en instellings was aktief by die maatskaplike probleme van die gesin betrokke en ons is op ʼn diep persoonlike vlak deur haar moord geraak,” het Jaco Kleynhans, Orania se woordvoerder, Donderdag aan Maroela Media gesê.

“Dit is vir ons een van die grootste persoonlike tragedies dat hierdie pragtige kind so brutaal vermoor is. Hoewel Poppie naby Brits vermoor is, het die gesin tot ʼn maand voor die moord in Orania gewoon. Omvattende berading en moniteringsprosesse het oor ʼn tydperk van maande in Orania plaasgevind en daar is na buite-instansies vir bystand uitgereik.”

Kleynhans het gesê dringende versoeke is destyds aan die plaaslike departement van maatskaplike ontwikkeling gerig om Poppie van haar ouers te verwyder, “ongelukkig sonder die nodige voorkomende uitwerking”. Hy het gesê die OMR is aangesê om dié kanaal te volg in plaas van om dit by die polisie aan te meld.

Kleynhans het gesê die OMR het reeds met die landdros van Hopetown geskakel om alternatiewe en doeltreffende prosesse en kanale in te stel om soortgelyke gevalle in die toekoms te hanteer en voorkom.

Kleynhans het beklemtoon daar is ʼn groot tekort aan maatskaplike werkers en die tekort het bygedra tot die verloop van sake. Hy het gesê Orania sukkel al twee jaar om ʼn gekwalifiseerde maatskaplike werker aan te stel nadat die vorige maatskaplike werker bedank het.

“Kinders is vir Orania baie kosbaar en ons instellings doen alles in hulle vermoë om ʼn veilige omgewing vir hulle te skep,” het hy bygevoeg.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

AGNEEREGTIG ·

REGTIG regter BAM, is dit omdat hulle politiek nie met joune strook nie dat dit nou kamstig ORANIA se skuld is? Daar word daagliks kinders in Townships SOWEL AS in baie gegoede buurte in alle stede in SA mishandel en doodgemaak .. jy behoort te weet .. so om Orania uit te sonder is belaglik, skerp eerder julle MAATSKAPLIKE DIENSTE sisteem op, of wil jy vir NIEMAND se dat daar nie genoegsame maatskaplike werkers is vir die groot hoeveelhede kinders in die land nie? SPREEK die oorsaak aan, nie die simptoom nie! Die man en vrou moet tronktoe … maar los nou maar vir ORANIA uit .. vra eerder wat het JULLE gedoen om dit te verhoed, die kind is dood ‘n MAAND nadat hulle uit Orania getrek het .. kan nie glo ‘n regter kan so eenogig wees nie.

Reti ·

Ek het niks met Orania te doen nie maar voel ook hoekom ‘Orania’ beskuldig? Ek weet nie wat als in mý dorp aangaan nie en sal bitter kapsie maak as so beskuldiging teen my DORP gemaak word.

Cherokee ·

Ó… is dit omdat Orania se politiek met joune strook dat Orania nou kamstig onskuldig is? Natuurlik is Orania skuldig want diegene wat daarvan geweet het, het bloot ander kanale gevra om dit op te volg en dan tevrede gewees dat plig nagekom is, terwyl dit nooit werklik opgevolg is deur die regte kanale nie. Regter Bam is heeltemal reg met wat hy sê en as jy dit verkeerd wil bewys, moet nie verwys na onbewysde stellings soos politiek nie. Regter Bam het redes gehad om te sê wat hy gesê het terwyl jy ‘n skoot in die donker skiet.

Henry McDonald ·

Orania word nie deur die Regter oor politiek uitgesonder nie. Die individue wat bewus was van die wreedaardige aanvalle op die kinders word uitgesonder, NIE ORANIA as sulks nie. Die regter het bevind ‘n aanklag van kindermishandeling moes by die SA Polisie gelê gewees het: dit is nie gedoen nie. Berading vir brutale mishandeling van ‘n onskuldige 3 jarige?

snoefie ·

ou truuk van die welsyn. cmr ingesluit. klaers word altyd elders gestuur want dis nie hulle wyk, gemeente, jurisdiksie of werk nie. wonder of hulle pligsversuim as vak doen. hulle kon die hulp van die media na die “verdwyning,” gevra het.

Maria Botha ·

Jammer dat daar nie genoeg ondersteunings dienste is vir kinders wat in die moeilikheid is nie. Hulle verdien die swaarste straf maar selfs dit vergelyk nie met die seer wat die kinders moes verduur nie.

Realis ·

Hierdie is weereens n bewys van die apatiese houding wat merendeels deur die Afrikaner ingeneem word. Orania is nie onder ANC bestuur nie. Die Regter is korrek in sy uitspraak dat hulle basies netsowel medepligtig kon wees. Arme kind! As sy betyds weggeneem was dan kon sy dalk nog geleef het. Verskonings baat niemand nou nie.

Lea ·

Hiermee stem ek 100 present saam. Zack, daar het jy my antw…

Gerhard ·

Orania het nie die mag on n kind van hul ouers weg the neem nie. Die beskuldiging is belaglik.

Zack ·

Lea,
Jy wys maklik vingers na Orania. Kom ek vra jou ” Hoeveel kinder word mishandel (Vermoor, verkrag, ligaamlik mishandel) in dorpe? Dis waarvoor welsyn werkers daar is wat volgens protokol werk.
Orania Maatskaplike Raad het opgetree dis waarom hulle oornag weg is soos diewe in die nag. Ek wonder wat van SA se kinders gaan word want die Welsyn het nie meer geld oor nie agv Obama Care se befondsing wat gestop is. Ons kinders gaan BLOEI.

Sjoe ·

“Hy het gesê die OMR is aangesê om dié kanaal te volg in plaas van om dit by die polisie aan te meld.” Hoekom, en deur wie is die OMR aangesê, Jaco Kleynhans? Toe die OMR sien dit werk nie, moes hulle polisie toe gaan. Inteendeel, hulle moes polisie toe HARDLOOP, maar hulle het nie. Niks, maar NIKS, wat jy of enige iemand van Orania nou oor hierdie tragedie te sê het, gaan julle verontskuldig nie. Jammer.

Johann ·

Ja shure “Orania”; nou skielik as iemand die feitelike vingers na die bloed op julle hande wys; nou skielik kan julle reageer om julle aandeel in die verniel en vermoor van n onskuldige kind? SHAME ON YOU!

Zach ·

Dit kon gestop gewees het duer die betrokke partye in Orania ! Regter Bam se uitspraak is in die kol, niks met sy politiek te doen nie, maar alles met n gemeenskap wat n kind gevaal het.

Nouja ·

Hierdie tragedie het absoluut niks met ‘n dorp in die Noord-Kaap te doen nie. ‘n Dorp kan nie as ‘n fasiliteerder of aandadig gehou word vir ‘n moord wat binne (gebroke) gesinsverband plaasgevind het nie.

nossob ·

To little to late.
Toe Orania iets moes doen het hulle nie. Noudat dit verby is het hulle skielik iets om by tevoeg.

Ontsteld ·

Ek stem. Hoekom moet daar eers n tragedie gebeur voordat mense /owerhede iets aan die saak doen. Dis te laat vir arme Poppie en al die seer en vrees waardeer daai kindjie moes gaan maak my hart breuk. Dis omdat mense stil bly en vinger wys dat sulke tragedies gebeur. Ek stem saam met regter Bam, hul is net so te blaam en as hul opgetree het soos hul moes sou Poppie vandag nog hier gewees het!!

Alida ·

Ai mense die kindjie is dood. Hou op beskuldigings rondslinger en die maniake gaan hopenlik vir baie lank tronk toe.

susan ·

Maklik om nou te sê alles is gedoen sy is dood en kan nie getuig of julle daar was vir haar nie

Sies! ·

Jip, hulle moenie nou lang krokodiltrane wil huil nie. Al is die kind dood na hulle weg is daar het hulle haar gefaal. Toe sy en die ander twee daar aangerand was daar geen opvolg van die saak nie. Die gemeenskap, die welsyn sowel as polisie het aldrie hierdie kinders gefaal. Ek dink die regter is in die kol met sy uitspraak! Laat almal nou bietjie nadink en in die vervolg betrokke raak as jy iets vermoed.

WonderNet ·

Vir almal wat Orania nou so beskuldig wil ek net DIT vra…WAT VAN DIE OUMA? Sy het ook van alles geweet en ook NIKS gedoen nie. Sy is dus NET so skuldig!

Sann ·

En daarby wil ek byvoeg : wat van die biologiese pa??? Was hy dan so onbetrokke dat hy nooit iets opgemerk het nie? Hierdie hele tragedie het in minder as ‘n jaar afgespeel. (Of die ma voor haar verhouding met die stiefpa, ook hardhandig met die kinders te werk gegaan het, sal ek nie weet nie, maar waar dit daarby kom dat selfs die dorp se mense oor die vingers getik word, stem ek saam dat die ouma en biologiese pa dan ook aandadig gevind behoort te word.

Jk ·

WonderNet – jy is dood reg. Soos ek verstaan het die ouma ook daar gebly. Hoekom het sy wat geweet het nie iets gedoen nie? Nou wil sy huil

Drie vingers wys na jou ·

Vee Orania van die kaart en die land se misdaadprobleem is opgelos. Einde van sarkasme

Henry McDonald ·

Jammer dat hierdie hartelose daad nou op politieke moddergooiery moet uitloop. Feit van die saak is: Die dogtertjie was op wreedaardige wyse mishandel en later vermoor. Die mense wat bewus was van wat aan die orde van die dag was moes die mishandeling by die Polisie aangemeld het. Dit is nie gedoen nie( volgens Regter Bam se uitspraak.) Maak nie saak of dit in Orania Put-sonder-water Hotazel Soweto of Marabastad plaasgevind het nie – die feit dat soortelyke dade elders plaasvind het niks hiermee te doen nie.

alwyn burger ·

Orania is nie ñ spieëlbeeld van die Afrikanerdom nie. As daar met nuwe oë na Orania gekyk word , sal ñ mens dit seker kan verstaan. Die staat moet afgestudeerde maatskaplike werkers ñ jaarlange internskskap daar laat doen.

Ou Storie ·

Dit is weer die ou storie ek wil nie betrokke raak nie wat n lewe van jong kind geneem het nou is dit politiek Orania en alle stories die kort en die lank as ek dit gesien of gehoor het sal ek onmiddelik dit onder die owerhede se aandag gebring het en dit elke 48 uur op gevolg het tot daar antwoorde vas kom ons tree op as ons irts verkeerd sien en daardie storie hulle doen niks daar is mense wat luister

Bekommerd ·

Orania het gevaal. Daar is soveel wat teen kinders gedoen word en net toegesmeer word. Daar is al verskei bewyse bymekaar gemaak en die patrone is duidelik. Die wiel draai en al hulle vuil wasgoed gaan uitkom daarvoor is daar n groot groep mense al besig is vir 4 jaar om hulle te ondersoek. Die bewyse teen hulle is ongelukkig net oorweldigend. Verskeie aanrandings, molestering en vele meer teenoor kinders. Maar wees verseker geregtigheid gaan geskied.

Piet ·

Ag asseblief! Ek waag dit dat jou “groot groep mense” die simpel sewe met hul foeliehoedjies is wat sensasie soek, ‘n 4 jaar lange veldtog teen Orania dryf en nou ‘n tagedie wil misbruik om hul eie agenda te probeer bevorder. Jou oordrewe naratief, gelaai met woorde soos “verskeie”, “groot groep”, “oorweldigiend”, “vele meer” getuig eerder van ‘n persoonlike vendettta as opregte bekommernis soos jou naam dit wil aanbied. Skaam julle julle nie dat julle soos ‘n pak wildehonde wag op persoonlike tragedie omdat Orania om een of ander rede hoog op jul agenda is. Dit laat my wonder oor die opregtheid en jul motiewe.

C91 ·

Nou kan almal, diegene van Orania, die Ouma en wieookal bewus was van die klein engelkinders se mishandeling, verder daarmee saamleef. THE WHEEL OF LIFE KEEPS ON TURNING!

PJC ·

Gewoonlik as so iets gebeur weet ń klomp van die familie lede daarvan maar bly doodstil daar oor. Hoe moet buitestaanders weet wat agter toe deure aangaan.

Gerhard ·

Die kind is op Brits vermoor nie Orania nie. Hulle het reeds soontoe getrek omdat die mense op Orania iets as n die saak gedoen het, anders as op enige ander dorp of stad. Die klomp hierbo is maar net teen Orania en probeer enige negatiewe beskuldiging versprei.

Minx ·

Soos ek in ander kommentaar geskryf het: my buurman vloek dronk en agresief slaan die vrou pimpel en pers vrydag aande ek het al die polisie gebel sien my vorige skrywe daar word niks gedoen nie die polisie kom nie eers uit nie dis deesdae so dat jy na hulle toe moet gaan so nou wat doen jy die vrou dink ek is so bang die kinders is in die skool in die omgewing hoe vertel hulle iemand as hulle weet hy gaan net erger word????????????????????en dis in CENTURION so nou is almal daar skuldig want die hele kompleks weet en het al die polisie laat weet hierdie man is ‘n monster en om nou die gemeenstkap te beskuldig soek julle wat so oordeel versagting vir wat met Poppie gebeur het!!!!!!!!! Dis die ma en ouma se skuld hulle het dit toegelaat en selfs deelgeneem. Almal weet die Polisie is useless………..

Sussie ·

My meening almal wat die klein engeltjie geken het is skuldig want n kind kan baie maklik gelees word en n mens kan sien as n kind mishandel word, hul bang en terug getrokke houding, haar eie pa en ouma MOES ook iets gedoen het hul was immers na aan haar.

Chanell ·

Ek volg nou al die hele tyd al die berigte op die Poppie saak. Dit is vir my verskriklik hartseer. Ek is self n ma met n drie jarige dogtertjie. Ek is enkellopend en my prioriteite le absoluut by my kind, of ek nou n kerel het of nie. Dissipline hanteer ek en het nog altyd mits ek in n verhouding is. Haar ma en biologiese pa het haar gefaal. Ek sidder om te dink hoe Poppie se klein lyfie moes voel en dat sy nie geweet het hoekom sy so moet gestraf word nie, elke dag in en uit. Poppie is in n beter plek, waar sy hoort by haar Pa. Rus in vrede Poppie XXX

Wiehahn ·

Ek het in Orania 2 jaar gebly. En was gladnie bewus daarvan nie. Word ek ook geblaam? Julle almal wat in SA bly wat kyk hoe J Zuma die land so verkrag…ek blameer julle almal wat geweet het maar niks gedoen het nie.

Karinda ·

Wiehahn – die mense wat bewus was van Poppie se mishandeling word blameer – nie die hele dorp nie!

Sebco ·

Johann, jy maak asof jy alles weet na die lees van ‘n koerantartikel. Weet jy hoeveel drama het die maatskaplike berader en die instellings deurgegaan vir die kinders? Was jy al enigsins gemoeid met maatskaplike gevalle? Of kan jy net klippe gooi?

Karinda ·

Dit gaan nie oor Orania as sulks nie as dit in JHB was sou die Regter gesê het JHB. Dit gaan oor die mense wat bewus was van die mishandeling en nie genoeg gedoen het om Poppie te beskerm nie en daarmee stem ek 100% saam so hou op om die Regter aan te vat daaroor.

Hy is reg, hoe kan dit maande lank aangaan nadat dit die eerste keer aangemeld was by die maatskaplike werkers in Orania en daar was niks aan gedoen nie. (DOPHOU IS NIE OPTREE NIE). So hou op fyngevoelig wees oor Orania. Die wat so aangaan mis die hele punt. As jy bewus is van kindermishandeling hou aan tot daar iets aan gedoen word! Kinders kan nie vir hulself opstaan teen hierdie monsters nie. Moenie wegkyk en dink dit het niks met jou te doen nie!

Gatvol ·

Mense, hoeveel van julle, kommentators en veroordeelaars van Orania, gemeenskapsinsellings binne Orania sowel as individue wat met die saak op n baie persoonlike vlak betrokke was, het die moeite gedoen om julself eerstehands met die feite te vereenselwig voordat julle so vinnig veroordeel.
Ek verseker ieder en elk van julle dat daar daadwerklike optredes geneem was en monitering plaasgevind het. Julle afleidings en beskuldigings word gemaak uit onkunde. Kom besoek gerus die dorp en die Maatskaplike Raad as julle ernstig is oor die waarheid en geregtigheid.
Orania en die OMR was nie in die beskuldigdebank nie. Twee volwasse ouers wat hul kinders wreed aangerand en vir Poppie vermoor het was wel daar en is skuldig bevind.

Wilna ·

Stem 100 oersent saam . Almal wat hul plig so griewelik versuim het is aandadig aan poppie se dood,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.