Orania wys nuwe president, bedryfshoof aan

Dr John Strydom

Orania het ʼn nuwe president en bedryfshoof in die plek van Carel Boshoff wat as president bedank het.

Volgens die Orania Beweging is daar Dinsdagmiddag tydens ʼn vergadering van die organisasie se uitvoerende raad ʼn nuwe leierskap aangewys.

Dr. John Strydom is as president verkies en Sarel Roets as waarnemende bedryfshoof. “Hierdie nuwe leiers beplan veral om die organisasie se dinamiese aard nog verder te ontwikkel en goeie skakeling te beklemtoon,” het die Orania Beweging in ʼn verklaring gesê.

Strydom woon al sedert 1995 in Orania. “Hy het deeglike kennis van die organisasie se interne werking en dien al baie jare op die Orania Beweging se burgerraad. Hy het ook ervaring as lid van die uitvoerende raad en het voorheen as onderpresident van die Orania Beweging gedien.”

Volgens Strydom gaan hy veral klem lê op die organisasie se kernfunksies en optimalisering van stelsels. Hy is ʼn entrepreneur in Orania en boer ook deeltyds met pekanneute en amandels.

Sarel Roets

Roets woon al sewe jaar in Orania. “Hy het opleiding in teologie en het ook ervaring as lid van die burger- en uitvoerende raad. Roets het in sy hoedanigheid as onderpresident van die organisasie die afgelope tyd as segsman opgetree en dus goeie insigte ontwikkel ten opsigte van Orania Beweging se interne en eksterne bedrywighede. Sy sterkpunt is menseverhoudinge en hy sal hierop fokus.

“Roets bedryf ondernemings op die dorp en is die eienaar van Stokkiesdraai – ʼn park en winkelsentrum – asook ʼn restaurant wat op die perseel bedryf word.”

Volgens die Orania Beweging sal Boshoff hom intussen toewy aan die oprigting van ʼn nuwe stigting wat “selfstandigheid binne die gemeenskap van gemeenskappe” sal bevorder. Hy skakel reeds met ander Afrikaner-organisasies wat die Afrikaner-saak sal help uitbou.

Carel Boshoff

Boshoff se bedanking is die naweek bevestig. Die Orania Beweging het toe gesê Boshoff het die tuig neergelê om “oorhoofse verantwoordelikheid te aanvaar vir bestuursgebreke wat tydens sy termyn ingetree het, al word dit nie aan sy persoon verbind nie”.

Daar is vroeër berig Boshoff het vir homself ʼn motor van meer as R100 000 gekoop en hy het glo sy eie salaris verhoog.

Die organisasie het egter ná ʼn vergadering gesê daar was “geen sprake van enige misdryf deur enige van sy ampsdraers” nie.

Die Orania Beweging se burgerraad het op dieselfde vergadering ook ʼn mosie aanvaar waarin hy hom verbind tot goeie korporatiewe beheer en verantwoordbaarheid.

Die organisasie het gesê hy het die afgelope paar jaar geweldig gegroei en dat dit groot druk op sy bestaande personeel en infrastruktuur geplaas het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Helena. ·

Miskien n dom vraag..hoeveel moorde word in Orania gepleeg? Mens hoor nooit van gruwels daar nie..en hoe word dit beheer?

Valerie ·

Wat ek weet is dat hulle nie kan wag vir Rocky I om te begin draai in die drive-in nie.

Kyk ander pad ·

Lyk my mense het reeds van klein Poppie vergeet!?! Vergeet hoe die einste Orania ander pad gekyk het terwyl sy verniel is. So ja, mens hoor van gruwels daar maar vergeet baie gou. Ook snaaks hoe niemand ooit praat van hoe die armes op die dorp lewe nie…

Gerhard ·

Die rede waarom Poppie nie op Orania was toe sy oorlede is nie is reeds omdat die mense nie anderpad gekyk het nie.

Kyk ander pad ·

Seker daarom dat sy en haar sibbe maande lank mishandel is met die wete van verskeie persone in Orania wat niks daaraan gedoen het nie? In die regter se uitspraak het hy gesê hy wens hy kon daardie persone ook vervolg aangesien hulle eintlik medepligtiges was.

En dan ook my vraag weer, hoekom praat niemand ooit van die “minderbevoorregtes” van Orania en die toestande waarin hulle leef nie? Ek praat onder korreksie, maar ek dink die arm gedeelte word Kleingeluk genoem.

Cherokee ·

Nogal opmerklik dat die kommentators wat onkundige neerhalende aanmerkings maak, dit gewoonlik met rondspring name doen. Word as ‘n reël nie gesien onder die gevestigde name nie.

Tina ·

Wat kos ‘n drie slaap kamer huis ? Is daar werk vir onderwysers?

Marius ·

valerie jy moet tog nie jou oningeligtheid so uitblaker nie. Orania is tans die klein dorpie met die grootste groei in SA.

N Lourens Reitz ·

Is jy nou snaaks of wat is die grap nou eintlik Valerie?

Boesman ·

Swak van jou Valerie. Was jy al ooit in Orania of is jy net nog iemand wat op hoor-sê gaan?

RJ ·

Valerie wat ek weet is dat daar is ‘n verskil tussen feite en opinie.

PJC ·

Kokkie ek hou van jou kommentaar. Onthou die mense wat die minste van Orania weet het gewwonlik die meeste te sê. Dit is die veiligste en rustigste plek om te bly maar ongelukkig is dit nie ons almal beskore nie. Ek en my gade geniet dit om so nou en dan daar uit te span. Ek hoop net die ou wat hulle probeer swartsmeer het word nie weer daar toegelaat nie want dit is nie soos jy probleme aanspreek nie.

Ralph ·

R100000 vir ñ motor? Dit moet ñ klein tweedehandse motortjie wees.

Vlakvark ·

Wonder ek ook. Praat almal dan in die kerk as Carel n Citi Golf koop

aj ·

Hartlik geluk aan Dr John Strydom en Mnr Sarel Roets!

Hulle beskik oor al die eienskappe om Orania te lei en te onwikkel vir die volgende dekade!

Baie dankie aan Carel Boshoff vir sy toegewyde diens en leierskap aan die Orania beweging.

Ons vertrou dat hy ‘n groot bydrae het om te maak in die georganiseerde Afrikaner samelewing, in die toekoms.

Lank lewe Orania!

Christa J ·

Ons Afrikaners is darem maar n vreemde spulletjie. Die onderwerp is o.a. die aanstelling van nuwe bestuur. Nou sê ons mekaar sleg en hou nie by die onderwerp nie. Terwyl ons dan nou van die onderwerp afdwaal, laat ek ook nou maar n stuiwerjie inwerp: in ons eie woonbuurte woon daar mense in armoede (net soos in Orania en elders). Ons sal skrik as ons werklik weet hoeveel “plekke van die nag” en veel erger dinge onder ons neuse aangaan. Ekself woon nie in Orania nie en sal waarskynlik nooit daar woon nie, maar dit maak my nie blind vir die uitdagings en oorwinnings wat daar behaal is. My punt is: gun mekaar die geleentheid om oor feite te verskil (mits jy dit natuurlik met feite -en nie emosies- kan staaf). Dus, of ek en jy dink Orania is goed/sleg is irrelevant. Die feite is dat daar uitstekende tegnologiese vooruitgang in Orania is. Dan herinner dit my ook aan n eina-klein landjie (so groot soos die Kruger wildtuin) in die middel van die woestyn, wat n reuse sukses is. Juis vanweë o.a. deusettingsvermoë en selftrots. Ja, Israel, is geseënd, maar hoekom gun ons dit nie vir die Oraniërs ook nie. Of ek en jy van Orania hou, is absoluut irrelevant.

Hans Richardt ·

Soos ek dit verstaan, tussentydse president en waarnemende uitvoerende hoof, tot Augustus 2019!

Riena ·

Ek wil net weet of Dr Strydom die mense in Orania gaan aanspoor om meer kinders te kry…. belastingverligting, byvoorbeeld. Indien nie, is Orania se dae maar op `n afdraende pad, soos die geval met die res van ons land.

Nee dankie ·

Belastingverligting? Orania is ‘n dorp in Suid-Afrika. Nie ‘n onafhanklike land nie.

Christa J ·

Was ruk gelede in Orania. Ver voor res van die land tov tegnologie en innoverende denke. Volop water. Uitstekende skole en opleidingsgeleenthede. Klimaat is straf, maar daar is beslis geleenthede vir entrepreneurs. Vriendelike mense en baie meer jongmense as wat ek verwag het. Moderne sportgeriewe en soos die Engelsman sê: “Watch this space.” Orania gaan menige sarkastiese (oningeligte) persone nog goed op hul neuse laat kyk. Sterkte aan die nuwe bestuur. Mag dit julle wel gaan. Sterkte ook aan Carel Boshoff. Weet hy sal n groot sukses van die nuwe uitdaging maak.

Gaitsigubib ·

…….. het ek dit ook laas gese toe my skrywe “delete” is. Top riool stelsel indien nie van die beste in die wereld nie, baie wakker en op die bol krag voorsienning, silwer skoon dorp, eiendom pryse gaan op en beleggings lyk goed. Ek hoor bo se Valerie dat hulle nog Rocky 1 wys by die inry. Hoe lekker sal dit nie wees om programme te kyk wat nie fake news uitsaai en elke dag God later nie. Dink ek moet trek!

Dirk Breytenbach ·

Veels geluk dr John nou kan jy Orania tot nog groter hoogtes lei.

Nee dankie ·

Mense se opinies mag verskil en dis reg so. Ek was self al verskeie kere op Orania, maar voel baie ongemaklik daar. Die dorp is baie klein so om te spog met lae/geen misdaad is nie regtig ‘n prestasie nie. En om die dorp skoon te hou ook nie veel van uitdaging. Wens tog net al die Orania fantasieers wil bietjie self gaan kyk hoe lyk die dorpie. Ek het op skool ‘n boek gelees ‘Gesina en die bruin wind…’ Dit laat my aan Orania dink. Dankbaar ek bly nie daar nie.

Oppad sonder klaers ·

Ek is met my besigheid oppad. Ek is bly mense soos nee dankie kom nie saam nie.

Gerhard ·

Dit is n goeie ding nie almal wil in Orania gaan woon nie.

Nee dankie ·

Oppad sonder klaers, hoop jy doen besigheid via die internet, want jy gaan sukkel om ‘n bestaan te maak in ‘n dorpie wat se populasie gelyk is aan meeste hoërskole in die land.

Andile ·

Aan Nee Dankie ‘ Wie besoek n plek wat hy nie vsn hou herhaaldelik en wat sê dit van so n persoon? Gaan soek aandag elders.

Nee dankie ·

Ek het familie op die dorp. Dis hoekom ek gereeld daar kom.

Dries du Toit ·

Stem saam jou Andile. Dit is vreeslik hartseer dat die mense wat van ons volk hulle eie mense vloek en probeer verneder. Hulle dra daardie doodswens in hulle

Dries du Toit ·

Baie geluk aan die bestuur. Gaan voort julle bly die pioniers wat iets positief doen. Die wit vlugtelinge uit Ramaposa se land sal nog kom

Bert ·

Ek is regtig jammer en bekommerd dat Boshoff nie meer aan die stuur van sake is nie. Ek hou die Orania-projek fyn dop en wens hulle alle sterkte toe maar sonder Boshoff se besonderse en intellektuele leiding weet ek nie. Deur onderhoude met hom en sy geskrewe werk het hy my belangstelling geprikkel in die selfbeskikkingkonsep juis omdat hy nie die stereotipe beeld van ‘n konserwatiewe ‘regse’ beliggaam nie en dat daar ruimte sal wees vir ander deelnemers ook.

Gerhard ·

Die selfde gedagte het by op gekom. Hy het n groot rol gespeel in die ontwikkeling van Orania. Dit is jammer dat iets so nietig so opgeblaas word. Ek wens die wat oorneem sterkte toe en hoop van harte hulle kan sy skoene volstaan.

Helena. ·

Opinies is so uit een lopend. Tog hoor mens nie van gruweldade daar nie. Ek sou graag n positiewe antwoord wou hoor..ek glo nie booswigte sal daar tuis voel nie..en dalk ook nie behoorlik grond vat nie. Sterkte aan die mense daar..vrede vir julle.

Ag asb tog HEnry ·

HENRY LUISTER TOG OM HEMELSNAAM, POPPIE IS NIE iN ORANIA DOOD NIE … julle wil nou maar net iets negatiefs aan ORANIA SE NAAM KOPPEL. Hoeveel kinders word aangerand in huise IN JOU WOONBUURT?? ?WEET JY VAN DIT ALLES???

Anoniem ·

Was eenkeer daar.

Is so beïndruk met die plek en die mense daar,

ek kan nie wag om daar te gaan bly nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek sal wat wil gee om in Orania te gaan bly . Veilig en skoon en elkeen doen sy ding . Al wat dringend nodig is op die oomblik is n goeie hospitaal.

Nooit ·

Stem saam met Nee dankie – mense mag ‘n eie opinie hê. Ek was ook al daar en sal beslis nie weer my voete daar sit nie. Mense soos Dries du Toit met sy onverdraagsaamheid bevestig net my opinie van die plek. Sê my Dries hoe jy uit ‘n kalm gelugte opinie die gevolgtrekking maak dat iemand sy eie mense vloek en verneder? En dan het jy die vermetelheid om dreigemente uit te deel (dis al hoe mens jou “doodswens” kan vertolk)! Dis mense soos jy wat maak dat mens jou skaam om ‘n Afrikaner genoem te word.

Gaitsigubib ·

Nooit jy het die volste reg om nie van Orania te hou nie, ek kan egter nie sien waarvan jy praat as jy se dat Dries jou “dreig” nie. Dit kan mos inderdaad vir iemand lyk of n blanke persoon wat enige plek in Afrika bly ‘n “doodswens” het. Weet jy waar staan Suid-Afrika op die lys van gevaarlikste plekke in die wereld? Jy kan wel jou opinie lig, maar Dries verdien ook nie “onverdraagsaam” en ander goed toegesnou te word nie.

Cherokee ·

Nooit, lees hoër op wat ek sê met betrekking tot mense wat rondspring name gebruik. Julle is die mense wat loop en beledigings uitdeel en veilig voel want nou is jy koos en in jou volgende skrywe piet waarna jy opvolg as anna. En daarna kan jy Dries weer komplimenteer as gert.
Jy kan ook nie tussen die lyne lees nie want die mense waarna Dries verwys, is geel van jaloesie oor Orania. En hy het soos ggbib ook sê, geen dreigemente geuiter nie. Ek hou van sy kommentaar.

Se maar net ·

Miskien moet die mense wat so baie kritiek het gaan sit en n bietjie dink. Die wereld is stadig besig om weg te beweeg van die humanitere almal gelyk almal eners idee. Nasionalisme groei, julle gaan dalk later se dankie dat die mense in Orania die insig gehad het om te begin lank voor die wereld begin swaai het. Dalk is daar dan nie meer vir julle spotters plek nie. Julle moet eerder hoop en bid hulle kry dit reg om uit te brei

Sonia Swanepoel ·

Ai, mense, Poppie is in Vanderbijlpark mishandel en het absoluut. Niks met Orania te doen nie.

Kyk ander pad ·

Sonia Swanepoel, waar val jy uit? Dalk pas onder die rots waaronder jy leef uitgekruip om 5c by te dra? Sy en haar sibbe is erg mishandel gedurende hul verblyf in Orania, mense het geweet en ander pad gekyk. Hulle het daarna na Brits verhuis waar sy na om en by ‘n week of so na aankoms daar oorlede is. ‘n Eenvoudige Google search sal jou meer feite gee. My punt is dat daar oral mense is wat nie “betrokke” wil raak nie, en dat lelike goed oral gebeur, selfs in Orania. Die idee daarvan is ideaal, maar hulle het nog heelwat werk om te doen daar. Hulle kan beslis ‘n groot verskil maak, maar dan moet hulle, en hul voorstanders meer eerlik raak daaroor.

@ KYK ANDER PAD ·

SO HOEKOM HET JULLE TAPPITS IN BRITS NIE GEKEER DAT POPPIE VERMOOR WORD NIE??? Hoekom het Orania se mense onder ‘n klip uitgeklim?? SIES jy is VIESLIK Man . ek sou ook nie my vieslike naam wou uitblaker as ek so lelik met ander mense praat nie .. HOE DE HEL KAN jy in iemand se HUIS ‘n MOORD KEER??? of AANRANDING? Weet jy wat doen jou buurman of moet jy ook eers ONDER DIE KLIP UITKLIM???

Kyk ander pad ·

LOL Hoekom so onstoke? Bly jy dalk in Orania? Hahaha. Jy maak my dag. Of ken jy iemand wat betrokke was by die saak en die waarheid maak seer?

Ek bly nie in Brits nie, was inteendeel nog nooit daar nie, so ek is nie seker wie die julle is na wie jy verwys nie . Ek het die saak net noukeurig gevolg en dit het spore gelos omdat ek van sekere dinge bewus is wat soms in Orania gebeur. Ek lewe beslis nie onder ‘n klip nie, inteendeel, ek maak dit my besigheid om te weet wat om my aangaan. Voor ek ‘n opinie vorm op enige onderwerp doen ek eers noukeurig huiswerk daaroor.

Dalk sal dit jou baat om dieselfde te doen? Dalk moet jy jou oogklappe af haal en meer bewus raak van wat om jou aangaan, selfs met jou bure. Wie weet, jy red dalk ‘n vrou of kind wat mishandel word? Word wakker, klim van jou troon af en raak betrokke by dinge wat “ongemaklik en ongerieflik” is vir ander. Die wêreld het meer sulke mense nodig!!

Ja wat ·

Lig jou opinie en beweeg aan man. Elke persoon het die reg op sy opinie maar jy het nie die reg om ander mense te beswadder as jy nie saamstem. Hel gaan soek vir jou iets om te doen as jy verveeld is.

Boeboel ·

Ek dink dis baie onredelik laat mense negatief verwys na die dorp net oor Poppie. My punt is as n’ Predekant se kind dwelms gebruik Dan is die gemeente nou sleg? Ek gun almal hulle geluk en sterkte aan almal daar. Ek dink hulle het OP die stadium meer vrede en gemoedsrus. Ek gin dit ook vir hulle.

Wonder net ·

MM, kyk ek skeel, maar die berigte volg nie chronologies nie.

Attie. ·

Uiters gemeen van Carel Boshoff om vir hom n motorkar van een honderd duisend rande te koop. Sjoe hoe groot moes sy salaris nie gewees het nie. Daar moet indringend na sy private sake gekyk word. A nee A, so kan dinge nie aangaan nie. Ek wonder of die kar ‘n engin ingehad het of was hy maar net oud?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.