Organisasie ‘geskok’ dat Ramaphosa appelleer

Voormalige pres. Jacob Zuma (Foto: ANA)

Die staatsprokureur het Vrydag kennis gegee dat pres. Cyril Ramaphosa sal appelleer teen ʼn volbank beslissing van die Pretoriase hooggeregshof dat voormalige president Jacob Zuma onwettig, irrasioneel en ongrondwetlik opgetree het toe hy deelgeneem het aan die afskaffing van die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

Dié besluit is deur AfriForum as ʼn “skokkende wending” bestempel.

Maroela Media het vroeër berig regterpresident Dunstan Mlambo het op 1 Maart vanjaar die eenparige beslissing van ʼn volbank hooggeregshofregters in die hof gelewer. Dit kom nadat die Prokureursorde van Suid-Afrika in April 2015 ʼn aansoek gebring het om die optrede van Zuma, asook dié van die minister van justisie, Michael Masutha, en die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, ongrondwetlik te verklaar met betrekking tot die SAOG 2014-protokol.

AfriForum het vier Zimbabwiese boere en twee landboumaatskappye suksesvol gehelp om tot hierdie saak toe te tree. Die boere het hul eiendomme as deel van Zimbabwe se grondhervormingsbeleid verloor. Hulle het die SAOG-tribunaal in 2008 suksesvol genader om hul eiendomsreg te beskerm, maar die tribunaal is eers opgeskort en toe daar gelaat om uiteindelik heeltemal tot niet te gaan.

Die hof het bevind dat Zuma se deelname aan die proses om die SAOG-tribunaal te ontbind, onwettig, irrasioneel en dus ongrondwetlik was. Mlambo het gesê as dit die bedoeling van die Zuma-regering was om Pretoria van die SAOG-verdrag en protokol te onttrek, moes toestemming eers by die parlement verkry geword het.

“President Ramaphosa se besluit om teen die beslissing te appelleer, kom as ’n skok omdat die algemene verwagting was dat die Ramaphosa-administrasie ’n groter premie op die oppergesag van die reg sou plaas as wat sy voorganger gedoen het,” het Willie Spies, AfriForum-woordvoerder en -regsverteenwoordiger, Vrydag gesê.

Spies het gesê die hoofregter sal binnekort direktiewe oor die aansoek om verlof tot appèl uitreik, asook die boere se aansoek om bekragtiging van die hofaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

GES ·

En daar is mense CR met hulle lewens vertrou … Hoe gouer tot die besef gekom word dat hy ʼn versteekte agenda het, hoe beter.

Geen oplossing ·

Demokratiese prosesse het misluk en daar is geen vooruitsigte vir hoop nie. Daar sal na alternatiewe gekyk moet word soos om die internasionale gemeenskap te betrek, want die ANC het lelike planne, daarom wil hul van die internasionale hof onttrek.

Marius ·

The best government is a benevolent tyranny tempered by an occasional assassination. Voltaire

willie ·

CR se wittebrood is verby, sy ware kleure kom nou uit! Wil nie weet wat lê nog voor nie!

Casper Labuschagne ·

Dit behoort eerder te verwagte te wees en nie ‘n skok nie. Uit ons oogpunt geld hoër beginsels van die reg. Die regering sal alles appelleer wat hulle hoegenaamd kan, want die meerderheidsparty se beskouing is dat die wit minderheid eenvoudig hul vyande is.

Piet ·

Soos ons almal weet regeer zuma…… Ramaposha en Malema die kontienent Suid Afrika hier gaan nog groot dinge gebeur speeltyd is verby vir die suid afrikaners nuwe geld eenheid… Grense wat oop gegooi word vir die hele Afrika

White Rhino ·

Nou daar het jy dit nou.
Die sjef van die paddapot. Net so korrup!!!
Geweet hy is nie te vertou nie!

christa ·

lankal gese CR is ‘n wolf in skaapklere. Hy is en was nog altyd ANC en sal sy trawante beskerm want so sal hulle hom weer beskerm. Mense moet wakker skrik. Stem volgende jaar vir mense wat vir ons land se mense opkom. Alis dit ‘n klein party, met baie stemme kan hy groot word.

CHRISTA Rootman ·

Sê ek lankal !SA WIL nie luister na alles wat tussen die lyne gesê word nie! Kommunis bly kommunis….

TIPIES ·

Janee het julle regtig gedink ‘n LUIPERD verander kolle? Ramaphosa is dik in met Zuma en Malema .. hy kruip lekker agter hulle weg maar sy idees is net so skokkend. Hulle wil almal wegkom van die tribunaal want hy wil dieselfde doen as Zuma en Mugabe en dan wil hulle (Malema ingesluit) vry anderkant uitstap sonder enige vervolging.

What a joke! ·

Regtig hoe dan ander verwag? Die klomp is kop in een mus…komaan jul weet dit mos of speel jul net dom?

Se net ·

Geskok? Hoe het julle gedink het Zuma bedank. Daar was natuurlik beloftes gemaak om van hom onslae te raak. Reg sal nie geskiet nie omdat hierdie land van on se leiers alles doen om hulself te bevorder. Ek is noe geskok nie. Geweet Zuma bedank met n klomp geld in die sak.

Eish ·

Dis verstaanbaar. As president wat grondgryp sonder betaling gaan implimenteer, gaan die nie- sanksie van die kwessie lynreg indruis teen die gees van grondgryp, wat CR se geloofwaardigheid sal aantas by sy stemvee.
Hy vang jul met die oudste kunsie in die boek.
Die feit dat ek n duif se gekoer kan namaak deur my hande te vou en daarin te blaas, maak nie van my n duif nie. Maar die geluide kan n paar duiwe lok voor die slagting onverhoeds plaasvind.

tamboti ·

Laat ek voorspel:
CR wil graag JZ se rekord verbeter, hy wil sy persoonlike sakeryk so bietjie uitbrei, plaaslik en oor die grense!
CR gaan wel grond onteien – vir die staat!
CR gaan die kabinet en staatsdiens nog groter maak
CR gaan nie Eskom, SAL, Prasa of SAUK omkeer nie, verkoop of in die bek ruk nie – hy gaan hul herkapitaliseer.
CR gaan niks vir blankes doen nie, Afrikaans verder afbreek
En helaas, HY GAAN ‘N PAAR GROOT RATTE voor die buitelande se oe draai, hulle sal geen idee kry van wat hy doen nie.
Ai tog, het ons voorgeslag maar net geweet!

Pop ·

Niks wat hierdie man doen skok my nie. Hys gevaarliker vir ons as wat zuma ooit kon wees. Boonop behandel hy Malema as sy seun. Dankie aan my hemelse Vader dat my kinders oor die water is. As dit moet sal en van die een na die ander gaan en maar niks he nie. Mens kan vir 6mde op n keer by elke land vertoef. Ek het 3 lande om na te vlug

Adriaan Swart ·

CR is net nog een van die ANC se leuenaars soos bewys is deur sy toenadering aan Malema, SA se grootste rasis.
Ek kan nie insien hoe Suid Afrikaners en die wereld gemeenskap nie lankal deur hulle agenda gesien het nie.
Met uitsprake soos “Ons gaan konsultasie hê met alle belange party oor grond besetting sonder kompensasie, maar niks gaan die besetting stop nie” is dit mos duidelik dit is ‘n eensydige besluit en nie ‘n konsultasie proses nie.
Die volgende stap gaan wees om Zuma se verhoor so pateties te doen dat hy weereens gaan wen al is hy hoe skuldig.
Alles een groot bluf….

Potlood ·

So dit is hoekom Z dink hyt niks verkeerd gedoen nie want hy het die planne van die anc mooi gevoer. Gaan dinge nou net aan onder ‘n nuwe gevreet… is al so keelvol vir die haatlike, agterbakse, ongemanierde, onopgevoede patetete.
Same circus, different clown… of
‘n kominus sal ‘n kominus bly, dus sal niks verander.

Reguit ·

Die (liberale) wittes gaan nog bloei in hulle geliefde reënboogland.

Trek ·

Daarom moet ons NOU plan maak om te trek voor ons vervolg gaan word, na eie tuisland na onderhandelinge of onder asiels na ander lande, maar uit moet ons uit, ons gaan hier ons lewens en als waarvoor ons gerwerk het verloor en gou ook.

RM ·

Die enigste uitweg wat ek kan sien is om te trek….en vinning. Die plakkers plak net waar hulle wil, dalk moet die witmense die selfde doen en gebiede begin beveilig voor ‘n burgeroorlog hier losbars.

Brett ·

Wat beoog die kader wat teenstrydig is met die aanvaarde mensereg?

Gerrit ·

Ramaposa is nog erger as zuma hy haat witmense met n passie

PJ ·

Hoekom is de klerk en kie so stil? Is hulle nie dalk besig om dai wigte en teenwigte nou in werking te stel nie ? Glo 1 April gaan hulle dinge bekend maak ( April fools dag)

Pieter ·

Net soos Dingaan van ouds kan jy geen een van hierdie manne vertrou nie! Was heer Cyril nie juis een van die hoof onderhandelaars met CODESA nie?

Eerlik ·

As adjunk president het hy dan altyd stilgebly en saam gestem. Het hom nog nooit vertrou nie.

Willemien ·

Ek het per abuis op die rapporteer knoppie gedruk. Weet nie hoe om dit af te haal nie.
Ek stem saam met jou Gerrit.

Wp ·

Hoe lank nog sal ons sit en bespiegel en meer en deels praat oor wat ons sien an die gang is. Die gene wat van oortuiging is dat verandering ten goede gan wees gan n muur tref. Wakker word my volk. Die hartseer deel is almal voel hul het te veel om te verloor, maak jou som. An die ynde van die dag gan geen wiskunde saak maak nie want wat kom is voor die hand liggend. Ek is seke n doem profeet.. maaaar.

Oom Kalahari ·

Gaan maar die geskiedenis na van Cyril Ramapokker en kyk vanwaar hy kom. So was Piet Retief en paar mankappe na die slagpake gelei. Vertrou glad nie. Ek het ook al gewonder watse feetjie of wishing Genie woon op Robben Eiland, want almal wat daar ‘n loseerder was het die hoogste poste in Parlement ontvang, is skatryk en het die beste woonhuise met ‘n skaapkraal vol kinders en verskeie vroue en kinders wat almal Dokters, Engineers, politikuste en Direkteure van verskeie Instansies word. Ek soek ook geluk poeiertjies en die Agbare CR moet geensins vertrou word nie, want soms kry jy ‘n slang met 2koppe en pik alle kante toe.

Martin ·

Lankal gese CR is korrup, Zuma se gesant en dit gaan erger word, julle sal sien, hy was so agtetbakse en anti wit in sy unie dae al.

Alida ·

As CR blankes haat hoekom is sy plaasbestuurders dan blank? Na verneem word is hy n baie goeie persoon om voor te werk volgens sy plaasbestuurders. Hou op kaf praat.

Casper Labuschagne ·

Eenvoudig gestel: Hoe kan Ramaphosa toelaat dat vier Zimbabwiese boere hul grond terugkry terwyl hy oor en oor belowe dat die grond van nagenoeg 35,000 SA boere ook nog hierdie jaar onteien sal word sonder vergoeding?

Pieter ·

Casper, Casper, Casper…..
Cyril stel nie belang in die 35 000 wit boere se grond nie. Hy weet dis hulle wat die voedsel vir die massas produseer. Hy stel belang in die miljoene hektare grond wat die Zulu stigtings besit en niks mee doen nie (hy is nie ‘n Zulu nie) asook die derduisende hektare wat al die Munisipaliteite in SA besit. Hy kan nie nou ‘n skuif maak of dit se nie want dan verloor hy volgende jaar se verkiesing. Hy moet nou fyn trap en na die verkiesing in 2019 eers sy agenda wys. Daar is GEEN eerbare Regering in die wereld nie….!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.