Organisasie vra vir strenger wette oor leeujag

Argieffoto ter illustrasie. Foto: AP Photo/Kevin Anderson, File

Die International Network for Animals (NFA) het ʼn beroep op Suid-Afrikaanse besluitnemers gedoen om dringend aandag te gee aan die leemtes met betrekking tot wette rakende die jag van leeus.

Volgens die NFA neem die bevolking van leeus in Afrika skrikwekkend vinnig af met sowat 200 000 leeus wat ʼn eeu gelede reg oor dié vasteland voorgekom het. Vandag is daar egter slegs 25 000 van dié pragdiere oor.

“Teen hierdie tempo mag daar teen 2119 [geen leeus] oor wees nie,” het die NFA Saterdag in ʼn verklaring gesê.

Luidens dié verklaring teel ongeveer 200 fasiliteite reg oor Suid-Afrika leeus vir jagdoeleindes en sowat 6 000 leeus is vir dié doel geoormerk.

“Suid-Afrika word beskou as die top-bestemming vir leeujag en die internasionale dierewelsynsorganisasie NFA het dringend versoek dat Suid-Afrikaanse besluitnemers die wetlike leemtes met betrekking tot hierdie wrede praktyk moet takel,” het David Barritt, hoof van die NFA, gesê.

Volgens Barritt is leeujag onwettig in Suid-Afrika hoewel die jag van leeus in aanhouding wel toegelaat word. “Leeus word in aanhouding geteel en in klein kampe aangehou totdat hulle eindelik geskiet en doodgemaak word,” lui die verklaring.

Volgens die NFA kan geen regering dié wrede praktyk goedkeur wanneer leeus bedwelm en geskiet word en wat daartoe lei dat die diere ʼn stadige en pynlike dood sterf.

“Dit is tyd dat die skuiwergate in die wet gestop moet word omdat leeujag Suid-Afrika tot oneer strek.

Volgens Barritt het die Suid-Afrikaanse regering tot dusver enige oproepe om leeujag te verbied bloot geïgnoreer aangesien trofeejag groot sakegeleenthede vir die land inhou.

“Wanneer ʼn leeuwyfie geboorte skenk word haar welpies van haar af weggeneem en dan gebruik as [aanloklikheid] vir toeriste wat dikwels foto’s neem. Wanneer hierdie leeus, wat getem word, dan groter en moeiliker om te hanteer word, word hulle na ʼn gebied verskuif waar hulle aangehou word en moet bly totdat iemand betaal om hulle te skiet,” lui die verklaring.

“Hulle kan nie op enige manier hardloop, wegkruip of hulself verdedig nie. Dié diere word dikwels bedwelm om dit makliker te maak vir jagters wat dikwels die dier skiet terwyl hulle in hul voertuie bly sit. In die meeste gevalle neem dit verskeie skote voordat die dier vrek.”

Volgens Barritt is die gevolg dat Suid-Afrika nou die ergste oortreder in Afrika is vir ʼn praktyk wat wyd as wreed veroordeel word. “Die land is nou die wêreld se grootste uitvoerder van leeukoptrofees,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rudolph van Wyk ·

Daar is soveel wrede, laakbare, onnodige maniere wat ons onskuldige diere mishandel en doodmaak vir ‘n paar minute se sensoriese stimulasie. Met gedagte aan die handel in diere se liggaamsdele soos vleis, hulle uitskeidings soos melk en bloed dink ek hierdie een vat die koek. Ek kan maar net my kop in skaamte laat sak om te dink ek is ‘n lid van die menslike spesie.

Gaitsigubib ·

Ek dink dalk word uitskeidings en ontlasting met mekaar vewar, want met die verbruik van eergenoemde is daar niks verkeer nie. As mens vir alles wat die Vader op moeder aarde geplaas het gril, soos vis, eiers, melk en kaas moet jy nie n kind in die lewe bring nie want hy sal nie oorleef nie. In Australie in ‘n hofsaak is nalatigheid bewys toe n “vegan” egpaar se baba kort na geboorte gesterf het a.g.v ondervoeding. Die ouers is albei tronk toe en dit is goed so, want hardkoppigheid het hul kind se lewe gekos.

Erfgenaam ·

Die internasionale wereld moet maar sien wat in Suid-Afrika aangaan. “Erfgoed is swerfgoed” Die ergste in Afrika dis SKANDE SKANDE!!

Nienie ·

Dis n skande. SA slaan sy naam met n plank. Daar is niks eervol aan hierdie praktyk nie.

Lcom ·

Can hunting maak my siek op my maag. Kry n plaas wat nog etiese jag metodes toepas en beleef die werklike gevoel van jag.
WEEKEND JAG ????

Andreas ·

Per Movieweb, en hierdie gaan verseker ook ‘n groot invloed op SA se leeujag hê:

To celebrate the release of Disney’s The Lion King, the upcoming groundbreaking feature film helmed by Jon Favreau, The Walt Disney Company has launched a global conservation campaign to raise awareness of the crisis facing lions and other wildlife across Africa. The Lion King “Protect the Pride” campaign focuses on protecting and revitalizing lion populations and the habitats they need to thrive.

Disney has already donated more than $1.5 million to the Wildlife Conservation Network’s (WCN) Lion Recovery Fund (LRF) and its partners and will make additional grants as well as invite fans to help double the donation for a total contribution of up to $3 million. Fans may participate by taking part in celebratory experiences and purchasing special-edition products, as part of The Lion King Protect the Pride campaign.

Elsie ·

Rerig …Disney…wat ons kinders blootstel aan soveel verkeerde goed ???- gaan google dit – probleem is NIE JAG NIE…probleem is – leeus word vergiftig vir Moetie/of hoe jy dit ookal spel – te duur geraak om aan te hou, want deur die nag kom vergiftig een of ander toordokter/pasiënt leeus vir n voorskrif. Ja party mense het respek vir niks …jagters/nie-jagters….maar as iets nie waarde het nie – gaan jy dit hou of verbeter? Ek kom op vir JAG vandag – na ek deur Afrika gereis het en gesien het wat oor is…as iets nie waarde het nie, sterf dit uit – soos n videomasjien – jag IS bewaring! Ek daag jou uit – gaan bel natuurbewaring se nrs in al die provinsies – jy gaan skrik – maar RERIG asb as jy nie kennis van n ding het nie…hou asb jou oningeligte opinie vir jouself. As daar nie meer gejag word in SA nie – gaan NIKS oorbly nie. Is alle jagters reg – NEE…maar is alle nie jagters reg – NEE – as iets vir jou belangrik is – voed jouself op oor n kwessie – leeu jag issues het ‘n geld maak scheme geword…gaan stap maar in n mall… – stop lion hunting – waarheen gaan daardie geld? ..Word wakker asb – ek het nog nooit iets geskiet nie…maar JAG IS BEWARING!!!!!!

Andreas ·

Hallo Elsie, ek het jou reaksie hier bo aan Walt Disney Company en ANA gestuur.

ZeeZee ·

Wat n skande. Laat die mens aanhou met sy laakbare jagmetodes, die wereld oorbevolk, die lug besoedel, ontbossing en afkap van woude en verwoesting van natuurlike habitat, die water besoedel, als vir Mamon en selfsug van die mens en misbruik van dier en natuur. . Hierdie pragtige planeet gaan nie lank oorleef. Daar is n groot Con in meeste conservation…..

Uys ·

200 000 Leeus het hul habitat verloor omdat die mense in SA se bevolking gegroei het na 58 000 000
Luees sal lankal uit gesterf het as daar nie geteël word met wild en Leeus nie.
Bush meat is gesogd onder die mense wat strikke stel bu hul 100’de op ń plaas en net die bokke verwyder wat nog vars is.
Hul kan nie eers onthou waar al die strikke geplat is nie. Dus sal al die wild uitsterf asook AL die vleisvreeters.
Leeu jag Leeus in aanhouding is sodat jou klein kind in 2119 darm na een kan kyk, al is dit in ń kampie.
Met ń Leeu jag word kop tot tone gebruik.
Muti MOORD op ń Leeu word kop en pote af gekap en tes van die dier gemors.

Andreas ·

Ter beskerming hou ons hulle een van die dae in kampe in die agterplaas aan, maar dan het ons elektriese omheinings en sekuriteitsfirmas nodig om hulle vir die nageslag (erfgename) te bewaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.