Organisasie wil MRK nader oor doodskis-2

Patriot vir Minderhede

Die Patriot vir Minderhede, ʼn nuwe organisasie wat hom vir die regte van minderhede in Suid-Afrika beywer, wil hom na die Menseregtekommissie (MRK) wend nadat die parool vir die sogenaamde doodskis-2 heroorweeg is.

“Die wyse waarop die doodskis-2 se parool hanteer word deur die ANC-bewind, is skandelik en ’n vertrapping van hul basiese menseregte,” sê Wessel Basson, een van die organisasie se direkteure.

Maroela Media het die afgelope week berig dat Theo Martins Jackson terug is in die tronk nadat hy ʼn week vroeër op parool vrygelaat is. Sy medebeskuldigde, Willem Oosthuyzen, sou ook binnekort op parool vrygelaat word. Die departement van korrektiewe dienste het egter nou aangedui dat die twee se parool heroorweeg word omdat familie van die slagoffer daarteen beswaar gemaak het.

Nou sê die Patriot vir Minderhede Jackson en Oosthuyzen word misbruik as politieke speelbal deur die ANC.

“Wat nog meer onstellend is, is die wyse waarop Theo Jackson hanteer is toe hy moes rapporteer nadat sy parool skielik teruggetrek is. Hy is nie gevra om aan te meld nie, maar by sy huis gearresteer, voor sy gesin, terwyl daar geen sprake is van enige ontvlugting nie,” sê Basson.

Oosthuizen (links) en Jackson tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Phillip Bruwer

“In die lig van die vertrapping van die regte van die twee manne gaan Patriot vir Minderhede volgende week ʼn formele klagte teen die minister van justisie, Ronald Ramola, die departement van korrektiewe dienste, sowel as die kommissaris van korrektiewe dienste by die MRK indien.”

Die organisasie het ’n beroep op die MRK gedoen om hierdie aangeleentheid met die nodige sorg te ondersoek, en in die belang van geregtigheid op te tree teen die departement van korrektiewe dienste.

“Die saak sal ook met die Amerikaanse gesant oor menseregteskendings, JJ Harder, opgeneem word,” sê Basson.

Die VF Plus het intussen ook die departement se hantering van die saak gekritiseer. “Die wyse waarop die departement van justisie en korrektiewe dienste Jackson en Oosthuyzen se paroolproses hanteer, dui op inkonsekwente optrede deur die departement. Dit kom ook neer op swak interne prosesse en onbillike en diskriminerende optrede teenoor Jackson en Oosthuyzen,” sê Jaco Mulder, die VF Plus se woordvoerder van justisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

My Mening ·

Daar is net te veel dubbele standaarde in die land van ons.

Johan Venter ·

Vir solank as wat die ‘slagoffer’ se familie ‘pyn’ ervaar, en dit kan ‘n leeftyd wees, hou hulle die geskrewe wet en voorwaardes van parool gevange, soos ook met Janus Wallus se geval. Aanvanklik het hulle, waar ‘n persoon vir parool kwalifiseer en dit hulle nie geval nie, ‘n groot lawaai gemaak, betoog dat die biesies bewe, maar gaandeweg is al meer geredelik aan hul eise toegegee. Hulle het nou al hierby geleer omdat hulle agter gekom het daar word na hulle geluister, dus het hulle suiwer uit hoofde van hul optrede ‘n nuwe norm geskep wat die owerhede onder druk in ag begin neem en nou raak dit sommer deel van die proses.

daniel ·

Wat het die twee besiel om so n onosele daad te pleeg? Mens doen net nie soiets aan enigiemand nie en verwag dan om skotvry te kom nie.

Johan Venter ·

Mens kry so die gevoel dat wit mense deur die ANC owerheid geterroriseer word net omdat hulle wit is, ‘n nuwe ‘baasskap’ is nie net in wording nie, maar het deel van hul optrede geword. Hulle wil ten alle koste ‘n punt bewys.

En raai wat? In die apartheidsjare het dit nie gebeur nie. Toe het die owerheid hulle nie in apartheid ‘verlekker’ nie.

Brakenjan ·

So jy moet tronk toe gaan, met parool, as jy iemand verneder het, maar as jy iemand verkrag en vermoor óf plaasmoord gepleeg het moet jy parool kry met minimum van koste…

Ronel ·

My tannie se plaasaanvallers is vrygelaat op parool sonder dat hulle in die saak geken is. So HOEKOM moet hier gebeur. En ja Maroela verwyder asb WEER my kommentaar oor die saak. Dubbele standaarde dis wat.

daniel ·

As jy iemand verkrag of vermoor moet jy die maksimum straf kry ongeag jou kleur, en die paroolvoorwaardes mag nie toegepas word volgens jou kleur nie. Misdaad bly misdaad ongeag die kleur van die skuldiges of die slagoffers .

Pieter J ·

Hierdie behoort ook vir diegene wat so graag die doodstraf wil terugbring ń aanduiding te gee van wat dan gaan gebeur. Iemand wat dit nie kan insien nie is doodeenvoudig dom of hardkoppig.

Michael ·

Hou op om nuwe organisasies en partye te stig ondersteun die wat alreeds daar is soos Afriforum en Solidariteit en ek stem hierdie omgekeerde rassistiese apartheid moet aan die groot klok gehang word.

Sarel ·

Moordenaars & Verkragters word links & regs op Parool vrygelaat om weer misdaad te pleeg
. Masr net weer geval waar gewelds misdadigers op diecgemeenskap losgelaat word

david ·

Wanneer iemand ‘n misdaad pleeg, word hy/sy aan die staat oorhandig vir straf. Die staat besluit dus hoe erg die straf moet wees. Terselfdertyd is dit die staat se reg om te besluit wanneer daar genoegsaam gestraf is. Eintlik word die misdadiger na sy vonnis, die “eiendom” van die staat, vir die duur van die vonnis, en het die klaers alle aansprake vir regstelling aan die staat afgestaan.
In die geval van Clive Derby Lewis, en Janus Wallusz is dit duidelik dat ‘n wraakgierige vrou die staat se reg en die wetlike vereistes swaai na smaak, en sodoende word die reg eintlik verydel, want die reg is die reg, en behoort as beginsel bo alle burgers te staan…
Dieselfde geld vir hierdie twee manne….die staat het besluit, hulle is volgens die reg genoegsaam gestraf–uit en gedaan.!

Alet ·

En so moet ons die nuwe ANC wette gehoorsaam of dit nou wettig is of nie. Daar word nuwes bygevoeg na harte lus.

Willem ·

Hulle gaan die MRK nader? Man, hulle kan net so wel met die spieël in die badkamer gaan praat. Ons het te make met die tirannie van die meerderheid en niks anders nie. Die MRK is deel van daardie meerderheid.

Jax ·

Absoluut geen simpatie vir die twee! Hoe op aarde kan mens so optree teen oor n Ander? n Beter samelewing begin by die eie self. Laerskool-gedrag wat sê, “maar kyk wat maak hy/sy/hulle” , is onaanvaarbaar en swak smaak\ oordeel!
Ek skaam my as een van my familie-lede of vriende so iets aanvang.

Hennie ·

Hier hey ons weer ‘n tipiese Janus Walus en Clive Derby Lewis geval. Witmense wat gestraf word vir FW de Klerk se swak, ruggraadlose leierskap! Soos die klomp kese aangaan sou mens sweer die slagoffer is dood!

Anton J ·

Ek keur nie goed wat hulle gesown het onder die omstandighede nie maar ek dink ook hierdie twee word nou as n politieke bounce ball gebruik. Net soos enige ander oortreder, as jy die helfte van jou vonnis uit gedien het, kan jy in aamerking kom vir parool. Hierdie manne het binne huis hulle goed gedra, gekwalifiseer en kan uitkom. As ek reg verataan die slag offer is nie dood nie. Hy lewe en kan aan gaan, hoeveer moorde het nie plaas gevind waar die familie nooit weee hulle geliefdes kan vas hou nie. So hierdie is eintlik n rassistiese handeling .

lollapot ·

Noem vir my EEN voorbeeld waar die MRK vir ‘n blanke in die bresse getree het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.