Organisasies bekommerd oor ‘magsvergrype’ tydens afsondering

Argieffoto

Die voortsleping van die stand van algehele afsondering hou ʼn bedreiging vir Suid-Afrikaners se vryheid in. Só waarsku die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV). Verskeie ander organisasies en politieke partye het die afgelope week ook hul kommer uitgespreek oor die grondwetlikheid van die afsonderingsregulasies en die regering se skynbare magsvergrype tydens afsondering.

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die SAIRV, het Donderdag tydens ʼn voorlegging gesê die afsonderingstydperk het nie net ʼn geweldige impak op die ekonomie nie, maar ook op Suid-Afrikaners se grondwetlike vryheid. Jeffery het verwys na hardhandige polisieoptrede teen lede van die publiek, toenemende staatsbeheer oor ondernemings en verskeie pogings van die regering die afgelope paar weke om die media te muilband.

“Die regering wil selfs aan Suid-Afrikaners voorskryf watter soort T-hemde hulle mag koop,” het Jeffery gesê, met verwysing na die lys kledingstukke wat die afgelope week gepubliseer is wat Suid-Afrikaners tydens die inperking mag aankoop. Sy het ook melding gemaak van die regering se onvermoë om die data te verskaf waarop die besluite om die afsonderingstydperk te verleng, gebaseer is. “Die regering versuim om te voldoen aan die grondwet se waardes van rekeningskap, meelewendheid en oopheid,” het Jeffery gesê.

Die nasionale tesourie waarsku tussen drie en sewe miljoen werksgeleenthede is in die gedrag weens die uitgerekte afsonderingstydperk. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Jeffery sê hierdie buitensporige beperkings op ekonomiese en politieke vryheid kan ook nie eens regverdig word deur ewewigtige winste vir die gesondheidsektor nie. “Selfs op vlak 5 van die inperking kon die verspreiding van die virus in townships en informele nedersettings nie voorkom word nie. Een persoon met Covid-19 steek steeds meer as een persoon aan.”

Jeffery wys verder daarop dat baie van die regulasies wat ingestel is, nie billik of regverdigbaar is nie.

“Indien Suid-Afrikaners ons vryheid wil behou, is dit belangrik dat elkeen van hierdie besluite en selfs die grondwetlikheid van die afsondering in geheel beveg moet word.”

Die Nelson Mandela-stigting het ook Donderdag sy kommer uitgespreek oor regulasies wat hy as “willekeurig, opdringerig, kleinlik en onmenslik,” beskou. Die stigting is bekommerd oor die paternalistiese aard van baie van die regulasies en die skynbare gebrek van regverdiging, deursigtigheid en aanspreeklikheid,” lui ʼn verklaring van die stigting. “Dit is nodig vir die publiek om ʼn gesondheidsveldtog soos dié te steun. Hoe meer mense gedruk word om dit te verwerp, hoe gouer sal Suid-Afrikaners die algehele afsondering verwerp.”

Kenners sê dit is baie moeilik om tussen noodsaaklike dienste en nie-noodsaaklike dienste te onderskei. Nie-noodsaaklike ondernemings mag in die stadium nog nie heropen nie. (Foto: Doctor Ngcobo/ANA)

Pandemic Data and Analysis, die groep wat bekendstaan as Panda, het ook ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om gouer eerder as later die afsonderingsregulasies te verslap. “Die huidige regulasies bedreig die lewensvatbaarheid van Suid-Afrika en sy uiters kwesbare ekonomie. Die voorstel dat sommige metro’s boonop steeds onder vlak 4-afsondering gehou sal word, is uiters kommerwekkend,” sê die groep in ʼn verklaring. “Groot metro’s is waar die meeste van die ekonomiese aktiwiteite plaasvind.”

Panda voorspel dat die verlies in werk en ekonomiese groei weens inperking kan aanleiding gee tot 14 miljoen lewensjare wat oor die hele Suid-Afrikaanse bevolking verlore gaan.

Die DA en die VF Plus het die afgelope week hofstukke by die hooggeregshof ingedien waarin albei partye onder meer die grondwetlikheid van die afsonderingsregulasies bevraagteken. Die partye voer aan dat die president reeds erken het dat die landwye afsondering sy doel bereik het deurdat die infeksiekurwe genoegsaam afgeplat het om gesondheidsdienste tyd te gun om gereed te maak vir ʼn groter uitbreking van Covid-19.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JohanR ·

In Engels se mens “was that not the ANC plan all along?”

Jaco ·

Dis net wit organisasies en wit politieke partye wat kla. so hulle gekla gaan nie ver kom nie. wat ek egter nie verstaan nie, is dat swart soldate n swart persoon so erg aangerand het dat hy dood is, en GEEN swart organisasie kla daaroor nie. HOEKOM NIE???

Fedup ·

I would have expected that the IRA would have dragged the circus to court by now.
Yes we should all speak up. Then “the people” should be taught that a people that elect corrupt politicians, imposters, thieves and traitors are not victims, but accomplices. Lets teach the anc circus once and for all.

Adam Adriaan ·

Die mense wat vir die ANC/EFF stem het nog nie agtergekom, dat hulle stem hulle nog duur te staan gaan kom nie. Populisme en misleiding is die probleem

Jan ·

Ek wil net weet of iemand hulle in die hof gaan aanvat na carona oor die skending van mense regye. Ontneem hulle regte en stuur hulle tronk toe. My 20 jare dogter kan die land beter bestuur as hulle. Net vir interesandheid. Die pandemie se uitkoms is as folg . Dit tas mense asn ouer as 60 . Mense wat siektes het .so al die poliesie wat angesond is oor gewig is en 80% van die staads amptenare moet by die huis bly . Dan moet hulle mos van hulle pligte ontneem word. Dit is hoekom die beperking so streng is want die staat en sy ministers is almal die tyken van die pandemie. Dit is hoekom ons so streng inperking het.hulle is bang hulle kry die siekte.

Okmardom ·

In my uniform draende dae kon ons nie sulke groot broeke kry nie. Sit n Golf se hele agterkant vol. Kom ry bietjie in Rustenburg rond. Maggies mag ek nooit onder een wees nie.

Anoniem ·

Gun die mense van 60 jaar en ouer ook ‘n plekkie in die son.!!!!!!!

marius ·

Waar is die mrk ? Waar is die regerende party se vroue liga ? Waar is die blm beweging ? Bewe hulle van vrees of sak hulle koppe in skaamte ?

Jan ·

Ek is seker daarvan dat al die bo 60 is in die vergaderings. Daarom hou hulle dit in die geheim . Ek glo die besluit is as volg. Ons is almal bo 60 solank ons hulle in afsondering hou . Hoe moeiliker is dit vir ons om die siekte op te tel. Hoe oud is mev zuma en cele.

Anoniem ·

Daar is net een probleem die mense in die ouderdomsgroep 60+ kan nie tot in lengte van dae in afsondering gehou word nie.

ElizeK ·

Ek lees nou die 2 hoë profiel advokate het hul saak teen die regering “gedrop”
Dit maak my soooo mismoedig!!!!

Catantho ·

Ek dink daar word agter die skerms inligting uitgeruil…..

Lila ·

Elke burger van hierdie land het ‘n siviele eis teen die Regering vir die blatante skending van sy menseregte en die aantasting van sy menswaardigheid sowel as vir vernedering.

Barbara ·

Is dit waar dat die Chinese as 23 polisie stasies in Suid Afrika het. En dat hul ons weermag en polisie kom oplei.

Jan ·

Conflict of interest speel die rol in die parlament. Hulle is bang hulle gaan dood

PieterP ·

Almal wat ‘n eier kan lê in die media is bekommerd hieroor en? Nou eers is die SANDF lede geskors oor die moord op die man in Alex. Niemand word geskors terwyl die kastige ondersoeke gedoen word nie, Die goed word so toegesmeer en wag net die wind sal gaan lê. Die staat kan ongelukkig nie vertrou word nie

Sarel ·

Speel Pplitiek met mense se kewensxen nedm.kos uit kinders se monde

Carel Johannes ·

Dit is die vuil vingers van die ANC se aanbidding van die KOMMUNISTIESE werkwyse om die mens op straat en in SA veral die Afrikaans sprekende wittes te marginalisseer en uit te skakel in hulle malle gejaag na weerwraak en mags beheptheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.