Organisasies binnekort voor hof vir skolegodsdiens-regstryd

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Sondag gesê sy regspan is gereed om Maandag dié organisasie se standpunt as vriend van die hof te stel in ’n saak tussen die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie.

Dié saak volg nadat ses skole, naamlik Laerskool Randhart, Laerskool Baanbreker, Laerskool Garsfontein, Hoërskool Linden, Hoërskool Oudtshoorn en Oudtshoorn Gimnasium, aan die einde van 2014 deur laasgenoemde organisasie weens die skole se godsdienstige etos voor die hof gedaag is.

Anti-christelike fundamentaliste het al in Oktober 2009 gedreig om godsdiens uit skole te probeer haal.

Die organisasie sê hy het toe reeds sterk standpunt ingeneem en gesê dat skole teen regsaksies van dié aard ondersteun sal word.

Fedsas verteenwoordig nou die ses skole in die saak, met AfriForum se steun vir die regskoste.

AfriForum het ook in 2015 ’n veldtog vir die behoud van godsdiens in skole ter ondersteuning en bewusmaking van die hofsaak van stapel gestuur. As deel daarvan het ds. Henk Stavast en Derick Francis sowat 6 000 km per fiets deur die land afgelê om geld vir die saak in te samel, maar ook om mense in te lig oor die negatiewe gevolge wanneer skole nie ’n godsdienstige etos beoefen nie.

Die bekende akteur, Hykie Berg, het in samewerking met AfriForum en Laerskool Jacobsdal ook ’n staptoer ter bewusmaking in die Drakensberg onderneem. Die ondersteuning vir hierdie inisiatiewe het net weer bewys hoe belangrik godsdiens in skole vir leerders en vir ouers is.

Indien jy ’n bydrae tot die regskoste wil maak, kan jy R10 skenk deur jou naam na 38313 te SMS (R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johann ·

Die lyn tussen voorreg en reg word al hoe dunner getrek en gerek deur mense wat enigiets sal aanvat onder die vaandel van “vryheid” en demokrasie. Myns insiens maak DEMOKRASIE in n ideale wereld juis voorsiening vir my REG tot assosiasie of disasosiasie? So sterk as wat.ek die innisiatief ondersteun vir die behoud van n etos met waardes en norme in skole…dis primer pa en ma se voorreg om hulself as gesin as gelowiges en wedergebore kinders van God te handhaaf. Tuis, voor vriende, in werksplekke, skole…die samelewing. Die aanslag TEEN gelowiges is deesdae n oop en in jou gesig aksie, skaamteloos n uitdaging om ons te teiken.

CHRISTA ·

Ek kan nie verstaan hoekom hulle godsdiens in ons skole wil verband nie, maar as een van hulle groot leiers met een voet in die graf staan en die ander voet op ‘n piesangskil word ons gevra om DRINGEND vir hom te bid!! Hulle het mos hulle sangomas – vra HULLE!! Ons liewe Here is nie NET ‘n Nooddiens nie!!!

CHRISTA ·

Maroela, hoekom plaas julle hierdie berig as ‘n mens nie daarop kommentaar mag lewer nie?

Karel ·

Verander gerus die term ” Anti – Christelike fundamentaliste ” in paragraaf 3 met: Organisasies wat glo dat wetenskaplike opvoeding in skole belangriker is as die tyd wat gemors word op verskillende vorme van bronstyd- era bygelowighede.
Of met: Organisasies wat meen dat die aanbidding van gode nie in skole hoort nie maar eerder by die huis of kerk.

Fanie ·

Karel, hierdie hofsaak gaan nie oor demokratiese nie-godsdienstiges wat veg vir hulle ‘godsdienslose’ vryheid nie. Hulle veg teen die reg op Christelike onderrig van die ouers en kinders wat dit wíl hê en reeds belasting en skoolgeld betaal. Daarom is hulle fundamentaliste- hulle gun ander nie wat hulself opeis. Ons sal oor die ‘vertikale’ nie saamstem nie, want ek is ‘n Christen en jy nie. Maar wat die ‘horisontale’ betref, glo ek dat ‘n samebindende gedragskode of waardekompas noodsaaklik in skole is. Net 28% swart kinders word bv in ouerhuise groot. Die geweld in die land spruit reeds uit die ‘waardeloosheid’ van die samelewing. STATSSA en die World Value Survey sê dat 80% van alle Suid-Afrikaners met Christenskap vereenselwig. Nog meer glo aan ander godsdienste. Daarom bly godsdiens die grootste samebindende faktor in skole- veral omdat skoolbeleid voorsiening gemaak vir kinders wat anders voel. Maar waarom nou die meerderheid se vryheid wegneem, terwyl hul jou vryheid beskerm?

Kollie ·

Godsdiens behoort in niemand se kele afgedruk te word nie. Dit hoort nie in skole in my opinie nie. Laat die wat dit wil beoefen dit doen in hul privaatheid, in selgroepe of by hulle spesifieke plek van aanbidding (kerk of wat ookal).

Kollie ·

Godsdiens hoort nie in skole nie. Gaan beoefen dit privaat of by jou spesifieke plek van aanbidding.

Boerseun ·

Hoe gouer godsdiens uit die skole en universiteite en staatsinstellings verwyder word hoe beter. Argaïese bygelowe gebaseer op mites en volksvertellings wat nie naastenby waar is nie en op ander afgedwing word, moet dadelik gestaak word.

Arie ·

Boerseuntjie ek hoop maar dat jou ogies oopgaan voor dit te laat is, ek is geskok hoeveel Afrikaners teen Godsdiens in skole is, die skole was partykeer al plek waar kinders van die Here gehoor het

klopster ·

Die woord “boerseun” pas nie so mooi by jou neerhalende houding teenoor in hierdie geval Christenskap en uitleefe daarvan in skole nie. Wel ek het nuus vir jou ou seun. Vir solank ek betaal vir die onderring van my kind SAL sy/haar reg tot Godsdiens gehandhaaf word. Jou kinders kan watookal hulle standpunt is saam met hulle 5 ander maatjies onder ‘n boom gaan sit en huldig terwyl die wat hule reg tot hul Godsdiens in hul skool uitleef se reg ook beskerm is. Nogals snaaks hoe jou tiepe eintlik die meerderheid se reg wil onderdruk in hul eie grootmanskap. Ons verstaan jy is jou eie god en dis ook jou goeie reg maar jy gaan verseker nie jou standpunte op ons afdwing nie. Wees jy eerder so bedagsaam soos ons wat se jou kind hoef nie deel te neem nie en wys so daardeur darem dat jy tog respek vir ander mense ook kan he. Mag jy ook Waarheid vind…

Cherokee ·

KLopster, min woorde maar dankie want jy het groot dinge gesê.

Willem ·

Net so Boerseun! Ek stem saam met jou. Dis 2017, ons moet ontslae raak van bronstydperk mites

HEVW ·

Vir ons as christene geld die onverhandelbare standpunt geen terrein kan ooit neutraal staan nie. Jy is vir God of jy is teen God. Hierdie skole wat ter sake is deur al die jare christelik gefundeer. Respekteer dit asseblief. Ons respekteer jou standpunt as jy teen God is en jy het die vrye reg om jou eie skool te skep.

Bees ·

Christene kan hul eie skole skep. Staatskole geskep met alle bekastinfbetalers se geld is tot almal se beskikking en moet ondrrig dien-niks meer nie. Ds hoekom skryf jy nie jou naam voluit?

Sozette Ras ·

Ek ondersteun die feit dat skool opleiding niks met geloof met tedoene he nie. Hoe sal jul voel as kinders gedwing word om onder die vandel van onderwys n ander geloof as die by die huis moet aanbid. Dit maak hulle deurmekaar.

DS ·

Godsdiens in skole le die grondslag en dan kan die kinders eendag groot word, soos die lesers wat kommentaar gelewer het, hulle eie keuse maak of hulle wil aanhou glo aldan nie en dan ook eendag weet of jy die regte of die verkeerde besluit gemaak het. Ek het gekies om aan te hou glo. Kollie, boerseun en kie vir julle part BID ek julle is reg want anders gaan julle vir ewige “ween en tande kners”

HEVW ·

Dit is blood nie n gesonde opvoedingssituasie wanneer skool en onderwys- waardestelsels in konflik met mekaar verkeer nie. Die christelike onderwys wil die kind leer dat God in alle aspekte van die samelewing en skepping teenwoordig is en regeer. Bv. soos in die sport, kuns en alle terreine wetenskap. Bees dit is interessant dat u my waarskynlik ken, sal wil graag kennis maak.

Sann ·

Daar is meer as 24 000 skole in SA. Daar is 6 skole wat voor die hof gedaag word omdat hulle, hul christelike etos wil behou. Dit word op niemand anders afgedwing nie… Is dit te veel gevra?

Danie ·

Ja Bees en kollie, jul is reg alle belasting betallers se geld het staat skole gemaak en hou dit daar, so wil jy vir my se die christene het nooit belasting betaal nie, jy praat te vinnig jong, in elke geval niemand druk godsdiens in niemand se keel af, die krag van die waarheid van die Jesus evangelie laat die sondige wesens en natuur wat sondig WIL bly .. sider agv. die oortuiging van sonde, plus daar bestaan liefde en vergifnis so dis nie van keel afdruk dis van rebellie in die mens se diep wese teen sy skepper en dit se ook dat mens liefde en vergifnis moontlik haat, en jy kan nie vir my se dis nonsens want ek was juis in daai posisie gewees, maar nou deur die evangelie vry gemaak is, wat interresant is, is dat die christen evangelie die enigste geloof is in die wereld tussen al die ander gelowe ens. wat aangeval word en uit die uit pad wil kry …. laat mens nogal dink he?? Daar is gelowe wat scary en creepy goed doen en is, en almal wat die christen geloof wat liefde en vergifnis is uit die pad wil he sal oor die weird gelowe niks se … laat mens alweer dink he??

Willem ·

Dis nou dieselfde geloof wat vir kinders vertel hulle is in sonde gebore, en die sondes van die vaders word die kinders toegereken tot in die derde en vierde geslag? Jy is reg, dit laat my dink

HEVW ·

Cherokee nou loop jy sommer vir Bees. Bees ek glo nie is so rubuusk as wat jou naam klink nie Ons kan dalk goeie maatjies wees solank jou naam met die bonsmararas verband hou.

Kallie ·

DS,
ń Uitdaging aan jou: gee asseblief vir ons wetenskaplike bewyse , behalwe dat dit geskryf staan in ń boek met die naam Bybel, dat daar ń plek bestaan waar daar ń geween en gekners van tande gaan wees nadat mens doodgaan.

andrea van vuren ·

Kallie jy is nou heeltemal buite konteks. Wat het die hiernamaals met die onderwerp te doen? Erger nog, almal baklei oor godsdiensonderrig. Sover ek weet open die skole eenmaal per week in die skoolsaal of waar ook al. Hier en daar is daar nog Bybelonderrig by die heel kleintjies. Mense hou op om soos kinders te redeneer. Godsdiens is goed vir kinders of moet dit vervang word met onderrig oor korrupsie, moord en verkragting?

Bollie ·

In staatskole kan hulle maak soos in die parlement. 5 minuut stilte vir gebede of meditasie. Dis al, dan voortgaan met die taak waarvoor hulle daar is en nie besig hou met godsdienstige bollie nie.

Walter ·

Die verval van Godsdiens in Westerse lande lewer ń groot bydrae tot Westerse verval in die algemeen.
Meeste van dieselfde mense wat so graag ontslae wil wees van Christelike onderrig is dieselfde lot wat “veg” vir die regte vir Islamiete om hulle geloof te beoefen.

Willem ·

Nee, dis net so ‘n euwel as enige ander geloof of wensdenkery

Bert ·

Wat ‘n mors van tyd! Hierdie is nie Amerika nie. Ons Grondwet maak duidelik voorsiening vir godsdiens in skole. Selfs al wen die sekulariste gaan die uitslag die minimum impak hê. Ek hoop dat die respondente vir sekuriteit vir hul regskostes gevra het want OGOD gaan bars as hul verloor. Wie finansier hulle? Die venyn en kleinlikheid van OGOD was vanoggend duidelik uitgestal by die hof. Dalk moet hulle neo-kolonialistiese sekularisme bly waar dit hoort: op linksr Amerikaanse kampusse.

Willem ·

Ek sal hulle finansieel ondersteun, dis belangrike werk en ek en BAIE ander is bankvas agter OGOD. Die advokaat werk pro bono vir hulle

Willem ·

Ek ondersteun hulle, saam met baie ander – ons sal vir hulle geld skenk vir hierdie belangrike geveg

Willem ·

Ek sien MaroelaMedia het die ander artikel se kommentaar gesluit. Ek ondersteun OGOD 100% en ons sal aanhou veg om vry van indoktrinasie by skole te wees.

Ek sal geld skenk vir OGOD om hulle te help met die belangrike saak.

Willem ·

Die foto van die arme kind wat sit en bid is eintlik onvanpas, hoe kan ‘n kind van daai ouderdom “kies” om te glo? Hy word geindoktrineer met vrees tot hy “glo”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.